01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die blote aard van ‘n verbond vereis egter ‘n reaksie:

1. Deur te glo moet Adam God gehoorsaam en nie van die boom in die middel van die tuin eet nie (Gen. 2).

2. Deur te glo moet Abraham sy familie verlaat, God volg en ‘n toekoms met afstammelinge verwag (Gen. 12, 15).

3. In geloof moet Noag ‘n groot boot bou met geen water in sig nie en hy moet diere daarheen bring (Gen. 6-9).

4. In geloof moet Moses Israel uit Egipte lei en spesifieke riglyne ontvang waarvolgens die godsdienstige en sosiale

lewe ingerig moet word, met beloftes van seën, maar ook bestraffing (Deut. 27-28).

Hierdie selfde spanning ten aansien van God se verhouding tot die mensdom is in die nuwe verbond ter sprake. Die

spanning is baie opmerklik wanneer Eseg. 18 met 36:27-37 vergelyk word. Is die verbond gebaseer op God se

genadehandeling of op die voorgeskrewe menslike reaksie? Dit is die oop vraag in beide die ou en die nuwe verbonde. Die

doelstellings van beide is egter dieselfde: (1) die herstel van die verlore vertrouensverhouding (vgl. Gen. 3) en (2) die

totstandkoming van ‘n regverdige volk wat God se karakter reflekteer.

Die nuwe verbond volgens Jer. 31:31-34, los die spanningsprobleem op deur die menslike meriete as norm vir

aanvaarding te verwyder. God se wet word ’n innerlike begeerte en is nie meer ’n middel tot uiterlike vertoon nie. Die doel

van ’n toegewyde, regskape menswees bly, maar die werkswyse verander. ’n Gevalle mensheid is nie in staat om God se

beeld te vertoon nie (vgl. Rom. 3:9-18). Die probleem lê by menslike sondigheid en swakheid, nie by die verbond nie (vgl.

Rom. 7; Gal. 3).

Die spanningsprobleem van onvoorwaardelik en voorwaardelik in die verbonde, duur voort deur beide die Ou- en

Nuwe Testament. Verlossing is in Christus se afgehandelde werk ’n absolute genadegawe, máár dit vereis aanvaarding

deur geloof (as ’n aanvangsaksie en daarna volgehou). Verlossing is beide ’n wetlike vryspraak én ’n oproep tot ’n

lewenswyse in die gesindheid van Christus. Verlossing is ’n INDIKATIEF – ’n stelling dat jy aanvaar word as kind van

God – maar ook ’n IMPERATIEF – ‘n opdrag tot heilig lewe! Gelowiges word nie deur hierdie vertoon van goeie werke

gered nie, maar tot ’n lewe van gehoorsaamheid (vgl. Ef. 2:8-10). Toegewyde lewe word die bewys van verlossing en is

nie ’n middel daartoe nie. Alhoewel, om ewige lewe deelagtig te wees, moet in merkbare eienskappe aanwesig wees; ‘n

spanning duidelik waarneembaar in die Hebreërbrief.

1:20 OAV “Want die mond van die HERE het dit gespreek”

NAV, CUM-MVB “Want dit is die Here wat dit gesȇ het”

CUM-NLV “Ek, die HERE sȇ so”

NASB “Truly, the mouth of the LORD has spoken”

God se woord sal tot stand kom (vgl. vgl. Jes. 24:3; 25:8; 40:8; 55:10-11; Mat. 5:18; 24:35; Luk. 16:17)! Die gelowige

bou sy hoop op

1. die onveranderlike karakter van God

2. die barmhartige karakter van God

3. die betroubaarheid van sy beloftes

4. die nougesetheid van sy openbaring

NASB (HERSIENE) TEKS: 1:21-23

21 How the faithful city has become a harlot,

She who was full of justice!

Righteousness once lodged in her,

But now murders.

22 Your silver has become dross,

Your drink diluted with water.

23 Your rulers are rebels

And companions of thieves

Everyone loves a bribe

And chases after rewards.

They do not defend the orphan

Nor does the widow’s plea come before them.

Verwys na NAV, OAV, CUM-NLV of CUM-MVB vir die Afrikaans: Jes. 1:21-23.

1:21-23 Hierdie gedeelte vestig aandag op die Jerusalem van Jesaja se tyd, die plek waar JHWH sy naam laat woon het

(vgl. Deut. 12:5,11,14). Die stad het ontrou geword en laat na om by verbondsbepalinge te hou (vgl. vers 23). Die metrum

in dié gedeelte volg ‘n klaagtoon, ‘n ritme wat algemeen was in begrafnisliedere en wat as literȇre vorm dikwels in

profetisme voorgekom het.

Let daarop hoe die verbond verbreek word:

1. moord (vgl. Eks. 20:13); doodslag met voorbedagte rade (BDB 953, KB 1283, vgl. Jer. 7:9; Hos. 4:2)

2. opstandsleiers

3. leidsliede wat met diewe gemene saak maak

4. omkopery besonder gewild (vgl. 5:23; Eks. 23:6,8; Deut. 16:19; 1 Sam. 8:3; Ps. 26:10; Amos 5:12; Miga 3:11;

7:3)

5. deurgaans ingestel op vergoeding

25

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!