01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

CUM-NLV “al die groot handelskepe en klein bote in die hawe”

NASB “all the ships of Tarshish”

Sien die aantekening by 23:1.

2:17 Hierdie is ‘n parallel van vers 11, behalwe dat die omgekeerde gebeur en die kwaadwillige leiers en welvarendes, wat

die armes en nederiges onderdruk het (vers 9), nou aan die ontvangkant is. Heelwat uitleggers sien hierdie vers as die

opsommende tema van die hele boek.

2:18 Afgodery sal algeheel verval (vgl. 21:9) omdat dit aanbidding van “niksheid” is (vgl. 30:22; 31:7; 40:18-20; 44:9-20;

46:5-7).

2:19 OAV “as Hy Hom gereedmaak om die aarde te verskrik”

NAV, CUM-MVB “As die HERE die aarde begin skud”

CUM-NLV “Wanneer die HERE opstaan om die aarde te skud”

NASB “When He arises to make the earth tremble”

Hierdie eerste WERKWOORDVORM “opstaan/gereedmaak” (BDB 877, KB 1086, Qal-INFINITIVUS

KONSTRUKTUS kan beteken

1. op die toneel verskyn, Eks. 1:8; Deut. 34:10; Rigt. 5:7; 2 Kon. 23:25

2. opstaan vir aksie (vanaf` sy troon), Num. 10:35; 2 Kon. 6:41; Job 31:14; Ps. 76:9; 132:8

Die tweede WERKWOORDVORM “verskrik/skud” (BDB 791, KB 888, Qal-INFINITIVUS KONSTRUKTUS),

beskryf die fisieke skepping as die Skepper daaraan naderkom (vgl. 13:13; 24:1, 19,20; Ps. 18:7-8; Hag. 2:6). JHWH kan

kom om te seën of om te oordeel. In hierdie konteks is dit om te oordeel!

2:20-21 Ter verduideliking van die eerste reëltjie van vers 10 word nou aangedui dat mense vir God sal wil wegkruip

1. in die grotte van rante (vgl. vers 21)

2. in gate in die grond

Hulle sal van hulle eens so kosbare afgode probeer ontslae raak deur

1. dit weg te gooi vir die molle (die betekenis van die woord is onseker. Die LXX het “ydelgoed”; REB het

“miskruiers”; JPSOA het “vlieënde jakkalse” [‘n soort vlermuis, wat die frase in parallel bring met die volgende

versreël in die gedig] vgl. BDB 343). ‘n Verband met die WERKWOORD “om te begrawe” is moontlik (vgl.

BDB 343).

2. dit vir die vlermuise te gooi

Hierdie twee verse bestaan uit ‘n reeks INFINITIVUS KONSTRUKTUS.

1. “om te aanbid” (letterlik “neer te buig”), BDB 1005, KB 295, Histaf‘el-INFINITIVUS KONSTRUKTUS

2. “vir die molle,” (letterlik “om te grawe”) BDB 343, KB 340, Qal-INFINITIVUS KONSTRUKTUS

3. “om te gaan in” BDB 97, KB 112, Qal-INFINITIVUS KONSTRUKTUS

4. “opstaan” BDB 877, KB 1086, Qal-INFINITIVUS KONSTRUKTUS; dieselfde as reël 5 van vers 19

5. “skud” (letterlik “verskrik,” BDB 791, KB 888, Qal-INFINITIVUS KONSTRUKTUS, dieselfde as vers 19, die

5de reël.

In die IVP Bible Background Commentary, “‘n Sumeriese Lied van Enheduanna, gerig aan die godin Inanna (derde

millennium v.C.) skets hoedat die gode soos vlermuise na hulle grotte vlug uit die verskriklike teenwoordigheid van die

godin” (bl. 588). Die moontlike gedagte hier is dat die gode wat hulleself nie kan beweeg nie, deur insekte (miskruiers) of

ander diere, wat gate grawe, onder die grond ingewerk word in hulle soeke na skuiling voor die koms van JHWH.

2:22 JHWH wil dat daar respek vir menslike lewe sal wees (NASB “cease; OAV “Laat staan tog die mens”, (BDB 292,

KB 292, Qal-IMPERATIEF), want dit is God se gawe aan die mens (“asem”, ruach.). Die mens se bestaan is kortstondig,

(vgl. Ps. 144:3-4), maar dat dit God se gawe is, kan ateїstiese humanisme gerus van kennis neem!

42

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!