01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

C. Elohim (meervoud), Eloah (enkelvoud), meestal in gebruik by poësie

1. Hierdie naam word nie buite die OT aangetref nie

2. Dit kan dui op die God van Israel of die gode van die nasies (vgl. Eks. 12:12; 20:3). Abraham se familie was

aanhangers van ’n veelgodendom (vgl. Jos. 24:2)

3. Dit kan ook dui op Israelitiese regters (vgl. Eks. 21:6; Ps. 82:6)

4. Die term elohim is ook aangewend om geestelike wesens soos engele en demone aan te dui, bv. Deut. 32:8

(Septuaginta); Ps. 8:5; Job 1:6; 38:7.

5. In die Bybel is dit die eerste titel/naam vir Godheid (vgl. Gen. 1:1). Dit is al godsnaam in gebruik tot Gen. 2:4

waar dit gekombineer word met JHWH. Teologies hou dit verband met die basiese gedagte dat God die

Skepper en Onderhouer van alle lewe op hierdie planeet is (vgl. Ps. 104).

Dit is sinoniem met El (vgl. Deut. 32:15-19). Dit kan ook parallel met JHWH aangewend word soos

blyk uit die ooreenstemmende Pss. 14 (elohim) en 53 (JHWH) en as wisselname vir God gebruik word.

6. Dit is ’n meervoudsvorm en word as sulks ook vir ander gode gebruik, maar dui in MEERVOUDSVORM

dikwels die God van Israel aan gevolg deur ’n werkwoord in ENKELVOUD as aanduiding van monoteïsme.

7. In die mond van nie-Israeliete dien die term ook as naam vir godheid

a. Melgisedek, Gen. 14:18-22

b. Bileam, Num. 24:2

c. Wanneer Moses oor die nasies praat, Deut. 32:8

8. Dit is opvallend dat die algemene gebruiksnaam vir die God van Israel in MEERVOUDSVORM is (-himverbuiging)!

Hoewel daar nie sekerheid hieroor is nie, is daar verskeie menings.

a. Hebreeus gebruik dikwels MEERVOUD vir die doel van beklemtoning. In noue verband hiermee is daar

die latere ontwikkelde grammatiese verskynsel van “meervoud van verhewenheid” (majesteit). So word

’n konsep vir die aandag uitgelig of vergroot.

b. Dit mag ook van toepassing wees op die vergadering van engele wat voor God in die hemel verskyn om

sy bevele uit te voer (1 Kon. 22:19-23; Job 1:6; Ps. 82:1; 89:5-7).

c. Dit is selfs moontlik dat dit as die NT se openbaring van één God in drie persone (Drie-eenheid)

veronderstel moet word. Volgens Gen. 1:1 skep God; volgens vers 2 “sweef” die Gees en volgens die NT

is Jesus God se bemiddelaar (agent) by die skepping (vgl. Joh. 1:3,10; Rom. 11:36; 1 Kor. 8:6; Kol. 1:15;

Heb. 1:2; 2:10)

D. JHWH (BDB 217, KB 394)

1. Dit is die Naam wat die Godheid weerspieël as die Verbondmaker; God wat red, wat verlos! Mense verbreek

ooreenkomste, verbonde, maar God hou by sy woord, sy belofte, sy verbond (vgl. Ps. 103).

Hierdie naam kom aanvanklik voor in kombinasie met Elohim in Gen. 2:4. Daar is nie twee

skeppingsverhale in Gen. 1 en 2 nie, maar wel twee uitgangspunte: (1) God as skepper van die heelal (die

fisiese) en (2) God as die spesiale skepper van die mensdom vir ’n doel. Met Gen. 2:4 begin die besondere

openbaring aangaande die bevoorregte plek en doel van die mensdom; maar dan ook die probleem van sonde

en rebellie soos wat dit hierdie unieke posisie raak.

2. In Gen. 4:26 staan daar geskryf: “In daardie tyd het mense begin om die Naam van die Here (JHWH) aan te

roep. ” Aan die ander kant impliseer Eks. 3:6 dat die verbondsvolk (die Patriarge en hulle families) God net

as El-Shaddai geken het. Die Naam JHWH word net een keer in Eks. 3:13-16 verklaar, veral vers 14. Daar

moet in ag geneem word dat name in die geskrifte van Moses nie etimologies geïnterpreteer moet word nie,

maar eerder as woordspel gebruiklik was (vgl. Gen. 17:5; 27:36; 29:13-35). Daar is verskeie teorieë omtrent

die betekenis van dié Naam (geneem uit IDB, vol. 2, bl. 409-11).

a. van ’n Arabiese woordstam “om vurige liefde te betoon”

b. van ’n Arabiese woordstam “om te blaas” (YHWH as God van storms)

c. van ’n Ugaritiese (Kanaänitiese) woordstam “om te praat”

d. na aanleiding van ’n Fenisiese inskripsie (tablet), KOUSATIEWE DEELWOORD (PARTICIPIUM) wat

“Die Een wat onderhou” of “die Een wat oprig” beteken.

e. van die Hebreeuse Qal-vorm “die Een wat is” of “die Een wat teenwoordig is” of ook “die Een wat sal

wees” (toekomstig)

f. van die Hifil-vorm “die Een wat laat wees/gebeur”

g. van die Hebreeuse stamwoord “om te leef” (voorbeeld uit Gen. 3:20) waaruit “die ewig lewende, die

alleen lewende Een” (JHWH) afgelei kan word.

h. van die verband in Eks. 3:13-16 wat ’n woordspel op die IMPERFEKTUM (onvoltooide tyd) is: “ Ek sal

aanhou wees wat Ek tevore was” of “Ek sal wees wat Ek altyd was” (vgl. J. Wash Watts, A Survey of

Syntax in the Old Testament, bl. 67.

Die volle Naam JHWH kom dikwels in afgekorte vorm, oftewel dalk in sy oorspronklike vorm voor

(1) Jah (voorbeeld: Hallelu-ja)

(2) Jahu (voorbeeld: Jesa-ja)

(3) Jo (voorbeeld: Joël)

3. In later Judaïsme is hierdie Verbondsnaam, die tetragrammaton (“met vier letters”) so heilig geag dat die

Jode bevrees was om dit uit te spreek ingeval hulle dalk die Gebod van Eks. 20:7 daarmee kon oortree (vgl.

Deut. 5:11; 6:13). Hulle vervang dit toe met die Hebreeuse term vir “eienaar”, “meester”, “eggenoot”, “heer”

10

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!