01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

B. In die Jode se amptelike Studiebybel kom ‘n interessante siening omtrent die plasing van hoofstuk 6 voor.

Volgens die voetnote moet hoofstuk 6 nie as die begin van Jesaja se bediening gesien word nie, maar ‘n

vernuwing daarvan. Sy hoofstukke 1-5 is ‘n oproep tot bekering aan die adres van Juda, maar wat na die

roepingsvisioen (6:1-10), nȇrens in hoofstukke 7-66 herhaal word nie. Oordeel is onvermydelik, maar daar is hoop

in die toekoms!

C. In hoofstuk 6 word JHWH se verskriklike oordeel oor die verbondsgemeenskap aangekondig, maar hoofstuk 12

laat sien ‘n nuwe dag van hoop en herstel wat sal aanbreek. Ook die uitstuuropdrag (hoofstuk 6) word in hoofstuk

12:4-5 herhaal. Dit is ‘n teologiese spanning kenmerkend aan die boodskap van die profeet, wat die Mosaїese

verbond onderstreep:

1. die gevolge van ongehoorsaamheid en

2. die beloftes gekoppel aan gehoorsaamheid.

BONDIGE UITEENSETTING

A. Jesaja kom onder die indruk van God se ware wese (verse 1-4)

B. Jesaja leer ken sy ware self (vers 5)

C. Jesaja sien sy samelewing in ware kleure (vers 5)

D. Jesaja word gereinig tot diens (verse 6-7)

E. Jesaja gereed om te gaan (verse 9-13)!

WOORD- EN FRASESTUDIE

NASB (HERSIENE) TEKS: 6:1-5

1 In the year of King Uzziah’s death I saw the Lord sitting on a throne, lofty and exalted, with the train of His

robe filling the temple. 2 Seraphim stood above Him, each having six wings: with two he covered his face, and with

two he covered his feet and with two he flew. 3 And one called out to another and said, “Holy, Holy, Holy, is the

LORD of hosts, The whole earth is full of His glory.” 4 And the foundations of the thresholds trembled at the voice of

Him who called out, while the temple was filling with smoke.

5 Then I said, “Woe is me, for I am ruined!

Because I am a man of unclean lips,

And I live among a people of unclean lips;

For my eyes have seen the King, the LORD of hosts.”

Verwys na NAV, OAV, CUM-NLV of CUM-MVB vir die Afrikaans: Jes. 6:1-5.

6:1 OAV, NAV, CUM-MVB “van koning Ussia”

CUM-NLV “wat koning Ussia”

NASB “King Uzziah’s”

Ussia (729-740 v.C.) was een van die vroom konings van Juda (vgl. 2 Kon. 15:3; 2 Kron. 26:4-5). Daar was moontlik

‘n verwantskap tussen Jesaja en Ussia, want die naameinde “-ja” het waarskynlik so ‘n verbintenis impliseer. Ussia het

melaatsheid opgedoen nadat hy ‘n wierookoffer in die tempel gebring het wat strenggesproke die werk van Levitiese

priesters was (2 Kon. 15:5; 2 Kron. 26:16-23).

In 2 Kon. 15 word hy Asarja genoem en Ussia in 2 Kron. 26, wat “JHWH is my sterkte” beteken. Dit was sy

koninklike naam, maar om verwarring met die hoëpriester, wie se naam ook Asarja was, te voorkom, word hy in 2

Kronieke ‘Ussia’ genoem. Sy dood was ‘n groot terugslag vir Jesaja en vir Juda wat stabiliteit onder sy regering bereik het.

◙ OAV “het ek die Here sien sit”

NAV, CUMs “het ek die Here gesien”

NASB “I saw the Lord”

Dit was ‘n algemene opvatting dat die sien van God die dood beteken (vgl. Gen. 16:13; Eks. 23:20; 1 Kon. 19:31; Jes.

6:5; Joh. 1:18; 6:46). Vir Jesaja was dit ‘n traumatiese ervaring, al het hy slegs die Here se kleed en troon gesien, nie sy

gesig nie (vgl. Joh. 12:41)!

Ook ander OT-tekste impliseer dat God gesien kan word;

1. deur Moses, Eks. 33:11; Num. 12:8; Deut. 34:10;

2. deur Moses, Aäron, Nadab, Abihu en die 70 ouderlinge (vgl. Eks. 24:10-11)

Dit gaan daarom dat ‘n sondige mens nie in die teenwoordigheid van die heilige God kan tree nie. Waarom dit werklik

gaan is ‘n persoonlike verhouding. “Sien” is nie belangrik nie, maar dit gaan daarom dat ‘n mens, op inisiatief van God,

met Hom in ‘n lewende verhouding tree.

◙ OAV, NAV, CUM-MVB “die Here”

CUM-NLV “die HERE”

NASB “the Lord”

72

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!