02.05.2013 Views

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

3. Teoretiese raamwerk

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Om ’n blik te kry van die konteks waarin skoolgeweld plaasvind, word Bronfenbrenner se

ekosistemiese teorie as vertrekpunt gebruik. Die begrip ekosistemies dui op die wedersydse

invloed van onderskeie hoof- en subsisteme in organisasies en die samelewing (Kamper en

Steyn 2012:254). Bronfenbrenner se model illustreer die ekosisteemteorie ten opsigte van die

samelewing en toon verskillende vlakke of groepe in die sosiale konteks aan as sisteme

waarvan die funksionering afhanklik is van die interaksie tussen die verskillende dele

(Kamper en Steyn 2012:254). Die model plaas die individu sentraal en daarvandaan kring die

stelsel uit om erkenning te verleen aan die invloed van die gesin, portuurgroep, gemeenskap

en kultuur op die individu (Swearer en Espelage 2004:2). Op grond van Bronfenbrenner se

model kan geargumenteer word dat skoolgeweld nie in isolasie plaasvind nie. Skoolgeweld

word bevorder of teengewerk deur die ingewikkelde verhoudinge tussen die individu, die

gesin, portuurgroep, gemeenskap en kultuur (Swearer en Espelage 2004:1), asook die

kronosisteem – lewensfase, historisiteit oor korter of langer tyd (Bronfenbrenner 1977:515).

Die gebruik van dié model vir die bestudering van skoolgeweld word as volg deur

Benbenishty en Astor (2005:113) gemotiveer:

School violence is the product of many factors that are associated with multiple

levels organized hierarchically (nested like a matryoshka doll): individual

students within classes, classes within schools, schools within neighbourhoods,

and neighbourhoods within societies and cultures.

Hierdie studie gebruik ’n drievlak-ekosisteemmodel om die kompleksiteit van skoolgeweld te

illustreer. Op die mikrovlak figureer biologiese en persoonlikheidsfaktore wat ’n invloed op

individue se optrede het. Die faktore verhoog die kanse wat individue het om slagoffers of

geweldenaars te word. Hier word onder andere gelet op demografiese eienskappe,

persoonlikheidsafwykings en die individu se blootstelling aan geweld. Die vlak

verteenwoordig ook die verband tussen die gesinsfaktore en gedrag (bv. onvoldoende

ouerbetrokkenheid, gewelddadige vorme van gesagsuitoefening in die ouerhuis en

gesinsgeweld). Belangrike proksimale prosesse in die mikrostelsel sluit die interaksie tussen

leerders, opvoeders, die skool, die portuurgroep en die gesin in (Bronfenbrenner 2005a:6).

Die wyse waarop wisselwerking op die mikrostelsels plaasvind, staan bekend as die

mesostelsel (Bronfenbrenner 2005b:46). Die mesostelsels, wat op die tweede vlak van die

ekosisteemmodel lê, fokus op organisatoriese of institusionele faktore wat ’n invloed het op

die omgewing waarin die individu hom/haar bevind en waarin interpersoonlike verhoudinge

plaasvind. Hier kan gelet word op reëls, beleide en dit wat as aanvaarbare gedrag in formele

organisasies (bv. skole) beskou word. Die derde vlak, oftewel die makrostelsel, kyk na breë

gemeenskapsfaktore wat ’n klimaat skep wat geweld óf aanmoedig óf ontmoedig: die

sensitiwiteit van die regstelsel en/of vakbonde, sosiale en kulturele norme vir geslagsrolle,

sosiale aanvaarding van treitering en geweld, asook politieke stabiliteit.

Henry (2009:1254) merk tereg op dat navorsers nie die verskillende vlakke in isolasie nie,

maar eerder as deel van ’n interaktiewe raamwerk moet sien.

348

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!