01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

eїnvloed. Dit was ‘n skrikwekkende gedagte, gelyk aan ‘n vervloeking om nie ‘n begrafnis te hȇ nie (vgl. 1 Sam. 31:8-

13).

VIR SPESIALE AANDAG: BEGRAFNISPRAKTYKE

I. Mesopotamië

A. ’n Behoorlike begrafnis was as noodsaaklik beskou vir ‘n gelukkige hiernamaals.

B. ’n Tipiese Mesopotamiese vervloeking het gelui, “Mag dit jou/julle oorkom dat die aarde julle lyke nie

ontvang nie!”

II. Ou Testament

A. ’n Behoorlike begrafnis was baie belangrik (Pred. 6:3)

B. Dit het baie gou op die dood gevolg (vgl. Sara in Gen. 23 en Ragel in Gen. 35:19; asook Deut. 21:23).

C. ’n Onwaardige inspit van die lyk is as teken van verwerping weens sonde beskou.

1. Deut. 28:26

2. Jes. 14:20

3. Jer. 8:2; 22: 19

D. Indien uitvoerbaar is lyke in familiegrafte van tuisomgewing weggelȇ.

E. Balseming soos in Egipte was nie aan die orde nie. Die mensdom het uit stof ontstaan en moet daarheen

terugkeer (vgl. Gen. 3:19; Ps. 103:14; 104:29).

F. Aangesien rabbynse Judaїsme aanraking van ‘n lyk as seremoniële ‘verontreiniging’ beskou het, het ‘n

spanning ontstaan om die liggaam vir ‘n waardige begrafnis voor te berei.

III. Nuwe Testament

A. Begrafnis het gou na die dood gevolg, binne 24 uur. Dan het die Jode die graf vir drie dae lank dopgehou

omrede hulle geloof dat in so ‘n tydsbestek die siel kan terugkeer (vgl. Joh. 11:39).

B. Vir ‘n begrafnis is die liggaam gewas en in doeke met speserye toegedraai (vgl. Joh. 11:44; 19:39-40).

C. Joodse en Christelike begrafnisse het tydens die eerste eeu in Palestina nie ingrypend veel van mekaar verskil

nie; gebruiksartikels, byvoorbeeld, is nie in grafte geplaas nie.

NASB (HERSIENE) TEKS: 5:26-30

26 He will also lift a standard to the distant nation,

And will whistle for it from the ends of the earth;

And behold it will come with speed swiftly.

27 No one in it is weary or stumbles,

None slumbers or sleeps;

Nor is the belt at its waist undone,

Nor its sandal strap broken.

28 Its arrows are sharp and all its bows are bent;

The hoofs of its horses seem like flint and its chariot wheels like a whirlwind.

29 Its roaring is like a lioness, and it roars like young lions;

It growls as it seizes its prey

And carries it off with no one to deliver it.

30 and it will growl over it in that day like the roaring of the sea.

If one looks to the land, behold, there is darkness and distress;

Even the light is darkened by its clouds.

Verwys na NAV, OAV, CUM-NLV of CUM-MVB vir die Afrikaans: Jes. 5:26-30.

5:26 OAV “En Hy sal ‘n banier ophef vir die nasies in die verte”

NAV “Uit die verte versamel Hy ‘n nasie onder sy vaandel”

CUM-MVB “Uit die verte versamel Hy ‘n nasie onder sy oorlogsbanier”

CUM-NLV “Hy sal ‘n teken gee vir nasies wat ver weg is”

NASB “He will also lift up a standard to the distant nations”

‘n “Vaandel” (BDB 651 ) was ‘n manier wat leërmagte gebruik het om te kommunikeer (vgl. 11:12; 18:3; 30:17; 31:9;

49:22). Enersyds kan dit positiewe kommunikasie impliseer of negatief kan dit ‘n teken aan vyandige leërs wees om tot die

aanval oor te gaan. Die konteks hier bepaal dat dit om oorlog gaan.

In ander opsigte is hierdie ‘n vers van belang: (1) Dit verklaar dat God in beheer van die geskiedenis sowel as die

natuur is; (2) Dit is ook belangrik dat God sy vaandel oplig vir heidennasies. Talle persone het dit as ‘n verwysing na Deut.

28:40-57 beskou.

Wat Jesaja betref, verwys dit ook na insluiting van die heidennasies (vgl. Jes. 1:2-4; 11:9,10,11; 27:13; 49:22; 56:7;

62:10; 66:19)!

Die term “nasies” (gojim) is MEERVOUD in die Masorete Teks. Die meeste hedendaagse vertalings het dit

ENKELVOUD gemaak, alhoewel die MEERVOUD op huursoldate vanuit talle nasies kan dui. Assirië en Babilonië het

soldate uit leërs wat hulle verslaan het, in hulle weermag opgeneem.

69

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!