01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

ooreenstemming tussen sy persoon en God se geopenbaarde verbondsideale. Hy weerspieël die karakter van JHWH en

projekteer dit na menseverhoudinge waar dit werklikheid behoort te word.

◙ OAV “in geregtigheid reg doen”

NAV, CUM-MVB “billik verhoor”

CUM-NLV “beskerm”

NASB “righteousness”

Sien Vir Spesiale Aandag by 1:4

◙ OAV “met die roede van sy mond”

NAV, CUM-MVB “met sy uitsprake”

CUM-NLV “met asem van sy mond”

NASB “with the rod of his mouth”

Dit kom baie ooreen met die frase wat in Openb. 1:16 en 2:16 gebruik word. Daar word van die krag van die gesproke

woord melding gemaak (vgl Gen 1 en Joh 1); let ook op die frase “swaard van my mond.” Hier laaste twee frases van die

gedig, pas gelees, dui op die besondere “mag” van die regeerder.

11:5 Om die kwaliteite van die toekomstige regeerder van geregtigheid uit die Dawidslinie aan te dui, word dit metafories

gedoen by wyse van sy kleredrag. Baie later sou Paulus hierdie bewoording oorneem om toerusting van die gelowige teen

geestelike aanvegting (versoeking) te beskryf (vgl Efes 6:14)

NASB (HERSIENE) TEKS: 11:6-9

6 And the wolf will dwell with the lamb

And the leopard will lie down with the young goat,

And the calf and the young lion and the fatling together;

And a little boy will lead them.

7 Also the cow and the bear will graze,

Their young will lie down together,

And the lion will eat straw like the ox.

8 The nursing child will play by the hole of a cobra,

And the weaned child will put his hand on the viper’s den.

9 They will not hurt or destroy in all My holy mountain

For the earth will be full of the knowledge of the LORD

As the waters cover the sea.

Verwys na NAV, OAV, CUM-NLV of CUM-MVB vir die Afrikaans: Jes. 11:6-9.

11:6-9 Hier word die Messiaanse Era met gebruikmaking van terme soos te vinde in Gen 1 geskets (vgl Openb 22).

Vanweë die mensdom se sonde (Gen 3), is ook die natuur nie ongeskonde nie. Maar die verlossingswerk van die Messias

sal ook die natuur ten geode kom (Rom 8:19:25). Daar word klem gelȇ op die aanwesigheid van ‘n klein kind in die nuwe

wȇreld.

Die goeie verhouding tussen mens en dier weerspieël die Tuin van Eden-situasie. Mense het veel in gemeen met die

diereryk op aarde. Hulle is ook geskape vir die doel van ‘n goeie verhouding met God (vgl Job 38:39; 40:34), en met ons!

Die Bybel begin met God, die mens en diere in die opset van ‘n tuin (Gen 1-2) en dit sluit af (inaggenome hierdie gedeelte

van Jesaja) met God, mens en dier (vgl Jes 65:15; Hosea 2:18; Openb 21-22). Persoonlik is ek nie van mening da tons

troeteldiere in die hemel sal wees nie, maar ek glo wel dat diere met ons in die ewigheid sal wees! Hulle dien tot verryking

van die lewe. Na die sondeval is hulle degrader tot voedsel en kleding van mense!

In eskatologiese materiaal is daar ‘n inherente dubbelsinnigheid (meervoudige betekenis) wat blyk uit die ouderdom

van aanwesiges. Klein kinders (v 6) en suigelinge (v 7) veronderstel dat fisiese geboorte steeds plaasvind. Enersyds kan

aanvaar word dat ‘n aardse lewe volkome in ooreenstemming met huidige lewensvorme sal bestaan (vgl Mat 24:38; Luk

17:27). Andersyds het Jesus verklaar dat daar nie seksuele aktiwiteit (erotiese liefde?– vert.)in die nuwe era aanwesig sal

wees nie (vgl Mat 22: 29-30). Sal daar mense van alle ouderdomme in die Ewigheid wees? Sal hulle ook opgroei en oud

word? Sulke vrae het daartoe gelei dat (sommige) uitleggers op ‘n beperkte aardse bestaan (1000 jaar of millennium )

besluit het, gevolg deur ‘n toekomstige ideale (volmaakte) werklikheid. Sommige het selfs so ver gegaan om ‘n verdeling

voor te stel: ‘n aardse groep en ‘n hemelse groep! Ek verkies om te glo in ‘n enkele, sigbare Tweede Koms, gevolg deur

onmiddellike volmaakte samesyn met God. As dit die ware toedrag van sake sal wees, moet veel van die OT en NT

stowwe bloot as ‘n manier gesien word om kennis van die geestelike Koninkryk van God oor te dra. Besoek asseblief my

kommentare op Openbaring, Daniël en Sagaria by www.freebiblecommentary.org.sonder enige koste vir u.

Hierdie nuwe tyd van universele vrede is in terme beskryf wat die ideale (volmaakte) toekoms, op alle gebiede van die

lewe op allesinsluitende wyse beskryf. Wanneer sal so ‘n nuwe era tot openbaring kom?

1. terugkeer uit ballingskap onder Serubbabel en Josua (vgl Esra en Nehemia)

2. die Makkabese tydperk (tussen-Testamentȇr)

3. die intrede van die Koninkryk van God gedurende die aardse lewe van Jesus (die Evangelies)

4. ‘n duisendjarige vrederyk (slegs Openb 20:1-10)

118

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!