02.05.2013 Views

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

in Sirkusboere ontgin – dat Afrikaners en swart mense baie gemeen het en veronderstel is om

mekaar te ondersteun en begrip te hê vir mekaar, maar dat ons, soos Cronjé, onsself in die

voet skiet met rassisme (84–7, 128, 272–4). Duidelike bande word dus getrek tussen die

identiteit van die Boere wat aan die sirkus deelgeneem het en die identiteit van die moderne

Afrikaner wat gedwing word om deel te neem aan die “sideshow” van ’n land se geskiedenis

en toekoms.

Swart mense se soeke na ’n identiteit kom ook ter sprake in Sirkusboere, want Fenyang moes

“van jongs af twee geskiedenisse leer: die Boeregeskiedenis wat sy baas hom vertel en die

geskiedenis van sy mense wat hy by die inisiasieskool leer. Hy moes dus twee identiteite

handhaaf, twee teenoorgestelde narratiewe gelyktydig uitleef – hy is Fenyang vir sy mense,

maar vir Cronjé is hy Windvoël” (Van der Merwe 2011:3). Die roman se titel sinspeel dus

ook op die randposisie van swart mense tydens en ná die oorlog, deurdat hulle by die St.

Louis-tentoonstelling as blote antropologiese kuriositeite gesien word.

Dit is van dié stuk geskiedenis dat Loots wil rekenskap gee. Hierdie aspek, naamlik

“historiese-fiksie-as-boetedoening”, kom volgende aan bod.

6. Verwerking van traumatiese geskiedenis en boetedoening

Huizinga (1950:102) omskryf geskiedskrywing as ’n medium waardeur ’n bepaalde

bevolkingsgroep verantwoording van hulle verlede doen. Die skryf én lees van historiese

romans kan inderdaad ’n strategie wees om ’n mens se medepligtigheid aan ’n sekere stuk

geskiedenis te erken en om traumatiese geskiedenis te verwerk. Historiese fiksie kan gebruik

word om die geskiedenis te relativeer en te dekonstrueer as deel van die konfrontasie met die

verwerking van skuld oor die verlede (Van der Merwe 1998:2).

Volgens Wessels (2011:187) speel die kreatiewe historiografie ’n belangrike rol by die skep

van ’n historiese “gewete” by die eietydse leser, omdat geskiedkundige fiksie dikwels

“rekenskap gee van ’n persoon se aandeel in ’n kontroversiële verlede”, hetsy dit ons

apartheids- of Anglo-Boereoorlog-geskiedenis is.

Van Rensburg (in Wessels 2011:203) spreek hom as volg uit oor die terapeutiese waarde van

historiese fiksie met die Anglo-Boereoorlog as tema:

Dit is opvallend hoe verskriklik seer die neerslag van ’n eeu-oue ervaring nog in

die bewussyn van ons hedendaagse skrywers lê. Die gedagte kom by ’n mens op,

half onwillekeurig en nié noodwendig welkom nie, dat in hierdie herbelewenis

deur soveel stories en vertellinge dalk ’n ontlading en suiwering skuil waarop die

Afrikaanse kollektiewe onderroersels reeds geslagte wag.

Met die beëindiging van apartheid, toe veral die wit Afrikaanssprekende ’n onseker toekoms

ingedwing is, was die reaksie om histories, kultureel en literêr bestek op te neem en boete te

doen:

398

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!