01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Vele van sy mense al oor ‘n klip val en in ‘n vanggat of in ‘n strik beland (vgl. 28:13) en ondergaan (vgl. 24:18).

Ander, die getroue oorblyfsel, sal Hom egter vertrou (v 16-18).

VIR SPESIALE AANDAG: HOEKSTEEN

I. OT-Gebruike

A. Die idee van ‘n klip as harde, duursame voorwerp om ‘n fondament mee te lê, is as metafoor vir YHWH gebruik

(vgl. Ps. 18:1).

B. Hiervandaan het dit ontwikkel tot ‘n Messiaanse betiteling (vgl. Gen. 49:24; Ps. 118:22; Jes. 28:16).

C. Dit dui ook op die oordeel van God deur die Messias aangewend (vgl. Jes. 8:14; Dan. 2:34-35, 44-45).

D. Die verdere ontwikkeling is ‘n bouersmetafoor:

1. ‘n fondamentsteen, wat basies geplaas word as die hoeksteen waarop die hoeke en die veiligheid van die

gebou rus;

2. die laaste klip, die finale steun in die muur, die sluitsteen of kliplatei (Sag. 4:7; Ef. 2:20, 21) – in Engels

genoem “the cap stone”, in Hebreeus, rusj (hoof);

3. die sluitsteen in die middel van die boogingang wat as stut vir die mure dien.

II. NT-Gebruike

A. Jesus haal Ps. 118 verskeie kere aan met verwysing na Homself (vgl. Mat. 21:41-46; Mark. 12:10-11; Luk.

20:17).

B. Paulus gebruik Ps. 118 met verwysing na YHWH se verwerping van ‘n ontroue, wederstrewige Israel (vgl. Rom.

9:33).

C. Paulus gebruik die konsep van ‘n sluitsteen of kliplatei in Ef. 2:20-22 met betrekking tot Christus.

D. Petrus beskou Jesus as die sluitsteen of hoeksteen vir die lewende stene (die gelowiges as die “tempel”, 1 Kor.

6:19), wat op Hom gebou is; Jesus assosieer sterk met die tempel as metafoor (Mark. 14:58; mat. 12:6; Joh. 2:19-

20).

Die Jode het die fondament van hulle hoop verwerp toe hulle Jesus as Messias verwerp het.

III. Teologiese Opmerkings

A. YHWH het Dawid en Salomo toegelaat om ’n tempel te bou met die belofte dat Hy by hulle sal woon en hulle sal

seën as hulle die verbond nakom. Andersins kon hulle die verwoesting van die tempel verwag (1 Kon. 9:1-9).

B. Die Judaïsme van die rabbyne, sonder om toegewyde rabbyne deur veralgemening te na te kom, was toegespits op

vormlikheid en ritus sonder om die nodige ag te slaan op die persoonlike aspek van geloof. God verlang na ’n

persoonlik daaglikse wandeling met die mens wat Hy na sy beeld geskape het (Gen. 1:26-27). Luk. 20:17-18

spreek van vreesaanjaende oordeel.

C. Jesus vergelyk sy fisiese liggaam met ‘n tempel. Dit brei uit op, en wil bevorderlik wees van, die persoonlike

aspek van die verhouding met God. Geloof in Jesus as die Messias is die enkele groot stap tot ’n verhouding met

die Onsienlike (YHWH).

D. Verlossing beteken die herstel van die beeld van God in mense sodat vertrouensvriendskap met God weer

moontlik word. Die doel van die Christendom is dat die Christusgesindheid in die mens se lewe tot uitdrukking

moet kom – hier en nou. Gelowiges moet lewende stene word, gekap na die voorbeeld van Christus, en met Hom

ingebou wees in die Nuwe Tempel van God.

E. Jesus is die fondament van ons geloof en die sluitsteen van ons geloof – die Alfa en die Omega. Hy is egter ook

die struikelblok en die rots van aanstoot. Om Hom mis te loop, is om alles te verloor. Hier is geen middeweg nie!

NASB (HERSIENE) TEKS: 8:16-18

16 Bind up the testimony, seal the law among my disciples. 17 And I wil wait for the LORD who is hiding His face

from the house of Jacob; I will even look eagerly for Him. 18 Behold, I and the children whom the LORD has given

me are for signs and wonders in Israel from the LORD of hosts, who dwells on Mount Zion.

Verwys na NAV, OAV, CUM-NLV of CUM-MVB vir die Afrikaans: Jes. 8:16-18.

8:16-18 Hierdie stansa volg uit die aanvang van die hoofstuk (verse 1-2). Hierdie Profetiese boodskappe hou goed vir

JHWH se getroue dissipels in elke eeu. Daar sal altyd die groep van troue dissipels wees (BDB 541). Met hierdie

konnotasie gekoppel aan “onderrig,” “afrig,” en “leer” tree Jesaja uniek na vore as hy van “dissipels” (tweemaal) praat

(vgl. 8:16; 50:4).

Na wie word dan in vv 19-22 verwys? Dit kan dui op (1) ongelowige Judeërs (Suidelike Ryk) of (2) ongelowige

Israeliete (Noordelike Ryk).

8:16 Jesaja moet

1. eers stilbly (NAV; BDB 864, KB 1058), Qal-IMPERATIEF

2. vir hulle self hou (NAV; BDB 367, KB 364), Qal-IMPERATIEF (‘n waks-seël aan buitekant);

Metafore om bewaring en veiligheid van dokumente te verseker.

97

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!