02.05.2013 Views

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

(en tans artikel 39(1)(b) van die 1996-) Grondwet – ’n beroep op beide bindende en

niebindende volkereg in grondwetsvertolking gemagtig is. Die implikasie hiervan is dat

omtrent enige bron van volkereg by grondwetsvertolking betrek kan (en eintlik oorweeg

moet) word – ook byvoorbeeld die European Convention on Human Rights and Fundamental

Freedoms waartoe Suid-Afrika nooit ’n party kan word nie.

Neville Botha en Michéle Olivier 46 voer aan dat president Chaskalson verkeerdelik op ’n

geskrif van Dugard gesteun het vir sy bevinding soos pas beskryf. Wat Dugard volgens die

outeurs waarskynlik in gedagte gehad het, was die meer tradisionele bronne van die volkereg

wat byvoorbeeld in artikel 38(1) van die Statute of the International Court of Justice erken

word, en dit het Dugard skynbaar in ’n latere geskrif van hom bevestig. 47 Dit lyk dus of

president Chaskalson die bron waarop hy gesteun het, verkeerd gelees het en as gevolg

daarvan bindende (of voorskriftelike) reg per errorem neergelê het. Dit het nietemin

mettertyd geblyk dat hierdie stukkie presedentereg van besondere gevolg en betekenis is in

die evolusie van Suid-Afrika se nasionale reg insake menseregte wat regstreeks en in ’n

monistiese trant uit bronne van die volkereg put. 48 Soos hier onder aangetoon sal word, 49 het

die konstitusionele hof in Azanian Peoples Organisation (AZAPO) v President of the

Republic of South Africa 50 van die Makwanyane-posisie geretireer, maar mettertyd het dit

geblyk ’n tydelike en ad hoc-afwyking te wees en openheid jeens – en ’n ruim mate van steun

op – die volkereg is en het belangrike faktore gebly wat die regterlike ingesteldheid teenoor

grondwetsvertolking in Suid-Afrika bepaal.

Vervolgens meer oor die tydelike aftog.

3.4 Die raamwerk-diktum gekompromitteer? AZAPO

Die konstitusionele hof se uitspraak in die polities omstrede en

verknorsingskeppende Azanian Peoples Organisation (AZAPO) v President of the Republic

of South Africa, 51 met adjunkpresident Mahomed namens ’n eenparige hof aan die woord, is

op 25 Julie 1996, een jaar, een maand en negentien dae na Makwanyane, 52 gelewer. Behalwe

die afwesigheid van waarnemende regter Kentridge in AZAPO was die regterpanele in albei

sake dieselfde en albei uitsprake was eenparig. AZAPO het ongetwyfeld afgewyk

van Makwanyane se onbevange steun op die volkereg in grondwetsvertolking. Meer nog: dit

het klaarblyklik ook die hof se standpunt oor volkereg as raamwerk waarbinne die handves

van regte geëvalueer en verstaan moet word, heeltemal omgekeer. 53 Ironies genoeg

was AZAPO nie bedoel om enige sodanige tééngevolge te hê nie, maar het dit eerder

gekonsentreer op die politieke turksvy van hoe om, op ’n grondwetlik aanvaarbare manier,

die kwessie van amnestie vir die pleeg van gruweldade deur sowel eertydse protagoniste as

eertydse antagoniste van apartheid te beredder.

’n Hoogs ongewone narede (postamble) waarmee Suid-Afrika se oorgangsgrondwet afgesluit

is, het die nodigheid vir nasionale versoening en heling van die verdeeldhede van die verlede

beklemtoon. Dit het voorts die vereiste verwoord dat amnestie verleen moet word met

betrekking tot alle handelinge, lates en misdade wat met politieke doelstellings geassosieer

12

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!