01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

BONDIGE DEFINISIES VAN HEBREEUSE SPRAAKVORME WAT

EKSEGESE BEÏNVLOED

I. Die historiese ontwikkeling van Hebreeus, kortliks

Hebreeus is deel van die Semitiese taalfamilie van Suiwes-Asië. Die naam (deur moderne kundiges daaraan

gegee) kom van Noag se seun, Sem (vgl. Gen. 5:32; 6:10). Sem se afstammelinge word gelys in Gen. 10:21-31 as

Arabies, Hebreeus, Siries, Aramees en Assiries. In werklikheid word sekere Semitiese tale gebruik deur nasies wat as

afstammelinge van Gam gelys word (vgl. Gen. 10:6-14), Kanaän, Fenisië en Etiopië.

Hebreeus is deel van die noordwestelike groep van hierdie Semitiese tale. Moderne kundiges se voorbeelde van

hierdie antieke taalgroep kom van:

A. Amories (Mari-tablette van die 18 de eeu v.C. in Akkadies)

B. Kananees (Ras Shamra-tablette van die 15 de eeu in Oegarities)

C. Kananees (Amarna-briewe van die 14de eeu in Kananees-Akkadies)

D. Fenisies (Hebreeus gebruik die Fenisiese alfabet)

E. Moabities (Mesja-steen, 840 v.C.)

F. Aramees (amptelike tale van die Persiese Ryk gebruik in Gen. 31:47 [2 woorde]; Jer. 10:11; Dan. 2:4b-6; 7:28;

Esra 4:8-6:18; 7:12-26 en gepraat deur Jode gedurende die eerste eeu in Palestina)

Die Hebreeuse taal word “die taal van Kanaän” genoem in Jes. 19:18 (OAV). Dit word die eerste keer

“Hebreeus” genoem in die voorwoord van Prediker (Wysheid van Ben Sira) ongeveer 180 v.C. (en sekere ander

vroeë plekke, vgl. Anchor Bible Dictionary, vol. 4, bl. 205 e.v.) Dit is die naaste verwant aan Moabities en die taal

gebruik by Oegarit. Nie-Bybelse voorbeelde van antieke Hebreeus sluit in

1. die Geserkalender, 925 v.C. (‘n skoolseun se skryfwerk)

2. die Siloam-inskripsie, 705 v.C. (tonnelgeskrifte)

3. Samaritaanse Kleipotskerwe, 770 v.C. (belastingboekstawing op gebreekte kleipotte)

4. Lagis-briewe, 587 v.C. (oorlogskorrespondensie)

5. Makkabese munte en seëls

6. sommige Dooie See-Boekrolle

7. talle inskripsies (vgl. “Languages [Hebrew],” ABD 4:203 e.v.)

Soos alle Semitiese tale word dit gekenmerk deur woorde wat bestaan uit drie medeklinkers (trikonsonantale

wortel). Dit is ‘n verboë taal. Die driewortel-konsonante dra die basiese woordbetekenis, terwyl die toevoeging van

voorsetsels, agtervoegsels of interne toevoegings die sintaktiese funksie aantoon (klinkers later bygevoeg, vgl. Sue

Gree, Linguistic Analysis of Biblical Hebrew, bl. 46-49).

Die Hebreeuse woordeskat toon ‘n verskil tussen prosa en poësie. Woordbetekenisse is verwant aan

volksetimologie (nie-taalkundige oorsprong). Woord- en klankspel is redelik algemeen (paronomasia).

II. Aspekte van Predikasie

A. WERKWOORDE

Die normale, verwagte woordorde is WERKWOORD, VOORNAAMWOORD, ONDERWERP (met

wysigers), VOORWERP (met wysigers). Die basiese, ongemerkte WERKWOORD is die Qal, PERFEKTUM,

MANLIK, ENKELVOUDIGE vorm. Dit is hoe die Hebreeus en Aramese woordeskat georganiseer word.

WERKWOORDE word verbuig om die volgende te toon:

1. aantal – enkelvoud, meervoud, tweeledig

2. geslag – manlik, vroulik (geen onsydige geslag/neutraal)

3. modus – indikatief, subjunktief, imperatief (op grond van ooreenstemming met moderne Westerse tale,

die verhouding van die handeling tot realiteit)

4. tydvorm (aspek)

a. PERFEKTUM, wat aandui dat ‘n handeling afgehandel is, in die sin dat ‘n handeling begin, verloop

en eindig, of voltooi word. Gewoonlik word hierdie vorm gebruik vir handeling uit die verlede, iets

wat plaasgevind het.

J. Wash Watts, A Survey of Syntax in the Hebrew Old Testament, sê:

“Die enkelgeheel wat beskryf word deur ‘n perfektum word ook gesien as seker. ‘n

Imperfektum skets dalk ‘n situasie as moontlik, verlang of verwag, maar ‘n perfektum sien dit as

aktueel, werklik en seker,” (bl. 36).

S. R. Driver, A Treatise on the use of the Tenses in Hebrew, beskryf dit as volg:

“Die perfektum word gebruik om aksies aan te dui waarvan die afhandeling inderdaad in die

toekoms lê, maar wat gesien word as afhanklik van sulke onveranderlike bepalings van die wil dat

daarvan gepraat kan word asof dit werklik gebeur het: dus word ‘n besluit, belofte, of bevel, veral ‘n

Goddelike een, dikwels aangekondig in die volmaakte (perfektum) tyd,” (bl. 17, bv. die profetiese

perfektum)

Robert B. Chisholm, Jr., From Exegesis to Exposition, definieer die spraakvorm op hierdie manier:

ii

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!