01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

LEESSIKLUS DRIE (sien bl. xii)

VOLGENS DIE OORSPRONKLIKE SKRYWER SE BEDOELING OP PARAGRAAFVLAK

Hierdie is ‘n studiegidskommentaar, wat beteken dat jy verantwoordelik is vir jou eie verklaring van die Bybel. Ons

moet elkeen wandel in die lig waaroor ons beskik. Jy, die Bybel en die Heilige Gees is prioriteit in verklaring. Moenie

hierdie voorreg aan ‘n kommentaarskrywer prysgee nie.

Lees die paragraaf in een slag deur. Identifiseer die onderwerpe. Vergelyk jou onderwerpverdeling met die ses

vertalings hierbo. Paragrafering is nie geïnspireerd nie, maar is die sleutel tot die oorspronklike skrywer se bedoeling – die

hart van verklaring. Elke paragraaf het een, net maar één onderwerp.

1. Eerste paragraaf

2. Tweede paragraaf

3. Derde paragraaf

4. Ens.

INSIGTE UIT DIE TEKSVERBAND

A. Gewoonlik het die profete van ‘n drietal tipiese literȇre vorme gebruik gemaak om hulle boodskappe oor te dra:

1. hofprosedures (vgl. vv. 2,18)

2. begrafnisliedere (klaagliedere—vgl. verse 24-26)

3. uitsprake van beloftes

B. ’n Verrassende aspek is dat Jesaja se roeping eers in hoofstuk 6 aan die orde kom. In vers 1 is daar slegs ‘n kort

inleidende opmerking. Nietemin, uit hierdie inleidende opmerking word die tyd en duur van sy bediening

duidelik. Dit is ook duidelik dat slegs ‘n paar uitgesoekte visioene, gedigte en openbaringe laat in sy bediening

deur homself of nadoods deur van sy volgelinge opgeteken is. R. K. Harrison beskou die boek as ‘n bloemlesing.

C. Hoofstuk 1 lyk op ‘n opsomming van die hele boek. Dieselfde temas word deurgaans in sy boek herhaal. Die

opvallendste sondes van Juda wat na sy oordeel tot openbaring kom, is

1. doelbewuste verbreking van die verbond

2. vertroue in vormlikheid en liturgie

3. sosiale onreg

4. afgodery.

Die nagevolge van Levitikus 26 en Deuteronomium 28 moes aan die orde kom as God getrou aan sy woord wou

bly. Dat welbewuste sonde gevolge sou hȇ, staan net so vas as die beloftes van JHWH se liefde, sy sorg en

bewaring. Dit is die twee kante van dieselfde verbond. Dit moet in ag geneem word dat oordeel bedoel was om

die intieme verhouding, wat voor die sondeval in Eden aan die orde was, te herstel.

WOORD- EN FRASESTUDIE

NASB (HERSIENE) TEKS: 1:1-3

1 The vision of Isaiah the son of Amos concerning Judah and Jerusalem, which he saw during the reigns of

Uzziah, Jotham, Ahaz and Hezekiah, kings of Judah.

2 Listen, O heavens, and hear, O earth;

For the LORD speaks,

“Sons I have reared and brought up,

But they have revolted against Me.

3 As an ox knows its owner,

And a donkey its master’s manger,

But Israel does not know,

My people do not understand. ”

Verwys na NAV, OAV, CUM-NLV of CUM-MVB vir die Afrikaans: Jes. 1:1-3.

1:1 OAV “gesig”

NAV “openbaring”

CUM-MVB “visioen van die Here”

CUM-NLV “visioene”

NASB “Vision”

Hierdie term (BDB 302) word in verband met ‘n “openbaringsboodskap” gebruik (vgl. 29:7; Miga 3:6). In 29:7 is die

term “droom” ‘n parallel van “visioen” (vgl. Dan. 7:1). Gewoonlik is drome ‘n nagtelike ervaring, hoewel visioene snags

8

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!