01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

tot swye dwing nie. Moontlik was Paulus se dag te beperkend en moontlik is my dag te liberaal! Ek ervaar dit

uiters ongemaklik om te beweer dat Paulus se leringe met voorwaardes opgevat moet word, naamlik dat dit eerste

eeus is en as plekgebonde gekwalifiseer moet word. Wie is ek dat ek kan toelaat dat my siening of my kultuur ‘n

geïnspireerde skrywer weerspreek?!

Andersins, wat maak ek daarvan wanneer daar Bybelse voorbeelde van leidinggewende vrouens geopper

word, selfs in Paulus se geskrifte soos Romeine 16? Paulus self is miskien ‘n goeie voorbeeld van hoe die

probleem gehanteer moet word. Sien sy bespreking van openbare aanbidding in 1 Kor. 11-14. In 11:5 lyk dit of hy

vrouens sal toelaat om te preek en bid in die erediens, mits hulle hoofde bedek is. Andersins in 14:34-35 beveel hy

hulle tot volkome swye! Daar was immers ook diakonesse (Rom. 16:1) en profetesse (vgl. Han. 21:9). In so ‘n

verskeidenheid besef ek dat ek die vryheid het om te vra waarom hy in eerste-eeuse Korinte en Efese beperkend

opgetree het. In beide kerke was daar probleme met vroue se uitoefening van hul nuutgevonde vryheid (sien

Bruce Minter, Corinth After Paul Left), wat in die weg kon staan van die kerk se uitreik in die gemeenskap vir

Christus. Hulle vryheid moes beperk word sodat die evangelie effektief kon wees.

My dag, egter, is die algeheel teenoorgestelde van wat Paulus s’n was. In my dag mag die evangelie verhinder

word as opgeleide, welsprekende vroue nie toegelaat word om die evangelie te verkondig nie.

Ek wil toegee aan Paulus: my teologie is primêr Paulinies. Ek wil nie onderstebo geloop word of

gemanipuleer word deur moderne feminisme nie! Hoewel ek aan die ander kant voel dat die kerk te traag

aanbeweeg het wat betref klinkklare Bybelse waarhede soos die onaanvaarbaarheid van slawerny, rassisme,

huigelagtigheid en seksisme. Die kerk was ook traag in toepaslike reaksie op die misbruik van vroue in die

moderne tyd. God het in Christus die vrou en die slaaf vrygemaak. Ek kan nie dat kultuurgebonde tekste (bv.

Paulus beperkend, 1 Kor. 14:34-35) hulle weer boei nie.

Nog net een opmerking: as Bybelverklaarder weet ek dat die kerk in Korinte uitermate verbrokkeld en

verdeeld was. Die charismatiese gawes is hoog aangeskryf en vertonerig opgedring aan die gemeente. Vrouens

was moontlik hierin meegevoer. Ek is ook van mening dat in Efese valse leraars misbruik van vroue gemaak het

deur hulle as tussengangers in huiskerke te laat optree.

C. Voorstelle vir verdere navorsing:

1. How to Read the Bible for All It’s Worth, Gordon Fee en Doug Stuart (bl. 61-77)

2. Gospel and Spirit: Issues in New Testament Hermeneutics, Gordon Fee

3. Hard Sayings of the Bible, Walter C. Kaiser, Peter H. Davids, F.F. Bruce en Manfred T. Branch (bl. 613-616;

665-667)

8:4 Dit pas waarskynlik die tydraamwerk een boodskap van 7:19-16 (ook v 4).

Die naam van Jesaja se seun beeld hierdie gebeurtenis gedryf deur Assirië met presiesheid uit.

NASB (HERSIENE) TEKS: 8:5-8

5 Again the Lord spoke to me further, saying,

6 Inasmuch as these people have rejected the gently flowing waters of Shiloah

And rejoice in resin and the son of remaliah;

7 Now therefore, behold, the Lord is about to bring on them the strong and abundant waters of the Eufrates,

Even the king of Assyria and all his glory;

And it will rise up over all the channels and go over all its banks.

8 Then it will sweep on into Juda, it will overflow and pass through,

It will reach even to the neck;

And spread of its wings will fill the breadth of your land, O Immanuel.”

Verwys na NAV, OAV, CUM-NLV of CUM-MVB vir die Afrikaans: Jes. 8:5-8.

8:5-6 Hierdie stansa sit voort die boodskap van JHWH se oordeel deur Assirië oor Sirië en Israel, maar voeg die

verskriklike boodskap daarby dat dit ook Juda gaan affekteer (Jerusalem word gespaar, vgl. vers 8b). Sy word nie verwoes

nie, maar oorleef beswaarlik.

8:6 OAV, NAV, CUM-

MVB

“hierdie volk”

CUM-NLV “Die volk van Juda”

NASB

Na wie word hier verwys?

1. Israel?

2. Juda?

“these people”

Die antwoord is in vers 6b te vinde. Juda was nie opgewonde oor Resin die seun van Remalia nie, maar Israel het met

hom ‘n polities - militȇre bondgenootskap gesluit (7:4-5,8,9). Daarom moet vers 7 na die vernietiging van Damaskus (vgl.

7:20) sowel as Samaria (d.w.s. Israel) verwys. Dit is wel moontlik dat ‘n groep binne Juda ook ten gunste van die koalisie

sou wees.

93

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!