01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

VIR SPESIALE AANDAG: VROUE IN DIE BYBEL

I. Die Ou Testament

A. Kultureel gesproke is vrouens beskou as besittings:

1. ingesluit in ‘n lys van besittings (Eks. 20:17)

2. behandeling van vroulike slawe (Eks. 21:7-11)

3. vroue se geloftes kon op maatskaplik-sosiale gronde deur haar man nietig verklaar word (Num. 30)

4. vroue as oorlogsbuit (Deut. 20:10-14; 21:10-14)

B. In praktyk was daar gemeenskaplikheid:

1. man en vrou geskape na die beeld van God (Gen. 1:27-28)

2. eer vader en moeder (Eks. 20:12; Deut. 5:16)

3. eerbied moeder en vader (Lev. 19:3; 20:9)

4. manne en vroue kon Nasireërs word (Num. 6:1-2)

5. dogters het erfreg (Num. 27:1-11)

6. deel van verbondsgemeenskap (Deut. 29:10-12)

7. ag slaan op onderrig van vader en moeder (Spr. 1:8; 6:20)

8. seuns en dogters van Heman (Leviete-familie) begelei in tempel met musiek (1 Kron. 25:5-6)

9. seuns en dogters sal in die nuwe bedeling profeteer (Joël 2:28)

C. Vroue in leierskaprolle:

1. Moses se suster, Miriam, ‘n profetes genoem (Eks. 15:20-21)

2. vrouens met gawes deur God toegerus vir die oprigting van die Tabernakel (Eks. 35:25-26)

3. ‘n vrou, Debora, ‘n profetes (Rig. 4:4), lei die stamme van Israel (Rigt. 4:4-5; 5:7)

4. Hulda was ‘n profetes deur koning Josia ingeroep om die nuut-gevonde wetboek te verklaar (2 Kon. 22:14; 2

Kron. 34:22-27)

5. Rut, ‘n toegewyde vrou, was ‘n voorouer van Dawid

6. Koningin Ester, ‘n toegewyde vrou, tree op as redder van die Jode in Persië

II. Die Nuwe Testament

A. Kultureel gesproke was vrouens in Judaïsme en in die Grieks-Romeinse wêreld tweedeklas burgers met weinig

regte of voorregte (Masedonië was ‘n uitsondering).

B. Vroue in leierskaprolle:

1. Elisabeth en Maria, toegewyde vroue; vir God beskikbaar (Luk. 1 en 2)

2. Anna, ‘n toegewyde vrou; dien in die tempel (Luk. 2:36)

3. Lydia, ‘n gelowige en leier van ‘n huiskerk (Han. 16:14, 40)

4. Filippus se vier dogters was profetesse (Han. 21:8-9)

5. Febe, diakones van die kerk in Kenchreë (Rom. 16:1)

6. Prisca (Priscilla), Paulus se medewerker en onderrig Apollos (Han. 18:26; Rom. 16:3)

7. Maria, Trifena, Trifosa, Persis, Julia, Nereus se suster, ‘n hele aantal vroulike medewerkers van Paulus (Rom.

16:6-16)

8. Junia (KJV), waarskynlik ‘n vroulike apostel (Rom. 16:7)

9. Euodia en Sintiche, medewerkers van Paulus (Fil. 4:2-3)

III. Hoe vertolk ‘n moderne gelowige die uiteenlopende Bybelse voorbeelde?

A. Hoe onderskei ‘n mens tussen historiese en kulturele waarheid wat net op die oorspronklike konteks van

toepassing was, maar aan die ander kant ewige waarheid is, toepaslik vir alle kerke van alle tye?

1. Ons moet die bedoeling van die oorspronklike, geïnspireerde skrywer absoluut ernstig opneem. Die Bybel is

die woord van God en die enigste bron vir geloof en praktyk.

2. Ons moet besluit oor die voor die hand liggende, histories bepaalde, dog geïnspireerde tekste:

a. die kultus (d.w.s. rituele en liturgie) eie aan Israel (vgl. Han. 15; Gal. 3)

b. eerste eeuse Judaïsme

c. Paulus se duidelik histories-bepaalde opmerkings in 1 Korintiërs

(1) die wetstelsel van heiden-Rome (1 Kor. 6)

(2) bly ‘n slaaf (1 Kor. 7:20-24)

(3) selibaat (1 Kor. 7:1-35)

(4) maagdelikheid (1 Kor. 7:36-38)

(5) voedsel offer aan ‘n afgod (1 Kor. 10:23-33)

(6) onwaardige optrede aan die Nagmaaltafel (1 Kor. 11)

3. God het Hom duidelik openbaar aan ‘n bepaalde kultuur in ‘n bepaalde tyd. Ons neem die openbaring ernstig

op, maar nie elke aspek van die historiese inkleding nie. Die woord van God is geskryf in sy eie woorde,

geadresseer in ‘n eiesoortige kultuur op ‘n spesifieke tyd.

B. Bybeluitleg moet die oorspronklike skrywer se bedoeling vasstel. Wat wou hy vir sý dag sê? Dit is die grondslag

en vereiste vir behoorlike uitleg, maar dan moet ons dit toepas op óns dag. Daarmee kom ons by die probleem van

vroulike leierskap (dalk maak die verduideliking die probleem duidelik). Was daar meer bedienaars wat vir leiers

aangesien is as herders? Is diakonesse beskou as leiers (vgl. Rom. 16:1)? Dit is volkome duidelik dat Paulus in 1

Kor. 14:34-35 en 1 Tim. 2:9-15 te kenne gee dat vroue nie in openbare eredienste leiding moet neem nie! Maar

hoe maak ons dit vandag van toepassing? Ek wil dit nie dat Paulus se kultuur, of my kultuur, God se woord en wil

92

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!