01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

VOORWOORD DEUR DIE SKRYWER:

HOE KAN HIERDIE KOMMENTAAR VAN NUT WEES?

Skrifuitleg is ‘n rasionele en geestelike proses. Dit poog om die inspirasie van ‘n antieke skrywer te verstaan sodat die

boodskap van God kan deurskemer, en sodoende daagliks toegepas kan word.

Die geestelike proses is van kardinale belang, maar moeilik om te definieer. Dit vereis die tipe oopheid van gemoed wat

totale oorgawe aan God sal toelaat. Daar moet ‘n begeerte wees, eerstens vír Hom; tweedens om Hom te ken; en derdens

om Hom te dien. Hierdie proses behels gebed, belydenis en die bereidwilligheid om veranderinge in jou lewenstyl aan te

bring. Die Gees is van kardinale belang in die interpretasie-proses. Hoekom opregte, toegewyde Christene dus die Bybel

verskillend verstaan, bly ‘n enigma.

Die rasionele proses is makliker om te beskryf. Ons moet konsekwent en regverdig wees in ons interpretasie van die

teks, en waak daarteen om deur persoonlike vooroordele, of dié van ‘n denominasie, beïnvloed te word. Ons is almal

histories gekondisioneerd. Niemand kan heeltemal neutraal en objektief wees tydens vertolking nie. Hierdie kommentaar

bied ‘n weldeurdagte, rasionele proses om sulke vooroordele te oorkom, en is gestruktureer rondom drie verklarende

beginsels.

Eerste Beginsel

Die eerste beginsel is om die historiese konteks waarbinne ‘n Bybelboek geskryf is, in ag te neem. Dit sluit in die

historiese geleentheid wat ontstaan het vir die skrywer om aan te gryp. Die oorspronklike skrywer het ‘n doel gehad met

die teks – ‘n boodskap om oor te dra. Dus kan geen betekenis aan ‘n teks toegeskryf word tensy dit deel was van die

oorspronklike, antieke, geïnspireerde skrywer se bedoeling nie. Sý bedoeling, eerder as historiese, emosionele, kulturele,

persoonlike of kerklike aspirasies, is sleutel tot ‘n verklaring van die teks. Toepassing is ‘n belangrike komponent van

vertolking, maar toepassing moet noodwendig voorafgegaan word deur ‘n grondige interpretasie. Hier is dit nodig om te

herbevestig dat elke Bybelse teks een, en slegs maar één betekenis het. Hierdie betekenis is afhanklik van die bedoeling

wat die oorspronklike skrywer onder leiding van die Gees aan sy tydgenote wou kommunikeer. Die enkele betekenis mag

wel verskeie toepassings hê in verskillende kulture en situasies, maar hierdie toepassings moet skakel met die sentrale

waarheid van die outeur se oorspronklike bedoeling. Daarom is hierdie studiegids-kommentaar ontwerp om ‘n inleiding tot

elke boek van die Bybel te voorsien.

Tweede Beginsel

Die tweede beginsel is om die literêre eenhede te identifiseer. Elke Bybelboek is ‘n eenheidsdokument. Ontleders het

nie die reg om een aspek van die waarheid te isoleer ten koste van ‘n ander nie. Daarom moet ons daarna strewe om die

doel van die Bybelboek in sy geheel te begryp, voordat ons die individuele literêre eenhede begin interpreteer. Die

individuele dele – hoofstukke, paragrawe, of verse – kan nie bedoel wat die hele eenheid nie bedoel nie. Interpretasie moet

vanuit ‘n deduktiewe benadering van die geheel na ‘n induktiewe benadering tot die dele vorder. Hierdie studiegidskommentaar

is as sodanig ontwerp om die student te help om die struktuur van elke letterkundige eenheid, aan die hand

van paragrawe te analiseer. Paragrafering en hoofstuk-verdeling is nie geïnspireerd nie, maar dien as die sleutel tot

bepaling van die oorspronklike skrywer se gedagtegang en bedoeling.

Die sleutel tot die Bybelse outeur se vermeende bedoeling met die teks, is paragraaf-vlak interpretasie – nie sins-, fraseof

woord-vlak nie. Paragrawe is gebaseer op ‘n deurlopende onderwerp, dikwels die tema- of onderwerp-sin genoem. Elke

woord, frase en sin in die paragrawe hou op ‘n manier met mekaar verband om by te dra tot ondersteuning van hierdie

sentrale tema. Hulle beperk dit, verbreed dit, verduidelik dit, en/of bevraagteken dit. ‘n Ware sleutel tot deeglike verklaring

is om die oorspronklike outeur se gedagtegang op ‘n paragraaf-vir-paragraaf basis deur die individuele literêre eenhede wat

die Bybelboek opmaak, te volg. Hierdie studiegids-kommentaar is ontwerp om die student te help met hierdie proses. Ten

einde die teks te ontsluit, word verskeie moderne Engelse vertalings met mekaar vergelyk. Hierdie vertalings is gekies op

grond van die verskillende vertalingsteorieë wat hulle huldig.

1. The United Bible Society’s Greek Text is die vierde gewysigde weergawe (UBS

viii

4 ). Paragraafindeling is hier deur

moderne tekskundiges behartig.

2. The New King James Version (NKJV) is ‘n woord-vir-woord letterlike vertaling gebaseer op die Griekse

manuskrip-tradisie bekend as die Textus Receptus. Sy paragraafindelings is langer as die ander vertalings.

Hierdie langer eenhede help die student om die breë bedoeling van die onderwerpe as ‘n geheel te verstaan.

3. The New Revised Standard Version (NRSV) is ‘n gewysigde woord-vir-woord vertaling. Dit vorm ‘n middeweg

tussen die volgende twee moderne vertalings. Sy paragraafindelings is redelik hulpvaardig in die identifisering

van onderwerpe.

4. The Today’s English Version (TEV) is ‘n dinamiese eweknie-vertaling wat deur die United Bible Society

gepubliseer is. Dit poog om die Bybel op ‘n manier te vertaal dat ‘n moderne Engelse leser of spreker die

betekenis van die Griekse teks sal begryp. Dikwels (en spesifiek ook in die evangelies) word paragraafindelings

volgens spreker gedoen eerder as onderwerp. Hierdie metode word ook deur die NIV gebruik. Vir die ontleder se

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!