01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Sons who act corruptly”

Dit wil voorkom of ‘n verband met Eks. 20:5 hier veronderstel word waar ouers se verkeerde lewenswyse aan kinders

toegereken word. Gee ag op die parallelisme hier:

1. Sondige nasie (vers 4)

2. Met skuld belaai (vers 4)

1. Die geslag van kwaaddoeners (vers 4)

2. Wat aanmekaar verkeerd doen (vers 4)

Let ook op die PARALLELLISMUS MEMBRORUM (verduidelikende versreëls) wat hierop volg:

AOV, CUM-MVB “Hulle het die Here verlaat”

NAV “Wat My, die Here, verlaat het”

CUM-NLV “Hulle het van die HERE af weggedraai”

NASB “They have abandoned the Lord”

(Qal-PERFEKTUM, BDB 736, KB 806)

AOV,NAV,CUM-MVB “die Heilige van Israel verag”

CUM-NLV “Israel se Heilige Een geminag”

NASB “They have despised the Holy One of Israel”

(Pi‘el-PERFEKTUM, BDB 610, KB 685)

AOV “hulle het agtertoe weggedraai”

NAV “en vir My die rug gedraai het”

CUM-MVB “hulle het die rug op Hom gedraai”

CUM-NLV “en hulleself van sy hulp afgesny”

NASB “they have turned away”

(Nif‘al-PERFEKTUM, BDB 266, KB 267)

Hierdie aanhalings beskryf die optrede van ‘n goed-ingeligte volk wat wederstrewig optree, ‘n volk wat onder

verbondsverpligtinge staan, maar let op hoe hulle oortredinge uitgebeeld word (in verskeidenheid van vertalings)! Hulle

optrede en uitoefening van keuses kom neer op verwerping van JHWH. Die PERFEKTUMs in grammatikale vorm

onderstreep ‘n lankgevestigde gesindheid!

Hulle was veronderstel om die geseënde nakomelingskap van Abraham te wees (BDB 282 – vgl. Gen. 12:7; 13:15,16;

16:10; 22:17,18; 24:7; 26: 3,4,24; 28:13,14; 32:12), maar hulle het ‘n nakomelingskap van kwaaddoeners geword! Wat

openbaring betref, ‘n verlore geleentheid (vgl. Luk. 12:48)!

◙ OAV, CUM-MVB “die Heilige van Israel”

NAV “my, die Heilige van Israel”

CUM-NLV “Israel se Heilige Een”

NASB “the Holy One of Israel”

Jesaja gebruik hierdie betiteling van die Godheid by voorkeur (vgl. 1:4; 5:19; 10:17,20; 12:6; 17:7; 29:19,23;

30:11,12,15; 31:1; 37:23; netso in die tweede deel van die boek, 40:25; 41:14,16,20; 41:3,14,15; 45:11; 47:4; 48:17; 49:7;

54:5; 55:5; 60:9,14). Immers, omdat hy “heilig” is, moet sy volk ook heilig wees (vgl. Lev. 19:2; Mat. 5:48; 1 Pet. 1:16).

Dat ‘n sondevervalle mensdom aan so ‘n heilige standaard nie kan voldoen nie, word in hierdie titel ook duidelik. Om

aan die vereistes van die Mosaїese Wet te voldoen, was ook nie moontlik nie (vgl. Han. 15; Gal. 3 en Hebreërs). Die Ou

Verbond was ‘n manier om die boodskap aan die mensdom tuis te bring dat hulle aan onderhouding van so ‘n hoë

standaard nie sou kon voldoen nie. Maar die boodskap dat Hy aan hulle getrou sou bly en hulle voorberei vir sý oplossing

van hulle gevalle staat was ook in die OT vervat. Hy sou nie die standaard verlaag nie, maar wel daarvoor in die koms van

sy Messias voorsiening maak! Die nuwe verbond (vgl. Jer. 31:31-34; Eseg 36:22-38) was ‘n verbond wat geloof en

sondebelydenis vereis het en nie menslike werkeheiligheid nie, hoewel die einddoel sou wees om soos Christus te word

(vgl. Jak. 2:14-26). God se doel is ‘n gemeente wat sy aard (karakter) aan die nasies bekendmaak (vgl. Mat. 5:48)!

VIR SPESIALE AANDAG: HEILIGMAKING

Die NT verklaar dat wanneer sondaars hulle met berou tot Jesus wend, hulle onmiddellik geregverdig en geheilig

word. Hulle ontvang ’n nuwe posisie in Christus. Sy geregtigheid word hulle toegereken (Rom. 4). God verklaar hulle reg

en heilig (’n forensiese handeling van God).

Maar die NT dring ook daarop aan dat gelowiges na heiligheid en heiligmaking moet strewe. Dit is naas ’n teologiese

posisie, danksy die voltooide werk van Christus, ook ’n roeping om in die daaglikse lewe ’n Christelike gesindheid en

handelswyse te openbaar. Verlossing is ’n vrye gawe wat ’n lewe van volle oorgawe vra. Dieselfde geld vir heiligmaking.

Aanvanklike geloof Strewe na die beeld van Christus

Handelinge 20:32; 26:18 Romeine 6:19

Romeine 15:16 2 Korintiërs 7:1

1 Korintiërs 1:2-3; 6:11 1 Tessalonisense 3:13; 4:3-4,7; 5:23

2 Tessalonisense 2:13 1 Timoteus 2:15

Hebreërs 2:11; 10:10,14; 13:12 2 Timoteus 2:21

1 Petrus 1:2 Hebreërs 12:14

1 Petrus 1:15-16

16

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!