02.05.2013 Views

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

wyse bindend op enige Suid-Afrikaanse hof nie. Wat president Chaskalson ongelukkig egter

verswyg, is dat ’n hof altyd bedag moet wees op die moontlikheid dat dit inderdaad gebonde

is om sekere voorskrifte van die volkereg na te kom omdat grondwetsbepalings anders as

artikels 35(1) (en 39(1)(b)) dit vereis. Hier dink ’n mens aan artikels 231 van die oorgangs-

en 231-233 van die 1996-Grondwet. President Chaskalson se versuim om laasgenoemde

moontlikheid te oorweeg het waarskynlik die onbedoelde en foutiewe indruk geskep dat, as

transnasionale dryfkragte in grondwetsvertolking, volkereg en buitelandse reg gelykgestel

kan word. Hierdie verkeerde indruk het nietemin daartoe bygedra om, met beduidende

implikasies vir grondwetsvertolking, die identifikasie van ’n grotere transnasionale konteks

makliker te maak.

2.2 “Transnasionale kontekstualisering”

Regter Kriegler merk in Sanderson v Attorney-General, Eastern Cape 17 op dat “[b]oth the

interim and the final Constitutions [...] indicate that comparative research is either mandatory

or advisable”. Soos artikel 39(1)(b) en (c) van die 1996- (en artikel 35(1) van die oorgangs-)

Grondwet dit stel, is slegs vergelykende navorsing aan te beveel (“advisable”), terwyl

oorweging of inagneming van volkereg verpligtend is. Deur volkereg 18 en buitelandse

reg 19 een en dieselfde onderskeidingsetiket van “vergelykende navorsing” om te hang, stel

regter Kriegler hulle dus gelyk en smelt hy hulle saam. ’n Kritiese kyk op hierdie

samesmelting stel ’n beginpunt daar om die gebruik van die terme transnasionale

konteks en kontekstualisering in hierdie artikel te verduidelik.

Sowel die konstitusionalisering van volkereg as die internasionalisering van staatsreg is

uitinge van ’n globalisering van die publiekreg en het die streng grense tussen munisipale of

“binnelandse” staatsreg, buitelandse staatsreg en volkereg geredelikerwys deurdringbaar

gemaak. 20 Om hulle intrinsieke verwantskap te erken en behoorlik daarmee en met die

gevolge van die lewenskragtige interaksie tussen hulle rekening te hou, beteken egter nog

lank nie dat ’n gepaste erkenning van die eiesoortigheid van elkeen laat vaar moet word nie.

In grondwetsvertolking in Suid-Afrika is dit veral nodig om die onderskeid tussen (steun op)

volkereg en (steun op) buitelandse reg te handhaaf, omdat die Grondwet vereis dat wanneer

die menseregtehandves vertolk word, eersgenoemde in ag geneem “moet” word (artikel

39(1)(b)) terwyl laasgenoemde in ag geneem “kan”word (artikel 39(1)(c)). Soos voorheen op

sterkte van ’n diktum van president Chaskalson in S v

Makwanyane 21 aangetoon, kan/mag beide volke- en buitelandse reg ook by die vertolking van

die res van die Grondwet in ag geneem word. Sowel die geskrewe grondwetteks (en artikel

39(1)(b) en (c) in besonder) as die grondwetlike presedentereg wat daarop uitbrei, voorsien

egter nog nie alle moontlikhede nie. Buitelandse reg in ’n binnelandse konteks kan nooit

meer as slegs oorredingskrag hê nie, terwyl sekere vorme van volkereg net

sobindend of voorskriftelik kan wees (of word) soos munisipale reg. Dít plaas volkereg in ’n

ander kategorie, en hiermee moet in grondwetsvertolking rekening gehou word en, om die

waarheid te sê, in die vertolking en toepassing van alle reg.

8

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!