01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

te formuleer en aan te bied. Christene het hulle daaraan skuldig gemaak om vanuit hύlle geskiedenis en literȇre modelle die

Bybelse profetisme te benader (dit geld vir beide die OT en NT). Geslag na geslag en mense uit alle oorde het hulle

kultuur, geskiedenis en letterlikheid ingespan om die boek, Openbaring, te verklaar. Elkeen van hierdie pogings het

misgetas! Dit is immers uiters misplaas om te dink dat Bybelse profesie op Westerse kultuur sou gefokus het!

Die literatuursoort waarin die oorspronklike skrywer verkies het om te skryf, moet as ‘n literȇre kontrak met die leser

beskou word. Die Openbaringboek is nie geskiedenis nie. Dit is ‘n samevoeging van briewe (1-3), gevolg deur profesie en

‘n groter deel apokaliptiese literatuur. Dit is net so verkeerd om die Bybel minder te laat sȇ as die die bedoeling van die

oorspronklike skrywer as wat dit is om die Bybel meer as sy bedoeling te laat sȇ. In ‘n boek soos Openbaring is

dogmatisme arrogant en heeltemal onvanpas.

Die kerk kon nooit ooreenkom oor hoe Openbaring interpreteer moet word nie. My mening is dat na die Bybel in sy

geheel geluister en daarvolgens gehandel moet word en nie net met voorkeur van gedeeltes nie. Die Bybel bied, weens sy

Oosterse inkleding, waarheid in parestellings aan wat dikwels in spanning met mekaar verkeer. Ons Westerse manier om

waarheid aan te bied, is nie ongeldig nie, maar ongebalanseerd. Ek is van mening dat die doodloopstraat waarin

opeenvolgende geslagte hulle met uitleg van Openbaring bevind het die beste blyk uit die baie verskille in uitkoms van die

uitleg. Vir die meeste uitleggers is dit volkome duidelik dat Openbaring in ooreenstemming met sy eie ontstaanstyd en

genre uitgelȇ moet word. ‘n Historiese uitleg moet afvra hoe die eerste lesers dit kon verstaan het en wat hulle daarin sou

gehoor het. Vir baie hedendaagse uitleggers het die betekenis van veel van die simboliek in die boek verlore gegaan. Die

hoofsaak van Openbaring was om verdrukte gelowiges te bemoedig. Soos in die profetisme, wou dit God se beheer in die

geskiedenis beklemtoon; dit het bevestig dat die geskiedenis na ‘n bepaalde punt van oordeel en seën (redding) aanbeweeg.

Openbaring het in eerste-eeuse Joodse apokaliptiek die liefde van God aan die lesers voorgehou; sy teenwoordigheid, sy

krag en oppermagtige heerskappy.

Dit, dan, is die teologie wat die Openbaringboek deur alle geslagte heen aan gelowiges deurgegee het. Die kosmiese

stryd van goed en sleg word daarin vervat. Die agtergrondfeite van die eerste eeu mag vir ons verlore wees, maar nie die

kragtige, vertroostende waarhede nie. Wanneer hedendaagse Westerse skrifverklaarders probeer om hulle eietydse

historiese gebeure in Openbaring in te lees, val hulle daarmee in ‘n patroongeworde manier van valse uitleg vas!

Maar dit is heel mootlik dat vroeë besonderhede in die boek treffend vir die laaste geslag van gelowiges herhaal kan

word met die opkoms van ‘n leier wat ‘n totaal anti-God kultuur sal voorstaan (vgl. 2 Tess. 2). Voordat voorspellings van

Jesus (vgl. Mat. 24; Mark. 13; Luk. 21) en van Paulus (vgl. 1 Kor. 15:1; 1 Tess. 4-5; 2 Tess. 2) nie histories sigbaar word

nie, kan niemand die letterlike vervulling van Openbaring aantoon nie. Raaiwerk, gissings en dogmatisme is hier volledig

uit plek. Dit is na die aard van apokaliptiese literatuur om minder spesifiek en buigsaam in aanbieding te wees. Wees

daarom dankbaar teenoor God vir beeldryke, simboliese taal wat bo menings oor historiese gebeure uitstyg! Taal wat bloot

sȇ dat God in beheer is! Hy regeer. Hy kom weer.

Die meeste hedendaagse kommentare oor Openbaring maak met hierdie eiesoortige aard (genre) nie voldoende erns

nie. Westerse logika soek in die boek ‘n logiese teologiese sistemeerder as om, in alle billikheid, die dubbelsinnigheid, die

simbole en die dramatiese aksies van tipiese Joodse apokaliptiek self te laat spreek. Hierdie waarheid word goed

verduidelik in Ralph P. Martin se se artikel “Approaches to New Testament Exegesis“ in die boek New Testament

Interpretation, red. I. Howard Marshall:

“Unless we recognize the dramatic quality of this writing and recall the way in which language is being used as a

vehicle to express religious truth, we shall grievously err in our understanding of the Apocalypse, and mistakenly try

to interpret its visions as though it were a book of literal prose and concerned to describe events of empirical and

datable history. To attempt the latter course is to run in all manner of problems of interpretation. More seriously it

leads to a distortion of the essential meaning of apocalyptic and so misses the great value of this part of the New

Testament as a dramatic assertion in mythopoetic language of the sovereignty of God in Christ and the paradox of his

rule which blends might and love,” (vgl. 5:5,6; die Leeu is die Lam, bl. 235).

W. Randolph Tate in sy boek, Biblical Interpretations, redeneer as volg:

“No other genre of the Bible has been so fervently read with such depressing results as apocalypse, especially the

books of Daniel and Revelation. This genre had suffered from a disastrous history of misinterpretation due to

fundamental misunderstanding of its literary forms, structure, and purpose. Because of its very claim what is shortly to

happen, apocalypse has been viewed as a road map into a blueprint of the future. The tragic flaw in this view is the

assumption that the book’s frame of reference is the reader’s contemporary frame rather than the author’s. This

misguided approach to apocalypse (particularly Revelation) treats the work as if it were a cryptogram by which

contemporary events can be used to interpret the symbol of the text. . .First the interpreter must recognize that

apocalyptic communicates its messages through symbolism. To interpret a symbol literally when it is metaphoric is

simply to misinterpret. The events may be historical; they may have really happened, or might happen, but the author

presents events and communicates meaning through images and archetypes,” (bl. 137).

Vanuit Dictionary of Biblical Imagery, onder redaksie van Ryken, Wilhost en Longman III:

“Todays readers are often puzzled and frustrated by this genre. The unexpected imagery and out of this world

experinces seem bizarre and out of sync with most of Scripture. Taking this literature at face value leaves many

readers scrambling to determine ‘what will happen when,’ thus missing the intent of the apocalyptic message,” (bl.

35).

SPANNING VYF (die koninkryk van God as teenwoordig, maar ook nog komende).

36

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!