01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Jesaja tree nie as evangelis op nie, maar as profeet wat oor die gevolge van verbondsverbreking handel (vgl. Mat. 13:13;

Mark. 4:12; Luk. 8:10). Sy boodskap van hoop is nie vir sy dag nie, maar vir die toekoms.

6:7 OAV “bestryk”

NAV, CUMs “blind”

NASB “dim”

Hierdie “bestryk” beteken letterlik dat die oë met afskeidings besmeer sal wees (vgl. 29:9; 32:3 en BDB 1044, KB

1427).

◙ OAV, NAV, CUM-MVB “bekeer”

CUM-NLV “na My toe draai”

NASB “repent”

In die OT beteken dié woord “verandering van optrede” en in die NT “verandering van denke”; beide is toepaslik in

die konteks (BDB 996, KB 1427).

VIR SPESIALE AANDAG: BEKERING IN DIE OU TESTAMENT

Dis ‘n belangrike begrip, hoewel moeilik om te definieer. Die meerderheid van ons definisies is uit ons

denominasionele verbintenis afkomstig. Alhoewel teologiese definisies op Hebreeuse en Griekse woorde berus, moet

onthou word dat die basis van die definisie nie heeltemal op die OT berus nie, omdat (met uitsondering van Lukas) die NTskrywers

in Koine Grieks, Hebreeuse denkers was. Dit vereis dat die Hebreeuse terme self ondersoek moet word. Daar is

hoofsaaklik twee terme.

1. nhm (vgl. BDB 636, KB 688)

2. swb (vgl. BDB 996, KB 1427)

Die eerste nl. nhm, wat blykbaar oorspronklik beteken het “om die asem diep in te trek” word in ‘n verskeidenheid

verbande gebruik.

a. “Rus” of “vertroos” (Gen. 5:29, 24:66, 27:42; 37:35; 38:12; 50:12); dit kom dikwels ook in name voor: 2 Kon.

15:14; 1 Kron. 4;19; Neh. 1:1; 7:7; Nahum 1:1).

b. “bedroef” (Gen. 6:6,7)

c. “spyt kry” (Eks. 13:17; 32:13,14; Num. 23:19)

d. “ontferm” (Deut. 32:36)

Let op die diepte van emosie! Dit is die kern van die saak! Opregte gevoel wat tot optrede lei! Dit is gewoonlik

verandering van optrede teenoor medemense en God. Die verandering van gesindheid teenoor God maak dit teologies van

belang. Maar versigtigheid is hier van pas. Van God word ook gesȇ dat Hy “bedroef” was (“repent”), maar dit het met

foutmaak of sonde in sy geval niks te doen nie (Gen. 6:6,7; Eks. 32:14; Rigt. 2:18; 1 Sam. 15:11,35; Ps. 106:45), eerder

toon dit sy ontferming en sorg op hierdie geyk-literȇre wyse (vgl. Num. 23: 19; 1 Sam. 15:29; Ps. 110:4; Jer. 4:27-28;

Eseg. 24:14). Verdiende straf oor sonde en wederstrewigheid word vergewe wanneer die sondaar hom/haar/hulle opreg van

die verkeerde afkeer en tot God terugkeer.

Aangesien hierdie term ‘n baie wye betekenisveld het, is konteks belangrik vir korrekte bepaling van betekenis.

Die tweede term “swb” beteken “om (weg van) te draai” of “(na toe) te draai.” Omdat dit so is dat die verbond

“bekering” en “geloof” vereis (vgl. Mat. 3:2; 4:17; Mark. 1:4,15; 2:17; Luk. 3:3,8; 5:32; 13:3,5; 15:7; 17:3), verwys nhm

na die intensiteit van gevoel by insig in die sonde en die wegdraai daarvan, terwyl swb die inkeer/omkeer na God toe

weerspieël. ‘n Goeie voorbeeld hiervan is in Amos 4:6-11 te vinde; vyf keer word Israel daaroor aangespreek dat hulle nie

JHWH “teruggekeer” het nie en in 5:4,6,14 word hulle gemaan om die HERE te soek en nie slegte dinge nie!

Die eerste uitstaande voorbeeld van die krag van berou, is Dawid na sy sonde met Batseba (vgl. 2 Sam. 12; Ps. 32 en

Ps. 51). Die gevolge daarvan vir Dawid, vir sy familielewe en vir Israel het voortgeduur, maar hy was herstel in

gemeenskap met God. Selfs die slegte Manassa kon bely en vergifnis ontvang (vgl. 2 Kron. 33:12-13).

Albei die terme word langs mekaar in Ps. 90:13 gebruik. Sonde moet erken word en ‘n persoonlike en vasberade

wegdraai daarvan is nodig; daarmee saam ‘n begeerte om God en sy geregtigheid te soek (Jes. 1:16-20). Bekering het ‘n

kennisaspek (kognitief), ‘n persoonlike aspek en ‘n morele aspek. Al drie is nodig om ‘n nuwe verhouding met God te

begin wat volgehou kan word. Die diepe ervaring van berou gaan oor in ‘n volgehoue toewyding aan God en tot sy saak!

6:11 OAV “hoe lank?”

NAV, CUM-MVB “tot wanneer?”

CUM-NLV “hoe lank moet ek dit doen?”

NASB “how long”

Die vraag wil weet hoe lank die verwerping van God se boodskap sal aanhou.

6:12 OAV “die mense ver verwyder het”

NAV, CUM-MVB “die mense ver weggevoer het”

CUM-NLV “elkeen na ver lande weggejaag het”

NASB “has removed men far away”

79

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!