01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

And there will be none to quench them.

Verwys na NAV, OAV, CUM-NLV of CUM-MVB vir die Afrikaans: Jes. 1:27-31.

1:27-28 Let op die parallellisme hier.

1. vers 27, die bewoners van die herstelde stad sal aan “reg” en “geregtigheid” geken kan word (dit volg uit die

laaste twee reëls (3 en 4) van vers 26,

2. vers 28 is antitetiese parallellisme op vers 27, maar in beide is daar sintetiese parallellisme.

Die vraag is of vers 27 beskryf wat God doen of sal doen en of dit beskrywend is van ‘n getroue verbondsvolk? Hierop

is die antwoord positief, omdat God daarna verlang dat die getroue verbondsvolk as openbaring van sy karakter (aard) aan

die verlore nasies sal dien. Objektief dui hierdie kwaliteite op God en subjektief op die gelowiges.

1:29 Hierdie vers beskryf die afgodery in Juda. Dit kan verwysing wees na

1. Ba’al en Asjera aanbiddery by plaaslike heiligdomme (Asjera is by wyse van ‘n lewende boom of gemerkte paal

vereer, vgl. 57:5 waarby ook kinderoffers aan Molog gemaak is.

2. aanbidding by heilige bome gewy aan lokale gode, vgl. 65:3; 66:17

3. aanbidding in heilige tuine wat te doen gehad het met ‘n geheime plek vir afgodery. In literatuur van die Ou

Nabye Ooste word tempels en spesiale tuine dikwels in dieselfde asem genoem.

Die moontlikheid is nie uitgesluit dat die hele paragraaf 27-31 op die uitbuiting en materialisme van die welgestelde

klasse in Juda sinspeel nie. Vers 29 het dan te doen met uitsoekeiendomme (d.w.s. verbreking van JHWH se besondere

liefde vir minder gegoedes, verstotenes en die wat van mag gestroop is), en nie soseer met afgodery as ontkenning van sy

uniekheid nie.

Lees gerus die hele hoofstuk en besluit vir jouself! Watookal dan die geval, dit laat na om aan die nasies die ware

karakter van JHWH te vertoon.

1:30 OAV “verdor”

NAV, CUM-MVB “verdroog”

CUM-NLV “verlep”

NASB “fades”

Hierdie WERKWOORD (BDB 615, KB 663, Qal-AKTIEF DEELWOORD) word metafories gebruik om die

verganklikheid van mense se bestaan te beskryf (vgl. 34:4; 64:6; Ps. 90:5,6).

1:31 OAV, NAV, CUMs “vonk/vuur”

NASB “fire”

Onder “vuur” moet oordeel en reiniging verstaan word (vgl. 6:13; Jer. 4:4; 7:2; Amos 5:6).

VIR SPESIALE AANDAG: VUUR

In die Bybel het vuur positiewe en negatiewe konnotasies.

A. Positief:

1. maak warm (vgl. Jes. 44:15; Joh. 18:18)

2. versprei lig (vgl. Jes. 50:11; Mat. 25:1-13)

3. kook (vgl. Eks. 12:8; Jes. 44:15-16; Joh. 21:9)

4. suiwer (vgl. Num. 31:22_23; Spr 17:3; Jes. 1:25; 6:6-8; Jer. 6:29; Mal. 3:2-3)

5. heiligheid (vgl. Gen. 15:17; Eks. 3:2; 19:18; Eseg. 1:27; Heb. 12:29)

6. hoe God lei (vgl. Eks. 12:21; Num. 14:14; 1 Kon. 18:24)

7. hoe God toerus (vgl. Han. 2:3)

8. beskerming (vgl. Sag. 2:5)

B. Negatief:

1. brand (vgl. Jos. 6:24; 8:8; 11:11; Mat. 22:7)

2. vernietig (vgl. Gen. 19:24; Lev. 10:1-2)

3. toorn (vgl. Num. 21:28; Jes. 10:16; Sag. 12:6)

4. straf (vgl. Gen. 38:24; Lev. 20:14; 21:9; Jos. 7:15)

5. vals eindtydteken (vgl. Openb. 13:13)

C. God se toorn oor sonde uitgedruk in vuur-metafore

1. sy toorn brand (vgl. Hos. 8:5; Sef. 3:8)

2. gloeiende toorn, gramskap soos ‘n veldbrand (vgl. Nah. 1:6)

3. ewige vuur (vgl. Jer. 15:14; 17:4)

4. eindtye oordeel (vgl. Mat. 3:10; 13:40; Joh. 15:6; 2 Tess. 1:7; 2 Pet. 3:7-10; Openb. 8:7; 13:13; 16:8)

D. Soos baie ander metafore in die Skrif (bv. ‘suurdeeg’ of ‘leeu’) kan vuur, afhangende van die konteks, tot seën

wees of ‘n vloek simboliseer.

◙ OAV, NAV, CUM-MVB “Die sterke”

29

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!