01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

14:29 Filistia word beveel om nie te bly te word (BDB 970, KB 1333, Qal IMPERFEKTUM in JUSSIEF aangewend)

omdat die bose Ryk verslaan is nie. Hulle korttermyn uitkoms is nie blywend nie!

◙ Die laaste twee reëls van vers 29 is dubbelsinnig en onseker. Dit beteken moontlik dat dinge van erg na erger sal verloop.

Die frase “vlieende draak”(NAV) is die NAAMWOORD vir slang (BDB 971 I , vgl 30:6; Num 21:6), bygevoeg die

DEELWOORD van “om te vlieg” (BDB 733, KB 800, Polel DEELWOORD), wat ook vinnige beweging beteken(slaan,

gly, wegspring)

14:30 Die eerste twee reëls verwys die sorg van God vir

1. sy verbondsvolk (vgl v 32) of

2. behoeftiges in die Filistynse gemeenskap

14:31 OAV “Huil, O poort! Skreeu, O stad”

NAV, CUM-MVB “Huil poorte, skreeu stede”

CUM-NLV “Huil, julle Filistynse stede”

NASB “Wail, O Gate; cry, O city”

Hierdie twee IMPERATIEWE

1. huil, BDB 414; KB 413, Hif‘il

2. skreeu, BDB 277, KB 277, Qal

Beskryf die val van die 5 stadstate van die Filistyne, met koning en al.

◙ OAV “Bewe, o ganse land van die Filistyne”

NAV, CUM-MVB “Smelt weg, Filistyneland”

CUM-NLV “Smelt inmekaar van vrees, want elkeen van julle”

NASB “Melt away, O Philistia, all of you”

Die WERKWOORD (BDB 556, KB 555, Nif‘al INFINITIVUS ABSOLUTUS) beskryf die verlammende vrees wat ‘n

hele bevolking aangryp (vgl Eks 15:15; Jos 2:9,24; 1 Sam 14:16).

Let daarop dat hierdie vers die uitwissing van ‘n hele samelewing voorsien (vgl Jer 47 en Amos 1:6-8)

14:31 OAV “en daar is geen afswerwer onder sy skare nie”

NAV “die vyand se manskappe kom aan, almal in gelid”

CUM-MVB “die vyand se manskappe kom aan, word glad nie minder nie”

CUM-NLV “elke soldaat hardloop vorentoe”

NASB “there is no straggler in his ranks”

Dit beskryf ‘n nuwe invalsmag uit Mesopotamië. ‘n Vorige een is uit die weg geruim (vgl v 29), maar ‘n erger een is

oppad (vgl v 29c,d)

◙ OAV “Want uit die noorde kom rook”

NAV, CUM-MVB “Daar kom rookwolke uit die noorde”

CUM-NLV “’n magtige leër kom uit die noorde”

NASB “For smoke comes from the north”

Die ryke van die Vrugbare Halfmaan is oos van Kanaӓn geleë. Weens die woestyn tussen die lande, moes die leërs

langs die Eufraat op beweeg tot by die rivier se oorsprong. Vandaar kon hulle suidwaarts langs die kuslyn af hulle aanvalle

loods. So het dit gebeur dat “noord” ‘n idioom geword het vir invalle, vir wat as sleg en boos ervaar word en vernietiging.

1. Hier dui dit op Assirië en op

2. Neo-Babilon volgens Jer 4:6; 6:1,22; 10:22; 13:20; 15:12; 46:20,24; Eseg 26:7.

BESPREKINGSVRAE

Hierdie is ‘n studiegidskommentaar wat beteken dat jy verantwoordelik is vir jou eie interpretasie van die Bybel.

Elkeen van ons moet in die lig wat ons tot ons beskikking het, loop. Jy, die Bybel en die Heilige Gees is prioriteit in

interpretasie. Moet dit nie aan ‘n kommentaarskrywer oorlaat nie.

Hierdie vrae word verskaf om jou te help dink oor die grootste kwessies van hierdie gedeelte van die boek. Hulle is

veronderstel om gedagteprikkelend te wees, nie voorskrywend nie.

1. Verwys hoofstukke 13 en 14 na Babilonië of Assirië?

2. Maak hoofstukke 13-14 van ‘n werklike koning van Assirië melding of word die titel (koning) net gebruik as

simbool van ‘n algeheel God-onterende regeringswyse?

3. Is hoofstuk 14 ‘n heenwysing op Satan?

4. Het die skrywer demone of diere in gedagte met 13:21-22 en 14:23?

5. Gee jou indruk in een sin van teologiese waarheid in hoofstuk 14.

6. Hoe maak die NT van hierdie profesie gebruik?

144

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!