02.05.2013 Views

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

mondelinge bedinge kan uitsluit waar een van die partye aanvoer dat dit deel van die

ooreenkoms vorm nie. Indien die mondelinge bedinge bewys kan word, kan getuienis

daarvan nie uitgesluit word nie, aangesien ’n hof sal bevind dat die ooreenkoms gedeeltelik

uit die skriftelike kontrak en gedeeltelik uit die mondelinge bedinge bestaan. In so ’n geval

kan daar volgens die kommissie geen “integrasiereël” bestaan nie.

Ten slotte word die huidige posisie ten aansien van die toepassing van die integrasiereël in

die Engelse reg goed opgesom deur Zuppi waar hy verklaar dat “[i]n the birthplace of the

rule, the parol evidence principle has begun to show its rifts.” 251

3.2 Toepassing van die integrasiereël in die Suid-Afrikaanse reg

Die uitwerking van die integrasiereël op die toelaatbaarheid van getuienis word in sy

tradisionele formulering, soos uiteengesit in die veel aangehaalde saak Union Government v

Vianini Ferro-Concrete Pipes (Pty) Ltd 252 beklemtoon waar appèlregter Watermeyer beslis

dat

… this Court has accepted the rule that when a contract has been reduced to

writing, the writing is, in general, regarded as the exclusive memorial of the

transaction and in a suit between the parties no evidence to prove its terms may

be given save the document or secondary evidence of its contents, nor may the

contents of such document be contradicted, altered, added to or varied by parol

evidence … 253

In Johnston v Leal 254 beklemtoon die hof dat die doel en uitwerking van die integrasiereël is

om te verhoed dat ’n geïntegreerde skriftelike kontrak gewysig, aangevul of deur middel van

ekstrinsieke getuienis weerspreek word ten einde die bedinge van die kontrak te herskryf (“to

redefine the terms of the contract”) om sodoende op die kontrak, soos gewysig, te steun. 255

3.2.1 Gedeeltelike integrasie

Die sogenaamde “gedeeltelike-integrasie-reël” is slegs ’n uitvloeisel van die integrasiereël en

is soos volg deur appèlregter Corbett in Johnston v Leal 256 uiteengesit:

Where a written contract is not intended by the parties to be the exclusive

memorial of the whole of their agreement but merely to record a portion of the

agreed transaction, leaving the remainder as an oral agreement, then the

integration rule merely prevents the admission of extrinsic evidence to contradict

or vary the written portion; it does not preclude proof of the additional or

supplemental oral agreement. 257

Die gedeeltelike-integrasie-reël laat derhalwe dieselfde vraag ontstaan as die integrasiereël,

naamlik of die geskrewe stuk die “sole memorial” van die ooreenkoms tussen die partye

was. 258 Of, anders gestel, wat presies is in die skriftelike stuk geïntegreer? 259 Indien daar

enige twyfel hieroor bestaan, moet daar eerstens gelet word op die bedoeling van die partye

138

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!