01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

5. geskrewe kopieë van sy verskillende boodskappe

Sien die aantekening in die Jewish Study Bible op bl. 787.

B. Hierdie hoofstuk is ‘n goeie voorbeeld van sy boodskappe deurgaans.

1. hoop vir al die nasies deur middel van sy verbondsvolk (vers 2-4)

2. oordeel oor verbondsverbreking en sondevervalle leefwyse (verse 5-22)

C. Jahweh begeer ‘n verbondsgemeenskap wat in geregtigheid en gewyde leefstyl sy karakter weerspieël voor die

nasies sodat hulle Hom in geloof en geregtigheid sal navolg (vgl. 45:22; 49:6; 60:3; 66:18,23)

D. Onthou asseblief om nie hierdie poëtiese aanslag in klein dele (frases) op te breek of in woordstudies vas te val

nie. Let eerder op die deurlopende parallellismes, woordspel en kontraste! Die gedig in geheel wil ‘n besondere

boodskap tuisbring. Wees versigtig met uitlig van woorde, temas en waarhede wat jou in vooropgestelde,

sistematiese denke gemaklik laat voel of jou teologie pas. Laat Jesaja self aan die woord!

E. As gevolg van ‘n deurlopende tema van oordeel en seën vorm hoofstukke 2-4 ‘n literȇre eenheid.

F. ’n Boek wat my gehelp het om die taal van profesie en apokaliptiese denke te verstaan, is D. Brent Sandy se

Plowshares and Pruning Hooks: Rethinking the Language of Biblical Prophecy and Apocaliptic, IVP, ISBN 0-83-

8-2653-X.

UITLEG VAN DIE HOOFSTUK

A. ’n Lied met die strekking van ‘n gelykenis, verse 1-6

B. ’n Interpretasie, maar ironies, vers 7

C. die onvermydelike oordeel van Jahweh (JHWH), verse 8-30.

1. opeenvolgende ellendes, verse 8-23

2. oordeel, verse 24-30

a. uit die natuur, vers 25

b. vreemde invallers, verse 26-30

WOORD- EN FRASESTUDIE

NASB (HERSIENE) TEKS 2:1

1 The word which Isaiah the son of Amos saw concerning Judah and Jerusalem.

Verwys na NAV, OAV, CUM-NLV of CUM-MVB vir die Afrikaans: Jes. 2:1.

2:1 Dit is onseker waarom Jesaja se boodskappe beskryf word as

1. ’n visioen (1:1; 29:7 – BDB 302; vgl. Miga 3:6),

2. wat hy gesien het (1:1; 2:1; 13:1; 26:11; 33:17; 48:6; 57:8; vgl. Miga 1:1).

Dit is die misterie van openbaring. Verskillende Bybelskrywers ervaar dit op ‘n verskeidenheid van maniere (visioene,

drome, teofanieë [verskyninge], woordinspraak, ens.) Skrywers, redakteurs en samestellers se groot vryheid ten opsigte

van die vormgewing en aanbieding van God se boodskap is minder bekend onder hedendaagse mense. Daar is geen twyfel

dat hulle hul eie taalvermoë en woordeskat gebruik het nie. Al bly die werking van openbaring onbegryplik, is dit van

kardinale belang om die realiteit daarvan te aanvaar. Dit is boodskappe van God deur middel van ‘n persoon, aan ‘n

bepaalde groep mense, in ‘n bepaalde tydsgewrig en onder bepaalde historiese omstandighede; boodskappe betekenisvol

vir mense van alle tye. Die sleutel vir korrekte verstaan, is dat die bedoeling van die oorspronklike en geїnspireerde

skrywer die enigste maatstaf vir uitleg moet wees. Die één enkele bedoeling kan wel op ‘n veelheid van gebiede van

toepassing wees.

NASB (HERSIENE) TEKS: 2:2-4

2 Now it wil come about that in the last days

The mountain of the house of the LORD

Will be established as the chief of the mountains,

And will be raised above the hills;

And all the nations will stream to it.

3 And many people will come and say,

“Come let us go up to the mountain of the LORD,

To the house of the God of Jacob;

That He may teach us concerning His ways

And that we may walk in His paths.”

32

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!