02.05.2013 Views

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Waar berigte vroeër hoofsaaklik op onderhoude met ooggetuies gebaseer was (bv. De Bruin

2007:14), het die skrywer van die koerantberig, asook die leser, nou eerstehandse inligting –

voorvalle van skoolgeweld word op selfoonkameras vasgelê, versprei én

aan Rapport beskikbaar gestel. Rapport verskaf skakels na die elektroniese opnames (bv.

Kruger 2011:5; Van Vuuren 2008:4). Kruger (2011:5) berig oor ’n slagoffer se ma wat so ’n

video na YouTube gestuur het: “Dit is later klaarblyklik weens die gewelddadige aard

daarvan verwyder.” Ten spyte van hierdie kommentaar verskaf Rapport ’n skakel na die

opname. Die sensasionele word dus tot in die leser se voorkamer gebring.

Deur insidente oor skoolgeweld in die fynste besonderhede te beskryf laat Rapport min

twyfel by die leser: skoolgeweldvoorvalle in Suid-Afrika is uiters gewelddadige kriminele

oortredings. Die geweldsmisdade word dikwels koelbloedig gepleeg. Die gewelddadige

optrede beïnvloed nie net die onderrig- en leermilieu nie, maar bedreig die veiligheid van die

gemeenskappe waarin die skole geleë is. In die berigte en elektroniese opnames is die

gewelddadige en sensasionele beklemtoon. Dit is kenmerkend van misdaadverslaggewing

(De Wet 2003a:39). Dié wyse van verslaggewing kan tot ’n gees van wanhoop en vrees lei,

omdat die situasie in Suid-Afrikaanse skole skynbaar buite beheer is.

Tema 8: Vreesdiskoers: die situasie is buite beheer

Skole is tradisioneel as veilige vestings beskou (Kondrasuk e.a. 2005:638). Die ontleding van

die berigte en redaksionele kommentare suggereer egter die teendeel. Verskeie emosioneel

gelade woorde wat die indruk skep dat geweld by skole buite beheer is, is geïdentifiseer.

Skole word beskryf as “drukkokers” (De Vries 2005:2), ’n “leeuhok” (Kühne 2002:3) en ’n

“rassepot” wat “oorgekook” het (Pelser 2003:4). Volgens Malan en Meyer (2006b:4) is “die

hel [...] los in ons land se skole”. Swart (1996:5) noem dat spanning by skole “breekpunt”

bereik het. In ’n berig oor skoolgeweld in Gauteng skryf Krüger (1999:1) dat “gespanne

onderwysers [...] hul waaksaamheid nie ’n oomblik verslap nie”. ’n Skool in Mpumalanga is

volgens Pelser (2006:14) deur vandale “onregeerbaar” gemaak. By dié skool is onderrig

“byna onmoontlik”. Die erns van die situasie en die onvermoë om die probleem aan te spreek

word deur Fourie (2006c:14) uitgelig as hy verwys na die Minister van Onderwys se

“noodkreet” om hulp in die stryd teen skoolgeweld. Die gebruik van gelade woorde om die

plofbaarheid van die situasie te beklemtoon, en die onvermoë van rolspelers om ’n veilige

leermilieu te skep, kan ’n skeefgetrekte beeld van die werklikheid skep – wat op sy beurt

weer tot openbare paniek lei (Kupchik en Bracy 2009:137).

Uit die ontleding van die berigte en redaksionele kommentare blyk dit voorts dat geweld by

skole nie alleen buite beheer is nie, maar ook besig is om toe te neem. ’n Lid van die

plaaslike polisie word byvoorbeeld deur De Bruin (2006:14) aangehaal waar hy sê dat ’n

skool in KwaZulu-Natal “die afgelope sestien jaar stelselmatig vernietig is”. Malan (2006a:9)

skryf: “Skole is lankal nie meer die veilige hawe van voorheen nie – dis eerder ’n broeines

van geweld.” In aansluiting hierby skryf Krüger (1999:1) dat “van die eertydse kom en gaan

by skoolterreine het min oorgebly”.

368

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!