01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

I. TER AANVANG

INLEIDING TOT JESAJA

A. Meer as enige ander profeet word Jesaja in die NT aangehaal; meer as 411 keer! Sy boodskap is op radikale,

universele monoteїsme gegrond en behels ‘n verlossingsplan vir die hele skepping.

1. daar is een God

2. een wȇreld

3. een geloof

B. Jesaja is besonderlik Messiaans

1. die besondere kinders van die nuwe era, 7-14

2. die liedere van die Kneg van die HERE

3. die toekomstige Messiaanse Koninkryk (die nuwe eeu), hoofstukke 56-66. Die sondeval soos in Genesis

verhaal is nie die laaste woord nie!

C. E. J. Young, An Introduction to the OT, meld

1. “Heel tereg word die boek Jesaja as die heel belangrikste OT-profesie beskou.”

2. “Van al die OT profete het Jesaja die gedagtes van God en sy plan vir die eeue die heel beste verstaan.”

3. “Wat geestelike insig betref, staan hy kop en skouers bo die hele OT uit.” (bl. 172)

II. DIE NAAM VAN DIE BOEK

A. Die boek is vernoem na die profeet aan die woord.

B. Die naam beteken “verlossing van JHWH” of “JHWH red”. Alle Hebreeuse name wat op “-ja” eindig, dra ’n

afkorting van Jahweh. Ook dié wat met “J” begin en met ’n klinker volg is ’n teofore naam, bv. “Josua” en “Joël”.

III. KANONISERING

A. Dit is die eerste boekrol van die 4 waaruit die Latere Profete bestaan.

1. Jesaja

2. Jeremia

3. Esegiël

4. Die Twaalf (kleiner profete)

B. Dit was vroeg en sonder voorbehoud in die Israeliese literatuur aanvaar.

IV. DIE GENRE

A. Jesaja se literȇre vermoë is uitstaande bo al die ander profete. Sy hoogstaande poësie is ryk aan woordspel en

boeiend. Die boek is merendeels Hebreeuse digkuns (vgl. Bylaag Een).

B. Dit is moeilik om Jesaja in een sessie te lees. Dis moeilik om die boek se struktuur te bepaal. Die rede hiervoor is

dat Jesaja ‘n prediker was en nie net skrywer of samesteller nie. Boodskappe oor ‘n lang termyn van optrede is in

sy boek vervat. Daar was groepering na aanleiding van

(1) tema

(2) kronologie

(3) gebeure wat Israel direk raak

(4) volgens kulturele norme van die Ou Naby Ooste (wat veel van ons s’n verskil)

(5) en by wyse van sleutelgedagtes (woorde) en woordspel.

V. OUTEURSKAP

A. Joodse standpunte

1. Die Joodse Baba Bathra 15a is van mening dat Hiskia en sy manne Jesaja, Spreke, Prediker en Hooglied

geskryf het (bedoelende saamgestel of redaksioneel versorg het).

2. Ben Sirach, in Ecclesiasticus 49:17-25, omtrent 185 v.C. geskryf, meld dat “Jesaja, seun van Amos,” die

boek geskryf het (1:1; 12:1; 13:1)

3. In 2 Kron. 32:32 word Jesaja se optekening van sy roeping in die “gesig van die Profeet Jesaja die seun van

Amos” en die parallel daarvan in 2 Kon. 18:19-20:19 met verwysing na sy getroue optrede, gemeld (NAV).

a. hy was afkomstig uit welgestelde adelike familie in Jerusalem, moontlik neef van koning Ussia.

i. Daar is aanduiding dat die “-ja” uitgang ‘n afkorting van JHWH is en dat so ‘n benoeming

onder Juda se koninklikes alleen gebruiklik was.

1

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!