01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hiermee word ballingskap bedoel. Of dit ‘n geval was dat Assirië die noordelike stamme sou wegvoer en Babilonië

die suidelikes, is onseker, maar die dubbelsinnigheid is dalk so bedoel.

6:13 OAV “En as nog ‘n tiende deel daarin is”

NAV, CUM-MVB “Selfs al is daar net ‘n tiende oor”

CUM-NLV “Al bly daar net ‘n tiende oor”

NASB “Yet there will be a tenth portion in it”

Sien Vir Spesiale Aandag by 1:9. (1) Let op 7:3 die verwysing na Jesaja se seun, Sear Jasub, wat beteken dat ‘n

oorblyfsel sal terugkeer en (2) die bespreking by 10:20-22.

◙ OAV “die land verwoes is tot ‘n wildernis”

NAV, CUM-MVB “sal die land nog verder verwoes word”

CUM-NLV “sal die land weer binnegeval en verbrand word”

NASB “it will be subject to burning”

Die twee reëltjies (b) en (c) kan op twee maniere verstaan word.

1. Literȇr gesproke, God se volk is metafories ‘n groot boom wat afgekap en verbrand is, maar ‘n stomp het

oorgebly waarin lewe is. ‘n Loot sal daaruit groei (die Messiaanse gemeenskap, vgl. 4;2; 11:1; 53:2; Jer. 23:5;

33:15; Sag. 3:8; 6:12). Maar die verbranding, as probleem van die toekoms, bly!

2. Histories-kultureel gesproke, sal die Kanaӓnitiese vrugbaarheidsgode (die Asjeras) afgebrand word. Op ‘n dag sal

God se volk van afgodery verlos wees!

◙ OAV “as hulle afgekap word ‘n stomp oorbly”

NAV, CUM-MVB “’n stomp bly staan wanneer dit afgekap word”

CUM-NLV “agterbly soos die stomp wat afgekap is”

NASB “Whose stump remains as it is felled”

Twee sleutelwoorde in die OT kom net hier in vers 13 voor:

1. “Omgekap,” die wortelstam word ook gebruik vir ‘n tempel se hek (BDB 1021 I, vgl. 1 Kron. 26:16). Die

wortelstam van die woord beteken basies “om te gooi”, “om te werp” of “te slinger.”

2. “stump” BDB 663, wat eintlik heilige “klipsuile” beteken soos

a. deur die Aartsvaders en Moses en

b. deur Kanaӓnitiese vrugbaarheidsaanbidders (Baӓls) beskou.

◙ OAV “so sal die heilige geslag die stomp daarvan wees”

NAV, CUM-MVB “so sal daar vir die land ‘n stomp oorbly; die heilige geslag”

CUM-NLV “soos die stomp en heilige saad wat weer groei”

NASB “the holy seed is its stump”

Hierdie, soos in 4:2, het Messiaanse konnotasies. Sien die aantekening by Jes. 11:1. Hierdie frase ontbreek in die

Septuaginta.

BESPREKINGSVRAE

Hierdie is ‘n studiegidskommentaar wat beteken dat jy verantwoordelik is vir jou eie interpretasie van die Bybel.

Elkeen van ons moet in die lig wat ons tot ons beskikking het, loop. Jy, die Bybel en die Heilige Gees is prioriteit in

interpretasie. Moet dit nie aan ‘n kommentaarskrywer oorlaat nie.

Hierdie vrae word verskaf om jou te help dink oor die grootste kwessies van hierdie gedeelte van die boek. Hulle is

veronderstel om gedagteprikkelend te wees, nie voorskrywend nie.

1. Waarom was Jesaja deur die dood van Ussia so diep aangegryp?

2. Vir wie het Jesaja gesien?

3. Hoekom is Jesaja se boodskap verwerp?

4. Is daar enige vergelyking tussen Jesaja se tyd en ons tyd?

80

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!