01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

of oordag ervaar kan word. Dit blyk in ingryping op die bewussyn te wees waartydens God deur metafore, idiome en

fisiese verskynsels ‘n besondere openbaring laat geskied. Die waarhede wat hiermee gekommunikeer word, is nie van

menslike oorsprong nie, maar van God. Jesaja het dit waarskynlik in gestruktureerde vorm deurgegee, maar die inhoud was

van goddelike oorsprong. Dit is moeilik om die werking van inspirasie te beskryf, maar die resultaat is ‘n goddelike en

gesaghebbende boodskap.

Die term word in die konteks van ‘n openingswoord as opskrif vir Jesaja se boodskappe aangebied (vgl. 2:1; 13:1;

Amos 1:1; Miga 1:1; Hab. 1:1).

◙ OAV, NAV, CUMs “Jesaja”

NASB “Isaiah”

Die naam (BDB 447) beteken dat “JHWH red” of dat “redding van God kom” (in die oorspronklike ontbreek die

werkwoord). Wanneer “-ja” (Eng. “-iah”) toevoegsel is by ‘n naam, dui dit op koninklike afkoms en, in die geval van

JHWH, op God se verbondsnaam (vgl. Eks. 3:14).

VIR SPESIALE AANDAG: NAME VAN DIE GODHEID

A. EL (BDB 42, KB 48)

1. Wat vroegste, antieke godsnaam oorspronklik beteken het, is onseker. Baie geleerdes is egter van mening dat

dit van ’n Akkadiese stamwoord afgelei is wat beteken “om sterk te wees” of “om magtig te wees” (vgl. Gen.

17:1; Num. 23:19; Deut. 27:21; Ps. 50:1).

2. In die Kanaänitiese godedom is El die hoofgod (Ras Shamra Tekste)

3. In die Bybel is El normaalweg nie saamgestel met ander terme nie. Die volgende kombinasies was ’n manier

om God se aard te beskryf:

a. El-Elyon (die Allerhoogste/Most High – BDB 42, 751) (Gen. 14:18-22; Deut. 32:8; Jes. 14:14)

b. El-Roi (God wat sien/Wat Homself openbaar; BDB 42 & 909) (Gen. 16:13).

c. El-Shaddai (God die Almagtige/God van medelye/God van die berg; BDB 42 & 994 (Gen. 17:1; 35:11;

43:14; 49:25; Eks. 6:3).

d. El-Olam (die Ewige God; BDB 42 & 761) Gen. 21:33. Die teologie van God se belofte aan Dawid haak

by hierdie Naam aan: 2 Sam. 7:13,16

e. El-Berit (El-Berit NAV, God van die Verbond; BDB 42 & 136) Rigt. 9:46

4. El word vereenselwig met

a. JHWH in Ps. 85:8; Jes. 42:5

b. Elohim in Gen. 46:3; Job 5:8, Ek is El, die Elohim van jou vader…

c. Shaddai in Gen. 49:25

d. “wat onverdeelde trou eis”/jealousy in Eks. 34:14; Deut. 4:24; 5:9; 6:15

e. “genade” in Deut. 4:31; Neh. 9:31;

f. “betroubaar” in Deut. 7:9; 32:4

g. “groot en gedug” in Deut. 7:21; 10:17; Neh. 1:5; 9:32; Dan. 9:4

h. “kennis”/“knowledge” in 1 Sam. 2:3

i. “omgord met krag” in 2 Sam. 22:33

j. “wat my oorwinning gee” in 2 Sam. 22:48

k. “die Heilige” in Jes. 5:16

l. “magtig” in Jes. 10:21

m. “my redder” in Jes. 12:2

n. “groot en magtig” in Jer. 32:18

o. “wat vergeld”/“retribution” in Jer. 51:56

5. In Jos. 22:22 word herhalend al die OT-name vir God aangetref (El, Elohim, JHWH).

B. Elyon/Eljon

1. Die basiese betekenis is “hoog”, “verhewe” of “opgehef” (vgl. Gen. 40:17; 1 Kon. 9:8; 2 Kon. 18:17; Neh.

3:25; Jer. 20:2; 36:10; Ps. 18:3)

2. Dit is gebruik vir parallelle vir talle ander name/titels van God.

a. Elohim – Ps. 47:1-2; 73:11; 107:11

b. JHWH – Gen. 14:22; 2 Sam. 22:14

c. El-Shaddai – Ps. 91:1,9

d. El – Num. 24:16

e. Elah – dikwels aangewend in Dan. 2-6 en Esra 4-7, gekoppel aan illair (Aramees vir “Hoë God”) in Dan.

3:26; 4:2; 5:18,21

3. Dit was dikwels in gebruik by nie-Israeliete

a. Melgisedek, Gen. 14:18-22

b. Bileam, Num. 24:16

c. Moses in gesprek oor die nasies in Deut. 32:8

d. Lukas se evangelie in die NT, gerig aan die Heidene, wat ook die Griekse variasie Hupsistos insluit (vgl.

1:32,35,76; 6:35; 8:28; Han. 7:48; 16:17)

9

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!