01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

KORT VERDUIDELIKINGS VAN DIE TEGNIESE HULPBRONNE

GEBRUIK IN DIE “JY KAN DIE BYBEL VERSTAAN” OU

TESTAMENT-STUDIEGIDSREEKS

I. Betreffende die woordeskat (leksikaal)

‘n Aantal uitstekende woordeboeke is beskikbaar vir antieke Hebreeus.

A. Hebrew and English Lexicon of the Old Testament deur Francis Driver en Charles A. Briggs. Dit is

gebaseer op die Duitse woordeboek deur William Gesenius. Dit word aangedui deur die afkorting BDB.

B. The Hebrew and Aramaic Lexicon of the Old Testament deur Ludwig Koehler en Walter Baumgartner,

vertaal deur M. E. J. Richardson. Dit word aangedui deur die afkorting KB.

C. A Concise Hebrew and Aramaic Lexicon of the Old Testament deur William L. Holladay, gebaseer op

bogenoemde Duitse woordeboek.

D. ‘n Nuwe teologiese woordstudie bestaande uit vyf volumes, The New International Dictionary of Old

Testament Theology and Exegesis, onder redaksie van Willem A. van Gemeren. Dit word aangedui deur

die afkorting NIDOTTE.

Waar woordkeuse noemenswaardig verskil tussen die Engelse vertalings het ek aanhalings uit ‘woord-virwoord’-

sowel as ‘dinamiese eweknie’-vertalings (NASB, NKJB, NRSV, TEV, NJB) bygewerk (vgl. Gordon Fee &

Douglas Stuart, How to Read the Bible For All Its Worth, bl. 28-44).

II. Grammatikaal

Die grammatikale identifikasie word gewoonlik gebaseer op John Joseph Owens se Analytical Key to the Old

Testament in vier volumes. Dit word gekruiskontroleer met Benjamin Davidson se Analytical Hebrew and Chaldee

Lexicon of the Old Testament.

Nog ‘n nuttige hulpbron vir grammatikale en sintaktiese kenmerke wat in die meeste van die OT-volumes van

die “Jy kan die Bybel verstaan”-Reeks gebruik word is “The Helps for Translators Series”, uitgegee deur Verenigde

Bybelgenootskappe. Hulle staan bekend as: “A Handbook on _____________”.

III. Tekstueel

Ek is verbonde tot die inspirasie van die Hebreeuse hoofletterteks (nie die Masoretiese klinkerpunte en

aantekeninge nie). Dit is die geval in baie hand-oorgeskrewe, antieke tekste dat daar soms bedenklike frases

voorkom. Dit is gewoonlik as gevolg van

A. hapax legomena (woorde wat slegs eenkeer gebruik word in die Hebreeuse OT)

B. idiomatiese terme (woorde en frases waarvan die letterlike betekenis verlore is)

C. geskiedkundige onsekerheid (gebrekkige inligting oor die antieke wêreld)

D. die polisemitiese semantiese veld van die beperkte Hebreeuse woordeskat

E. probleme geassosieeer met latere oorskrywers wat antieke Hebreeuse tekste met die hand moes oorskryf

F. Hebreeuse oorskrywers wat in Egipte opgelei is wat dit op hulself geneem het om die tekste aan te pas om hulle

meer volledig en verstaanbaar te maak vir hulle tyd (NIDOTTE, bl. 52-54).

Daar bestaan buite die Masoretiese tekstuele tradisie verskeie bronne van Hebreeuse woorde en tekste

A. Die Samaritaanse Pentateug;

B. Die Dooie See-Boekrolle;

C. Sekere latere munte, briewe en kleipotskerwe (gebreekte stukke ongevuurde potte wat gebruik is om op te

skryf)

Daar is egter meestal nie manuskripfamilies in die OT soos dié in die Griekse NT-manuskripte nie. Vir ‘n

goeie, kort artikel oor die tekstuele betroubaarheid van die Masoretiese Teks (ca. 900 n.C.), sien “The Reliability of

the Old Testament Text” deur Bruce K. Waltke in die NIDOTTE, vol. 1, bl. 51-67.

Die Hebreeuse teks wat gebruik word is Biblia Hebraica Stuttgartensia van die Duitse Bybelgenootskap, 1997, wat

gebaseer is op die Leningrad Codex (1009 n.C.) Van tyd tot tyd word die antieke weergawes (Griekse Septuagint, Aramese

Targums, Siriese Peshitta en Latynse Vulgaat) geraadpleeg as die Hebreeus dubbelsinnig of verwarrend is.

i

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!