02.05.2013 Views

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Uit die ontleding van die nuusberigte en redaksionele kommentare blyk dit egter ook dat

skoolgeweld nie beperk is tot skole wat in arm woonbuurte geleë is nie. Joernaliste rapporteer

ook oor geweldsinsidente by “’n bekende skool in Port Elizabeth” (Wondergem 2011:8) en

by “spogskole” in Durban (De Bruin 2007:14), Noordwes (Kühne 2004b:2) en Gauteng

(Krüger 1999:1). In ’n berig deur De Vries (2005:2) waarin oor geweld teen opvoeders

verslag gedoen word, word dit duidelik gestel dat dié soort geweld nie tot spesifieke soorte

skole of woonbuurte beperk is nie. Inteendeel, dit vind plaas “in elke provinsie van die land

[...] orals in skole [...]: van die platteland tot die stede, in openbare tot private skole en van

duur woongebiede tot plakkerskampe”. Hierdie uitspraak stem grootliks ooreen met

bevindinge deur De Wet (2003a:38), naamlik dat skoolligging slegs ’n geringe invloed op

misdaad by skole het.

Verskeie persone met wie Rapport onderhoude gevoer het, deel die siening dat die

disintegrasie van behoudende gemeenskapswaardes ’n kernoorsaak van skoolgeweld is. ’n

Onderwyskundige (in De Vries 2005:2) vat die siening soos volg saam: “Ons klaskamers

word toenemend die brandpunte of skuurplekke waar die samelewing se gebrek aan respek

vir mekaar uitgewoed word.” Dié beklemtoning van die disintegrasie van

gemeenskapswaardes as oorsaak van skoolgeweld is ook aanwesig in werke deur De Wet

(2003a:38), Leoschut (2008:9), Stapels (2000) en Van der Westhuizen en Maree (2009:48).

Die golf van misdaad waaroor daar in voorgaande paragrawe geskryf is, spoel nie net tot téén

skole nie (Malan 2006b:14), maar dring ook die skole binne. In sommige van die berigte

word beskryf hoe buitestanders die skoolterrein betree en leerders konfronteer (Fourie

2006b:14) en met pangas rondjaag (Fourie 2006e:14), en bendelede pouses dagga en alkohol

onder leerders versprei (Van Wyk 2006:14). Fourie (2006c:14) verwys na “aanrandings en

inmenging deur lede van die gemeenskap in sake op die skoolterrein”. Kühne (2002:3)

beskryf hoe leerders van ’n naburige skool asook volwassenes by ’n skoolhek saamgedrom

en leerders geïntimideer het.

Gewelddadige optrede deur buitestanders is nie net op leerders gemik nie. Krüger (1999:1)

beskryf byvoorbeeld in besonderhede hoe ’n sekretaresse by ’n skool met AK 47’s aangehou

is en ’n skoolhoof deur rowers “oorrompel” en die skool ingesleep is. Hy is van die boonste

verdieping af deur ’n dak gegooi en is beseer. De Bruin (2002:16) se berig oor geweld in

KwaZulu-Natal verwys onder andere na die moord van ’n opvoeder, dreigemente deur lede

van die gemeenskap om ’n opvoeder te verkrag en die kaping van ’n opvoeder se motor.

Ma’s wat kinders by die skool kom op- en aflaai, is “sagte teikens” vir kapers en rowers

(Krüger 1999:1).

Die rol van buitestanders by skoolgeweld is reeds in mediastudies (De Wet 2009:51; Jacobs

2012:70) uitgelig. Jacobs (2012:71) het byvoorbeeld bevind dat veral in die Wes-Kaap

bendebedrywighede na die skole oorspoel. Volgens haar beland leerders nie net in die

kruisvuur tussen volwasse bendelede nie, maar bendes werf ook leerders om hulle

skrikbewind in die skool voort te sit.

361

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!