01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

15 “So when you spread out your hands in prayer,

I will hide My eyes from you;

Yes, even though you multiply prayers,

I will not listen.

Your hands are covered with blood. ”

Verwys na NAV, OAV, CUM-NLV of CUM-MVB vir die Afrikaans: Jes. 1:10-15.

1:10-15 Israel bied godsdienstigheid aan as verdediging teen die aanklagte van God in verse 2-6.

1:10 OAV “Hoor. . . luister”

NAV, CUM-MVB “Luister. . . gee ag”

CUM-NLV “Luister. . . luister”

NASB “Hear. . . give ear”

Die twee IMPERATIEWE (bevele) van vers 2 word hier herhaal.

◙ OAV “owerstes van Sodom. . . volk van Gomorra”

NAV, CUM-MVB “julle Sodomsleiers. . . julle Gomorrasvolk”

CUM-NLV “Julle regeerders van Sodom. . . julle mense van Gomorrah”

NASB “You rulers of Sodom. . . You people of Gomorrah”

Juda is met Sodom en Gomorra vergelykbaar. Die leiers en bevolking is moreel korrup. Nes die geval met goj in vers

4, was hierdie aantuiging ‘n skok vir die bondsvolk.

◙ OAV “wet”

NAV, CUM-MVB “wat ons God julle leer”

CUM-NLV “bepalings”

NASB “instruction”

NKJV “law”

NRSV, TEV “teaching”

Die term Tora is hier ter sprake (BDB 435). Let op hoe wyd die bevolking geraak word, want Tora kan (1) die Skrif,

(2) die prediking van die profete of (3) die onderrig van die priesters beteken. Hulle het God se geopenbaarde wil geken,

maar nagelaat om dit uit te leef.

1:11 OAV “Wat het Ek aan die menigte van julle slagoffers”

NAV, CUM-MVB “wat het Ek aan julle baie offers”

CUM-NLV “Ek is siek van julle offers”

NASB “what are your multiplied sacrifices to Me?”

Neem in ag dat hierdie nie ‘n afwysing van die offergebruike was nie, maar ‘n teregwysing van die gesindheid

waarmee offers gebring is (vgl. 29:13; Hos. 6:6; Amos 5:21-27; Miga 6:6-8). Godsdiensgebruike kan nut hȇ as dit met die

regte gesindheid teenoor God beoefen word (vgl. Ps. 50). Sien i.d.v. Hard Sayings of the Bible, bl. 207-208, 274-275.

◙ OAV, NAV “Ek is sat van”

CUM-MVB “Ek het genoeg gehad”

CUM-NLV “Ek is siek”

NASB “I have had enough”

Die WERKWOORD (BDB 959, KB 1302 — Qal-PERFEKTUM) beteken “opgeblaas” en “versadig. ”

◙ OAV, NAV, CUMs “brandoffers”

NASB “burnt offerings”

Hierdie offers is totale verbranding wat op algehele oorgawe aan God sinspeel.

◙ OAV “die vet van vetgemaakte kalwers”

NAV, CUM-MVB “die vet van voerbeeste”

CUM-NLV “die vet van julle ramme”

NASB “The fat of fed cattle”

Vir hierdie offer is vet uit die binnegoed geneem, wat beteken het dat die offerande as gemeenskapsmaal met God, met

die priester, met familie, vriende en met die bure geniet kon word. Die vleis van groter diere kon nie gestoor word nie en

moes onmiddellik geëet word.

◙ OAV “Ek het geen behae in”

NAV “staan My nie aan nie”

CUM-MVB “Ek het geen behoefte daaraan nie”

CUM-NLV “wil Ek nie hȇ nie”

NASB “I take no pleasure in”

20

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!