02.05.2013 Views

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

hul eie mitologie was, en dit vandag nog is, deurdat hul selfbeeld in ’n groot mate op

mediaberiggewing en uitbeeldings in films soos The Wild One (1953) gesteun het, en nog

steun. 2

Hoe dit ook al sy, die breë publiek se beskouing van die hedendaagse motorfietsryer setel nog

in ’n groot mate onwillekeurig in die mite van die outlaw biker, wat op sy beurt onlosmaaklik

verbind is met die mitologie van die Hell’s Angel, wat in talle flieks verewig is. Die konsep

van die outlaw biker is egter nie slegs beperk tot die media en die populêre verbeelding nie;

dit word inderdaad ook omskryf in opleidingsdokumentasie van Amerikaanse

wetstoepassingsinstansies en is onderliggend aan kontroversiële wetgewing wat in 2008 in

Suid-Australië voorgelê is. 3

Die impak van die Angels en ander bekende Amerikaanse outlaw-klubs, soos die Pagans,

Boozefightersen Outlaws, se organiseringstruktuur, gedragskodes en ikonografie op die

ontwikkeling van soortgelyke motorfietssubkulture wêreldwyd is welbekend. ’n Deeglike

kennis van die Amerikaanse outlaw-motorfietskultuur is dus ’n voorvereiste vir ’n

verkenning van eietydse Suid-Afrikaanse motorfietskultuur.

Thompson se boek was die voorloper van verskeie artikels en boeke oor motorfietse en

motorfietsklubs, maar dit is eers teen die middel-1980’s dat hierdie tipe studie wetenskaplike

geloofwaardigheid verkry het deur die werk van kulturele en sosiologiese antropoloë, en later

deur die werk van navorsers op die terrein van kultuur- en mediastudies.

Hoewel kulturele antropologie reeds in die vroeë 1960’s ’n soort self-bewuste etnografie

beoefen het, vind mens eers in die 1980’s dat die inherent subjektiewe aard van die

etnografiese metode onder die loep kom. Self-bewuste etnografie erken die effek van die

ondersoek op die ondersoeker, indirek. ’n Voorbeeld hiervan word verskaf deur Claude Lévi-

Strauss se Tristes Tropiques (1955), waarin hy prosa, filosofiese meditasie en etnografiese

ontleding afwissel op ’n wyse wat dit byna ’n reisroman maak. Waar die etnograaf

aanvanklik objektiwiteit en neutraliteit in die soeke na “wetenskaplikheid” nagestreef het, het

die besef nou posgevat (onder meer as gevolg van insigte uit literêre teorie en spesifiek die

poststrukturalisme) dat waarneming en beskrywing inherent op die interpretasie van dit wat

ondersoek/beskryf word, berus. “Tradisionele” etnografiese veldwerk het gepoog om

antropologiese verskynsels te bestudeer deurdat die navorser ’n lang tydperk saamleef met

die groep wat bestudeer word. Ten einde wetenskaplike objektiwiteit te bewerkstellig, is die

ideaal van die (sogenaamde) akkurate, oplettende, onopvallende, afstandelike, etiese en

regverdige navorser nagestreef. In 1993 publiseer Fine ’n artikel getiteld “Ten lies of

ethnography” in Journal of Contemporary Ethnograhy waarin hy drie etiese dilemmas van

die etnografie uiteensit onder die groeperings klassieke deugde, tegniese vaardighede en die

etnografiese self. Met hierdie artikel wys hy daarop dat die strewe na onder meer

akkuraatheid, oplettendheid, onopvallendheid, afstandelikheid, etiek en regverdigheid

(onbevooroordeeldheid) nooit werklik in etnografiese studie bereik kan word nie. Daarmee

ontken hy egter nie die groot waarde van etnografiese studie nie: “Ethnographers cannot help

but lie, but in lying, we reveal truths that escape those who are not so bold” (Fine 1993:291).

251

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!