01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Lees die paragraaf in een slag deur. Identifiseer die onderwerpe. Vergelyk jou onderwerpverdeling met die ses

vertalings hierbo. Paragrafering is nie geïnspireerd nie, maar is die sleutel tot die oorspronklike skrywer se bedoeling – die

hart van verklaring. Elke paragraaf het een, net maar één onderwerp.

1. Eerste paragraaf

2. Tweede paragraaf

3. Derde paragraaf

4. Ens.

INSIG UIT DIE TEKSVERBAND

A. Daar was vele menings oor die verband tussen 14:12-21 en Satan. Vir my wil dit voorkom of ons die historiese

konteks en die spesifieke literȇre benadering van Jesaja ernstig moet neem. Daarmee bevestig ons dat

oorspronklik hiermee die koning van Babilon bedoel was (of konings van Assirië na Assurbanipal). Nietemin, die

probleem van die koning van Babilon was, soos die geval was met alle skepsels wat oor selfbewussyn beskik, sy

hoogmoed. Met ‘n terugblik op Gen 3;5 word dit duidelik hoe graag die mens soos God wou wees! Die sonde het

nie net die wȇreld van mense affekteer nie, maar ook dié van engele (vgl Dan 4; 11:36; Eseg 28:13 vv; 2 tes 2:4).

Vir my lyk dit of Babilon in bybelse taal ‘n vorm van algeheel godloos-gesekulariseerde regering was (vgl Openb

14:8; 16:9; 17:5; 18:2,10,21). Die koning is ‘n tipe van leierskap uit die bose. Die slegte konings uit die wȇreld

van die Ou Testament was deur hulle nasionale gode geїnspireer (vgl Dan 10: 13, 20). Uit die NT kom ons te wete

van persoonlike mag agter die kwaad, naamlik Satan. Die veronderstelling dat hierdie hoofstuk na satan verwys,

volg uit

1. Hieronimus se Vulgaat (Latyn) wat vers 12 met “Lusifer” vertaal het

2. Tertulianus en Gregorius die Grote wat ‘n verband tussen hierdie beskrywing en Luk 10:18 gesien het

3. Ook het hierdie gedeelte as agterdoek vir Dante se Inferno en Milton se Paradise Lost gedien.

B. Sien die Vir Spesiale Aandag wat hier volg.

VIR SPESIALE AANDAG: SATAN

Hierdie is ‘n moeilike onderwerp om ‘n verskeidenheid van redes.

1. Die OT openbaar nie ‘n aartsvyand teen die goeie nie, maar ‘n dienskneg van JHWH wat die mensdom ‘n

alternatief aanbied en van onopregtheid beskuldig.

2. Die konsep van ‘n persoonlike aartsvyand van God het gedurende die tussenstadium van nie-kanoniese literatuur,

onder invloed van Persiese godsdiens (Zoroastrianisme) ontwikkel. Dit het ook die Judaïsme van die rabbyne

beïnvloed.

3. Die NT volg die OT gedagtes verbasend sterk, maar in selektiewe kategorieë.

Benader ‘n mens die bestudering van die bose uit perspektief van Bybelse teologie, sodat ‘n mens elke boek of

skrywer se idee afsonderlik kry, kom erg verskillende beskouinge na vore.

Sou ons die studie van die bose vanuit ‘n nie-bybelse oogpunt, of vanuit wêreldgodsdienste, of oosterse godsdienste

benader, dan sien ons baie van die ontwikkeling in die NT is deur Persiese dualisme en Grieks-Romeinse spiritualiteit

voorafgegaan.

As ‘n mens dan tot die vooronderstelling verbind is dat die Skrif met goddelike gesag spreek, kan ‘n mens nie anders

nie as om tot die gevolgtrekking te kom dat voortgaande, progressiewe openbaring in die NT aan die orde is. Christene

moet op hul hoede wees vir die gevaar dat Joodse oorleweringe of westerse literatuur (bv Dante of Milton) inhoud opdring

aan die bybelse konsep. Daar is sekerlik misterie en meerduidigheid in hierdie faset van openbaring. God het verkies om

nie alle aspekte van die bose te openbaar nie, byvoorbeeld die ontstaan daarvan of die doel daarvan. Wat Hy wel openbaar

het, is die onderwerping daarvan.

In die OT term “Satan” (BDB 966) of aanklaer skyn daar drie verskillende groepe betrokke te wees:

1. mense as aanklaers (1 Sam 29: 4; 2 Sam 19:22; 1 Kon 11:14,23,25; Ps 109:6)

2. engele as aanklaers (Num 22:22-23; Sag 3:1)

3. demone as aanklaers (1 Kron 21:1; 1 Kon 22:21; Sag 13:2)

Eers later gedurende die intertestamentêre tyd, tussen die laaste boek van die OT en die ontstaan van die NT geskrifte,

het nie-kanonieke (apokriewe) geskrifte ontstaan waarin die slang met Satan verbind word (die Boek van Wysheid 2:23-

24; 2 Henog 31:3). Eers baie later het die rabbyne dié gedagte oorgeneem (vgl Sot 9b en Sanh. 29a). In 1 Henog 54:6 word

die “seuns van God” (Gen 6) “engele” genoem. Ek opper dit nie as juiste teologie nie, maar bloot om die, ontwikkeling aan

te toon. In die NT word sulke OT aktiwiteite aan engelagtige wesens toegeskryf, dit wil sê gepersonifieerde boosheid en dit

lei tot die Satan-konsep (vgl 2 Kor 11:3; Openb 12:9).

Die ontstaan van gepersonifieerde boosheid is moeilik, of onmoontlik (afhangende van u kyk op sake) aanduibaar in

die OT. Een rede hiervoor is die streng monoteïsme wat in die OT aangehang word (vgl 1 Kon 22: 20:22; Pred 7:14; Jes

135

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!