01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Alle moreel verantwoordbare mense moet in die tyd en eskatologies (die eindtyd) rekenskap gee aan die Een wat die lewe

aan hulle toevertrou het (Mat 25:31-46; Openb 20:11-15)!

◙ OAV, NAV, CUM-MVB “die Almagtige”

CUM-NLV “die Magtige van die hemelse leër”

NASB “The Almighty”

Dit is in Hebreeus die titel Sjaddai. So was JHWH bekend aan die Patriarge (vgl. Eks 6:3). Sien Vir Spesiale Aandag:

Name van die Godheid by 1:1. Daar is klankspel aanwesig (BDB 994) tussen sjādad (verwoesting) en sjaddai, die

Almagtige (BDB 994-)! Let op die ooreenstemming met Joël 1:15.

13:7-8 Die toetrede van JHWH sal sekerlik vreesaanjaend wees.

1. “huil,” v 6

2. “al die hande word slap, “v7—OAV

3. “selfs die sterkstes se harte smelt inmekaar van vrees,”(Cum-NLV)

4. “hulle sal skrikbevange raak,” v8 NAV

5. “krampe en pyne sal hulle oorval”, v 8 NAV

6. “soos een wat baar,” v8 OAV

7. “hulle kyk hulpeloos vir mekaar”, v8 Cum-NLV

8. “vlamme van die brandende stad op hulle gesigte weerkaats,” vers 8, Cum-NLV

13:9 Hierdie vers beskryf wat die dag van die HERE vir sondaars inhou (vgl. v 10). ‘n verlate, onbewoonde stuk aarde is

presies teenoorgesteld wat God met sy skepping bedoel het (Gen 1-2).

13:10 JHWH se toetrede tot sy fisiese skepping lei tot gebeure in die natuur. Soms word na sulke reaksie in die natuur as

“apokalipties” verwys, maar in die profete is hulle metafories bedoel en die betiteling apokalipties is daaraan toegeskryf in

die tussen-Testamente tydperk en in die NT.

1. sterre en die sterrebeelde sal ophou skyn (v 10)

2. die son en die maan verdonker (v10)

3. die hemele word geskud en sidder (lg. OAV)

4. die aarde sal uit sy plek geruk word (v 13 NAV)

Die hemele wat die woonplek van God is, verdonker en boesem vrees in (vgl. Eseg 32:7; Joël 2:10,31; 3:15; Mat

24:29; Openb 6:12-13). Maar ‘n nuwe lig is aan die kom (vgl. 2:5; 9:2; 60:1-3,19,20)!

13:11 OAV, CUM-NLV “die wȇreld”

NAV, CUM-MVB “die land”

NASB “the world”

Hierdie is ‘n digterlike sinoniem vir arets (BDB 385, “land”, “aarde” , vgl. 14:21; 24:4; 34:1). Dit kan ‘n stelling in

oordrywende taalgebruik wees (hiperbolies), of dalk nie (vgl. 24:4; 34:1), maar dit gee wel uitdrukking aan die teologiese

konsep dat JHWH die Skepper is in beheer van hierdie planeet!

Let daarop hoe die mensdom geëtiketteer:

1. boos

2. sleg

3. hoogmoedig en verwaand (NAV)

4. die hoogmoed van tiranne (OAV)

Dieselfde gesindhede was egter by die verbondsvolk ook aan die orde (vgl. 2:9, 11, 17; 5:15!) Die dodelike tentakels

van selfsug en sonde, na die Sondeval, is oral aanwesig!

13:12 OAV, NAV, CUMs “Ofir”

NASB “Ophir”

Geografies word hiermee die suidelike dele van Arabië bedoel. Die insinuasie is derhalwe dat mense nog in lewe baie

skaars sal wees op die oordeelsdag.

13:14-16 Dit is ‘n skerp tekening van die verskrikkinge wat met die inval gepaard sal gaan.

1. soos ‘n ribbok wat opgejaag is (v 14, NAV)

2. soos kleinvee wat niemand bymekaarmaak nie (OAV)

3. op pad na hulle eie lande toe (Cum-NLV)

4. wie gevang word,sal doodgesteek word (NAV)

5. elkleen wat gegryp word, val deur die swaard (OAV)

6. hulle kinders word voor hulle oë verpletter (OAV)

7. hul huise geplunder (OAV)

8. hulle vroue verkrag (Cum-NLV, NASB: “ravish”)

Oordeel vanweë invallers, is ‘n skrikwekkende ervaring. Hierdie oorlogsugtige nasies het so teen Israel opgetree en

word nou in eie munt terugbetaal (vgl. Ps 137: 8-9). Die ergste van hierdie geweldadige nasies was juis Asirië.

131

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!