01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

In 6:12 gebruik Sagaria die titel ten opsigte van Serubbabel, maar ook simbolies van die Dawidslinie. Dis interessant

dat dit in hierdie verband gebruik word, want dit plaas die Messias in ‘n priesterlike linie. Die aspek van “verlosser” (Jes.

53, priesterlik) en van “administratiewe leier” (Jes. 9:6-7, koninklik) is apart in Jesaja voorgestel, maar in Sagaria word die

twee titels as ‘n eenheid saamgevat (vgl. hfst. 4).

Sag. 6:12 “Spruit/Branch”. Die woord beteken “sprout” volgens die BDB 855 (vgl. 6:12; Jes. 4:2; 11:1; 53:2; Jer.

23:5; 33:15). Dit dien as titel vir die Messias. Sagaria skep met Serubbabel dus ‘n tipe van die Messias (vgl. Ibn Ezra en

Rashi). In Akkadies beteken Serubbabel “spruitsel van Babilon.” Hoewel Jesus met die titel bedoel word, is die ontstaan

daarvan woordspel na aanleiding van die betekenis van Serubbabel se naam. Serubbabel was immers die tempelbouer in

516 v.C. In hierdie vers kom nie net dié besondere titel voor nie, maar ook die gepaardgaande WERKWOORD wat in die

OAV lees “hy sal uit sy plek uitspruit” (Qal-IMPERFEKTUM).

VIR SPESIALE AANDAG: JESUS DIE NASARENER

Daar is etlike, verskillende Griekse terme in die NT wat Jesus presies identifiseer:

A. NT Terme

1. Nasaret, ’n dorp in Galilea (vgl. Luk. 1:26; 2:4, 39,51; 4:16; Han. 10:38). Hierdie stad word in geen vroeë

geskrifte genoem nie, maar word wel in later inskripsies aangetref. Vir Jesus, om van Nasaret afkomstig te

wees, was nie ’n kompliment nie (vgl. Joh. 1:46). Om dié stadsnaam op die kruis aan te bring, was

aanduiding van die Joodse minagting 3 .

2. Nazarēnos – was skynbaar ’n verwysing na ’n geografiese gebied (vgl. Luk. 4:34; 24:19).

3. Nazōraios – mag aanduiding van ’n stad wees, maar kon ook sinspeel op die Hebreeuse Messiaanse term

“spruit” (Jes. 4:2 [OAV] of “takkie”,11:4 [NAV]) (vgl. netser, BDB 666 en verwante terme, Jes. 4:2; 11:1;

53:2; Jer. 23:5 [BDB 855]; 33:15; Sag. 3:8; 6:12). Lukas gebruik dit van Jesus in 18:37 en Han. 2:22; 3:6;

4:10; 6:14; 22:8; 24:5; 26:9.

4. In ooreenstemming met #3 nāsir (BDB 634) beteken dit dat iemand deur ’n eed afgesonder is.

B. Historiese voorkoms (Nasarener) buite die NT. Dus die bestaan van ander historiese gebruike.

1. Dit was aanduiding van ’n voor-Christelik, Joodse sekte (Aramees: nāsōrayyā).

2. Dit was in Joodse kringe ’n manier om na Christus-gelowiges te verwys (vgl. Han. 24:5,14; 28:22).

3. Dit het die algemene gebruiksterm in die Siriese kerke (Aramees) geword om na gelowiges te verwys;

“Christen” was die gebruiklike aanduiding van gelowiges in die Griekse kerke.

4. ’n Tyd na die val van Jerusalem het die Fariseërs by Jamnia vergader om te reorganiseer en het hulle ’n

amptelike skeiding tussen sinagoge en kerk verklaar. ’n Tipiese vervloekskrif teen Christene is in “die Agtien

Seënuitsprake” van Berakoth 28b-29a, gevind; waarin na gelowiges as “Nasareners” verwys word.

“Mag die Nasareners en afgedwaaldes in ’n oomblik verdwyn; hulle sal uitgewis word uit die boek van

die lewe en nie saam met die getroues opgeteken wees nie.”

5. Justin Martyr het die stelling, met verwysing na Jesaja se netser (Jesus), gebruik.

C. Die skrywer se mening

Ek is verras om soveel verskillende spellings van die term teë te kom. Alhoewel ek weet dat dit nie so

ongewoon was dat in die OT byvoorbeeld “Josua” vele kere in Hebreeus verskillend gespel word nie. Wel,

omrede (1) die sterk assosiasie met die Messiaanse term “Spruit”(takkie); (2) saamgesien met die negatiewe

konnotasie; (3) weinig of min vroeë bevestiging van die bestaan van dié stad in Galilea, noop dit my tot

onsekerheid omtrent die presiese betekenis van die term Nasarener; en weens (4) die eskatologiese implikasie van

die uitroep van ’n besetene: “Jesus, Nasarener. . .Het u gekom om ons te verdelg?” (Luk. 4:34 – vert.) bly ek

onseker.

Vir ’n volledige bibliografie van studies oor hierdie woordgroep sien Colin Brown (red.), New International

Dictionary of New Tewstament Theology, vol. 2, bl. 346 of Raymond E. Brown, Birth, bl. 209-213, 223-225)

◙ JHWH se “uitspruitsel” (NAV), “branch” (NKJV, NRSV, JB) sal

1. “mooi” (BDB 840, vgl. Jer. 3:19; dikwels i.v.m. die Beloofde Land gebruik, sien Dan. 8:9; 11:16,41) en

2. “weelderig” wees (BDB 458, wat “oorvloedig” beteken, en “eer” en “heerlikheid”/“glory”, vgl. BDB 802, ook in

hierdie vers).

Hierdie twee terme word dikwels saam gebruik soos in 13:19; 28:1,4,5.

Sommige vertalings gee dit weer as welige plantegroei met wederherstel van alle dinge (LXX, Pesjitta, TEV, NJB,

REB, NET-Bybel, NAV). Die koms van die Messias hou die belofte in van vrugbaarheid in die Beloofde Land, vgl. veral

die tweede deel van vers 2.

◙ OAV, NAV, CUM-MVB “Wie in Sion oorgebly het”

CUM-NLV “van die mense wat oorgebly het”

NASB “the survivors of Israel”

Jesaja spreek hulle aan en verwys dikwels na hulle (vgl. 10:20; 37:31,32; Sien Vir Spesiale Aandag by 1:9), maar tot

watter groep rig hy hom in werklikheid? Sien die inleidende frase van vers 2.

3 Joh. 19:19 – vert.

53

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!