01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die MT het drie en twintig verse in hoofstuk 8, maar die LXX het vers 23 die eerste vers van hoofstuk 9 gemaak.

Die term “donkerte/gloom” (BDB 734) verskyn slegs in vers 8:22 en 8:23 (9:1). Dit dien as skakel tussen hierdie

kontekste. Dit is moeilik om te weet waar die een profesie eindig en waar die opvolgende een begin. Wees maar versigtig

dat modern hoostukindeling, opskrifte en paragraafindeling nie veroorsaak dat u die verband tussen die temas miskyk nie!

‘n Redakteur (of Jesaja self of van sy volgelinge) het sy preke, uitsprake en gedigte in ‘n bundel saamgevat. Soms is die

enigste aanduiding van oorgange woorde-spel, of ‘n historiese verandering of eskatologiese kontekste.

Die woordjie “nie” kan die afsluiting wees van die vorige konteks, of as ‘n mens dit “nie meer” maak, dien dit as

aanvang van die volgende konteks.

◙ OAV “wat woon in die land van doodskaduwee”

NAV “oor dié wat in die donker land was”

CUM-MVB ”dié wat. . .in die skadu van die dood was”

CUM-NLV “almal. . .waaroor die dood ’n skadu gegooi het”

NASB “for her who was in anguish”

Die voornaamwoord “her” (NASB) dui waarskynlik op “land” (BDB 75, ‘arets). Omdat twee van die noordelike

stamme spesifiek genoem word, moet dit (1) op die noordelike stamme dui of (2) die verbondsvolk as geheel.

9:1,3 OAV, NAV, CUM-MVB “U. . .u. . .U”

CUM-NLV “God. . .Hy”

NASB “He. . .He. . .You. . .You”

Die vertalers van die NASB (en die Afrikaanse vertalings) skryf die VOORNAAMWOORDE met hoofletter omdat

die optrede van God daarmee veronderstel word.

◙ OAV, CUM-NLV “die land Sebulon en die land Naftali” (8:23)

NAV, CUM-MVB “die gebiede Sebulon en Naftali” (8:23)

NASB “the land of Zebulon and the land of Naphtali” (9:1)

Daar bestaan ‘n groot kontras tussen 8:19-22 en 9;1vv. Moontlik het hierdie twee aangeduide stamgebiede erg onder

Tiglat-Pileser III in 732 vC. deurgeloop (D.w.s. Pul vgl. 2 Kon 15:29). Niemand het was iets goeds uit die gebied te wagte

nie. Daarmee was die grondslag gelȇ vir die bediening van Jesus wat in Galilea begin het (later sou Hy dit “tot eer” bring,

vgl. Mat 4:12-17).

Omrede die stuk woestyn tussen Mesopotamië en Kanaӓn moes die leërafdelings teen die Eufraatrivier opbeweeg na

sy oorsprong en daarvandaan afbeweeg na die kusvlakte toe. Gevolglik het hulle Sebulon en Naftali uit die noorde

binnegeval en die gebiede (ingesluit die stad Dan) die eerste om daaronder te ly.

◙ OAV “die oorkant van die Jordaan, die streek van die heidene” (8:23)

NAV, CUM-MVB “Galilea. . .die Jordaanstreek, die gebied van die heidene” (8:23)

CUM-NLV “Galilea van die heidene” (8:23)

NASB “Galilee of the Gentiles” (9:1)

Letterlik beteken dit die “kring van die nasies” (BDB 165 II KONSTRUKTUS BDB 156) vgl. 9:3.

Die woord hier vir “heidene” (goj) was gewoonweg vir “nasies” in gebruik (BDB 156, vgl. 9:3). Soms is dit ook van Israel

self gebruik (vgl. Gen 12:2; 18:18; Eks 19:6; Jes 1:4).

In Jesus se tyd het dit die Galilese Jodendom op die oog gehad of die heidendom wat reeds op die universele karakter

van die Messias se bediening gedui het; wat pas by Jesaja se insluiting van die nasies.

9:2 OAV, NAV, CUM-MVB “het ‘n groot lig gesien’’ (9:1)

CUM-NLV “sal ‘n groot lig sien” (9:1)

NASB “Will see a great light”

Lig dui metafories die teenwoordigheid van JHWH aan (vgl. Deut 33:2; Hab 3:3; Openb 21:22-24). In hierdie geval, is

lig metaforiese aanduiding van die evangelie (vgl. Jes 42:6; 49:6; 51:4; 60:1,3).

Niemand het verwag dat die Messias ook die “nie-so-reg” Galileërs sou bedien nie. Hierdie vers is ‘n verrassende profesie

oor die gebied van Jesus se bediening! Niemand het dit vewag dat “Galilea van die heidene” die plek sou wees waar die

“goeie nuus” eerste verkondig sou word nie!

9:2 OAV “U het die nasie vermenigvuldig”

NAV, CUM-MVB “U het dié wat nie meer ‘n nasie was nie, baie gemaak”

CUM-NLV “Israel sal weer groot wees”

NASB “You shall multiply the nation”

Hierdie WERKWOORD (BDB 915, KB 1176, Hif‘il PERFEKTUM) mag dui op JHWH se aanvanklike belofte om

Abraham se nageslag baie te maak.

1. soos sterre aan die naghemel (Gen 15:5; 26:4; deut 10:22; 28:62)

2. sand aan die seestrand (Gen 22:17; 32:12)

3. stof van die aarde (Gen 13:16; 28:14; Num 23:10)

◙ OAV “hulle vreugde groot gemaak”

102

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!