02.05.2013 Views

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Mei 1961 plaasgevind het. 351 Indien hierdie argument korrek is, is die hele debat oor die

status van ons bewysreg na 30 Mei 1961 heeltemal irrelevant, aangesien ons huidige

toepassing van die integrasiereël dan in elk geval veronderstel is om met die huidige posisie

in die Engelse reg ooreen te stem.

Wat verhoed ons howe om die huidige Engelse benadering na te volg? In die eerste plek wil

dit voorkom of ons howe huiwerig is om hulle enigsins uit te laat oor die vorige presedent

wat geskep is in sake soos Johnston v Leal, 352 Avis v Verseput 353 en Du Plessis v Nel. 354 Daar

is ook geen sake oor die kollaterale ooreenkoms en die deels skriftelike, deels mondelinge

ooreenkoms in die afgelope dekade of twee in ons reg gerapporteer nie. Tweedens staan die

beginsel van regsekerheid 355 weer eens breed in die pad van enige radikale verandering in die

toepassing van die integrasiereël in die Suid-Afrikaanse reg.

In hierdie opsig moet regsekerheid egter gebalanseer word met die verandering wat onlangs

plaasgevind het in die Suid-Afrikaanse siviele reg. Daar kan spesifieke melding gemaak word

van die verandering wat plaasgevind het oor die sogenaamde pacta de quota litis,

“champerty”, “maintenance” en “gebeurlikheidsgeldeooreenkomste”. 356 In die verlede was

gebeurlikheidsgeldeooreenkomste nie geldig in die Suid-Afrikaanse reg nie, aangesien dit

as contra bonos mores (teen die openbare belang) beskou is. In 1996 het die Suid-Afrikaanse

regskommissie ’n verslag die lig laat sien wat gehandel het met spekulatiewe en

gebeurlikheidsfooie. 357 Die kommissie het aanbeveel dat dit moontlik moet wees vir

regspraktisyns om, onder sekere voorwaardes, gebeurlikheidsgeldeooreenkomste met hulle

kliënte te sluit. 358 In 1997 is die Wet op Gebeurlikheidsgelde 359 gepromulgeer ingevolge

waarvan gebeurlikheidsgeldeooreenkomste tussen regspraktisyns en hulle kliënte gemagtig

en gereguleer is. Die wet bepaal onder andere dat sodanige ooreenkomste aangegaan kon

word, maar dat die fooi betaalbaar deur die kliënt (indien sukses behaal is) nie honderd

persent van die regspraktisyn se normale fooie mag oorskry nie. 360

In Price Waterhouse Coopers Inc v National Potato Co-Operative Ltd 361 beslis die hoogste

hof van appèl dat ’n ooreenkoms ingevolge waarvan ’n persoon ’n litigant van fondse

voorsien om ’n aksie voort te sit in ruil vir ’n aandeel in die opbrengs van sodanige aksie (’n

sogenaamde “champerty”-ooreenkoms) nie indruis teen die openbare belang nie en derhalwe

geldig is. 362 Scott voer aan dat hierdie uitspraak verwelkom moet word. 363 Sy is van mening

dat die uitspraak ’n noodsaaklike ontwikkeling van die beginsel van die openbare belang, as

’n faktor in die vassteling van die geldigheid van hierdie tipe ooreenkomste,

verteenwoordig. 364

Die vraag is egter of daar ’n analogie getrek word tussen bogemelde tipe ooreenkomste en die

integrasiereël. Met ander woorde, sal ’n hof kan bevind dat regsekerheid ten aansien van die

toepassing van die integrasiereël oor etlike dekades die knie moet buig voor die beginsel van

die openbare belang?

Die antwoord hierop is ontkennend. Die openbare belang het nog nooit ’n rol in die

toepassing van die integrasiereël gespeel nie. Ekstrinsieke getuienis oor voorafgaande,

150

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!