01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

7. JHWH teen alle vyande wat sy plan met sy verbondsvolk teenstaan (vgl. Ps. 2).

Op die wyse leer ons die meersinnigheid (dubbelsinnigheid) van Hebreeuse poësie, en die gevolglik kragtige

beeldspraak daarvan, van naby ken.

◙ Op dié wyse word op die slagveld gekommunikeer (vlag gehys en trompet/ramshoring geblaas). Dit kan as simbole van

(1) oordeel (verse 5-6) of van verlossing (vers 7) verstaan word.

Op ‘n heerlike manier skilder hierdie klein gediggie die kalmte van die hemel teenoor die chaos van die aarde af! Dit

laat ook die oordeel lyk op ‘n uitnodiging (bv. 2:2-4; 11:10; 49;6; 51:4-8).

18:4 OAV “Want so het die HERE vir my gesȇ”

NAV, CUM-MVB “So het die Here vir my gesȇ”

CUM-NLV “Want die HERE het vir my gesȇ”

NASB “For thus the LORD has told me”

Hiermee maak Jesaja nogeens daarop aanspraak dat hy openbaring ontvang het. Sy boodskap was nie sy eie nie, maar

dit was van JHWH afkomstig! Dit is die kernsaak waarop die gesag van die Bybel steun! Het God gespreek? Kan ons dit

verstaan? Kan ons daarop staatmaak?

Dit is die fundamentele vrae wat ‘n ieder en elk vir hom/haarself moet uitmaak wanneer die Bybel opgeneem word.

Besoek aanlyn die preke oor “Trustworthiness of the Old Testament” en “Trustworthiness of the New Testament” by

www.freebiblecommentary.org aangebied by die “Biblical Interpretation Seminar” (Les Twee).

◙ Reëls 2-4 beskryf God se boodskap aan Kus of aan Assirië. Hy spreek gesaghebbend (twee KOHORTATIEWE) vanaf

(1) Berg Moria, waar Hy in die tempel sy gerubstroon oor die ark van die verbond opgeneem het of (2) uit die hemel soos

hier gesuggereer word (vgl. 1 Kon. 8:39,43,49). Sy teenwoordigheid is stralend!

In die boek Jesaja geld daar ‘n teologie dat Jerusalem nooit ingeneem sal word nie. Hierdie vers is ‘n weergawe van

daardie teologie. Oorloë sal daar altyd wees (vers 3), maar Juda is veilig in JHWH se bewaring (vgl. 7:4; 8:8). Juda het nie

nodig om alliansies met Sirië, Israel of Egipte te sluit nie. Assirië sal algeheel verslaan word.

JHWH se veilige, kalm, hemelse vrede word met die aardse chaos gekontrasteer. Dit kom veelal ooreen met die

literêre styl van die Openbaring-boek. Daar word aardse chaos in hoofstukke 2-3 beskryf en die hemelse troonkamer is

omring met stille vrede in hoofstukke 4-5!

Geskiedenis is nie maar net ‘n koerslose vloed nie, maar word deur God bestuur en geörkestreer onderweg na ‘n

klimaktiese hoogtepunt.

18:5 JHWH se oordeelsboodskap kom veelvuldig in Jesaja in boerderymetafore tot uitdrukking. ’n Mislukte oes vernietig

die belange van enigeen wat van jaarlikse voedselopbrengste afhanklik is. Op die korttermyn is dit metafories van spoedige

oordeel net om die draai (vgl. 17:14).

18:6 Die afsterwe van die bevolking sal ‘n banket afgee vir roofvoëls en roofdiere.

18:7 ‘n Tyd sal aanbreek wanneer ‘n oorblyfsel van God se volk (of waarskynlik die hele heidendom, ‘n ander tipe

boodskap sal opstuur na die tempel in Jerusalem. Nie meer ‘n dreigement nie (vgl. vers 3), maar ‘n offerande aan JHWH in

Jerusalem (vgl. vers 7, reël 6). Die geskenk sal ‘n kulturele/godsdienstige simbool wees wat JHWH se heerskappy en

regering erken. Die vyande van verse 1 en 2 is nou aanbidders! Dit sal ‘n vervulling van Gen. 3:15 wees (sien Vir Spesiale

Aandag: Bob se Evangeliese Voorveronderstellings by 1:3). Die verlossingsdoel en -werk strek wyer as die biologiese saad

(nageslag) van Abraham (Rom. 2:28-29).

◙ OAV, NAV, CUM-MVB “van”

CUM-NLV “vir”

NASB, NKJV, NRSV,

REB, LXX

“from”

NJB “on behalf of”

Die MasoretieseTeks het die NAAMWOORD “mense”, maar nie ‘n VOORSETSEL nie. Dit kan daarop dui dat die

mense self die “offerande” sou wees (oordragtelik). Die DSS, die Septuaginta en die Vulgaat het die VOORSETSEL

“van”. 10

10 Die implikasie van offers is in elk geval simbolies die gee van die ‘self’ – vert.

164

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!