02.05.2013 Views

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Hierdie debat is nie besonder ter sake in konstitusionele demokrasieë waar grondwetlike

vergelyking as vertolkende onderneming toegepas, aangemoedig en, soos in Suid-Afrika,

uitdruklik deur die Grondwet gemagtig word nie. Die eerste beswaar van die teenstanders in

Amerika van die gebruik van buitelandse reg in sake wat plaaslik bereg word, berus op ’n

uitgediende teorie van grondwetsvertolking, naamlik “originalism”, wat beide die Suid-

Afrikaanse konstitusionele hof 129 en grondwetkenners in Suid-Afrika 130 uitdruklik verwerp.

Wat die tweede beswaar betref, staan antagoniste in hierdie kategorie alleen in hulle

oortuiging dat grondwetlike vergelykingsarbeid ’n onvermydelike en onoorkombare

bedreiging vir die skeiding van magte is. In geen jurisdiksie waar aanvaar word dat

buitelandse reg as hulpmiddel in grondwetsvertolking kan dien, word sodanige reg gesien en

toegepas as bindend nie(dit is trouens een van die sterkpunte daarvan), 131 en howe raadpleeg

dit nie met ’n wetgewende ingesteldheid nie, of buig nie onkrities die knie voor sienings wat

in buitelandse gesagsbronne gehuldig word nie. In die aanwesigheid van kragtige en wyderkende

grondwetlike meganismes en leesstrategieë wat die skeiding van magte beveilig, is

vergelykende grondwetlike regspraak ’n hoogs onwaarskynlike kandidaat om die Achilleshiel

van trias politica te wees.

’n Voltreffer-argument téén die antagonisme van vergelykingsongelowige Thomasse is dié

van (onder meer) Vicki Jackson: 132 “Comparison is inevitable!” Weiering om te vergelyk –

en die oorwoë afwys van vergelykingsarbeid – verg ’n besluit ... wat op vergelyking berus:

We cannot help but draw on comparisons with other systems in understanding

and giving meaning to our own ... When Justice Scalia asserts that U.S.

federalism is uniquely American, he is making an implicit comparison to other

systems and asserting that there is no other system like that of the United States ...

We cannot wholly prevent ourselves from being influenced by what we think we

know about other countries.

Die tipe vergelyking waarna Jackson hier verwys, is oorwegend implisiet en dit is belangrik

om dit eksplisiet te maak sodat onderskei kan word tussen die kaf van wat ons dink ons weet

van andere en die koring van dit wat ons werklik weet. Laasgenoemde verg suiwer

vergelykingsarbeid.

Sommige kommentators 133 stel in hulle relaas van die Suid-Afrikaanse grondwetlike

regspraak oor die gebruik van buitelandse reg in grondwetsvertolking, soms regters (van die

konstitusionele hof) wat entoesiasties ten gunste is of was van die gebruik van vergelykende

grondwetsvertolking op teen regters wat van skeptisisme in hierdie verband verdink word.

Regter Kriegler se waarskuwende opmerking in Fose v Minister of Safety en Security 134 dat

hy hom daarvan weerhou “to engage in a debate about the merits or otherwise of remedies

devised by jurisdictions whose common law relating to remedies for civil wrongs bears no

resemblance to ours en whose constitutional provisions have but a passing similarity to our

article 7(4)(a)”, word byvoorbeeld deur Cheadle, Davis en Haysom 135 opgeneem as sowel ’n

bevraagtekening van “the value of foreign law” as die verwoording van ’n siening wat

teenstrydig is met regter Ackermann se bereidwilligheid om buitelandse regsgesag in

24

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!