01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

NAV, CUM- “terug na die wet en getuienis van die HERE”

MVB

CUM-NLV “Gaan terug na wat die HERE gesȇ het”

NASB “To the law and the testimony”

Die NRSV- en die REB- vertalings sien hierdie frase as slotdeel van die sin waarmee in vers 19 begin is. God se volk

moet Hom opsoek (d.w.s. 19:3; 31:1) én na sy woord en nie hulle na die dode wend vir waarheid en vir lewe nie!

Valse praters beskik nie oor waarheid nie, want hulle beskik oor geen lig nie (“sonder ‘n toekoms,” (vgl. 47:12-13).

God het sy boodskap aan sy profete gegee, op skrif (8:1,2,16).

8:21 Al die WERKWOORDE in vers 21 en 22 is ENKELVOUD, vgl. die NJB. Dit dui op die Verbondsvolk. Hulle het na

kennis in vals godsdienste gesoek en gewonder hoekom sulke

gode geen voorspoed kon bring nie. Vooruitgang is een van die verbondsbeloftes in Deut. 27-28, maar onlosmaaklik

verbind aan verbondsgehoorsaamheid!

Uiteindelik, na soveel oordeel in hul boerderybestaan, vgl. v 22; 5:13-17, sal hulle kwaadpraat oor hulle

gemeenskapsleiers en hulle vals gode (vgl. die NRSV en die REB wat hierin die LXX volg).

Dit is moontlik dat die “kwaadpraat” ‘n verband het met Eks 22:28 en Lev. 24:15-16. Dit dan sou nog ‘n keer

verbreking van verbondsverpligtinge wees. My siening is egter dat die konteks van vv 19-22 dit met valse gode in verband

plaas.

8:22 Hierdie vers moet by hoofstuk 9 gereken word. Die konteks is die kontras tussen newelagtige donkerheid en die lig.

Let op die parallel in 5:30. Hierdie donkerte was die teenoorgestelde van JHWH se doel met sy skepping aan die begin (Jer

4:23-26,27-28).

99

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!