01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Let daarop dat in die Engelse teks “in prayer” in skuinsdruk staan. Dit is aanduiding dat die spesifieke woorde in die

Hebreeuse teks ontbreek (vgl. ook OAV). Die algemene gebedshouding van die Jode was hande omhoog uitgestrek (vgl.

Eks. 9:23,29,33; 1 Kon. 8:38,54; 2 Kron. 6:12) en oop oë na die hemel opgehef (vgl. Joh. 11:41; 17:1). JHWH verhoor nie

die gebede van die sondige Judeërs in nood nie (vgl. 8:17; 54:8; 59:2; Deut. 31:17; Jer. 11:11; Eseg. 8:18) omdat hulle in

gebed na Hom kom met dieselfde gesindheid waarin hulle offers bring. Nes baie offers JHWH nie beїndruk nie, sal dit ook

die geval wees met baie gebed, wat sonder opregte geloof en belydenis geskied.

◙ OAV, CUM-NLV “julle hande is vol bloed (van onskuldige slagoffers)”

NAV, CUM-MVB “want julle hande is met bloed bevlek”

NASB “Your hands are covered with blood”

Dit dui op gewelddadige optrede met die doel om onskuldiges dood te maak (vgl. CUM-NLV).

NASB (HERSIENE) TEKS: 1:16-17

16 “Wash yourselves, make yourselves clean;

Remove the evil of your deeds from my sight.

Cease to do evil,

17 Learn to do good;

Seek justice,

Reprove the ruthless,

Defend the orphan,

Plead for the widow.”

Verwys na NAV, OAV, CUM-NLV of CUM-MVB vir die Afrikaans: Jes. 1:16-17.

1:16-17 Die profeet gee uitdrukking aan wat vir JHWH belangrik is in ‘n reeks bevele:

1. was julleself, BDB 934, KB 1220, Qal-IMPERATIEF

2. maak julleself skoon, BDB 269, KB 269, Hitpael-IMPERATIEF

3. verwyder die onreg, BDB 693, KB 747, Hitpael-IMPERATIEF

4. hou op om kwaad re doen, BDB 292, KB 292, Qal-IMPERATIEF

5. leer om goed te doen, BDB 540, KB 531, Qal-IMPERATIEF

6. soek geregtigheid, BDB 205, KB 233, Qal IMPERATIEF

7. vermaan die ongenadiges/ bestraf die verdrukker, BDB 80, KB 97, Piel-IMPERATIEF

8. verdedig die wese, BDB 1047, KB 1622, Qal-IMPERATIEF

9. kom op vir die weduwee se saak, BDB 936, KB 1224,Qal-IMPERATIEF

Let daarop hoe die wil van JHWH neerkom op geregtigheid wat met omgee te doen het (vgl. Mat. 25:31-46). ‘n Mens

kan nie met God in ‘n regte verhouding verkeer terwyl haat en verwaarlosing teenoor ‘n verbondsbroer of suster geskied

nie.

Soms is daar onduidelikheid oor wat Bybelse geloof beteken. Is dit op die karakter van God gebaseer, op sy genade en

goedgesindheid, of op mede-gelowiges se optrede? Sekerlik op die karakter van God! ‘n Goeie voorbeeld van die

wederkerigheid wat in die verbond aanwesig moet wees (wat altyd deur God geїnisieer word) word duidelik as ‘n mens

Eseg. 18:31 met Eseg. 36:26-27 vergelyk. (Sien i.d.v. ook Ef. 2:8-9,10)!

VIR SPESIALE AANDAG: OOSTERSE LITERATUUR

Hoe om Bybelse paradokse te verstaan!

1. Omdat ek die Bybel as God se Woord liefhet en vertrou, was hierdie insig vir my verstaan van die Bybel besonder

nuttig. As jy die Bybel ernstig opneem, moet jy weet dat verskillende tekste waarhede nie sistematies aanbied nie,

maar op ‘n eensydige manier. Die een teks onder inspirasie kan ‘n ander teks onder inspirasie dus nie

uitkanselleer nie. Waarheid bestaan daarin dat die Skrif in geheel ernstig geneem word. Dit is nie so dat net

sommige dele van die Skrif geїnspireer is nie (vgl. 2 Tim. 3:16-17). Waak teen aanhaling van enkele tekste as

“bewysplase”.

2. Die meeste Bybelse waarhede in Oosterse literatuur word in dialektiese pare of paradokse aangebied. ‘n Mens

moet onthou dat die skrywers van die NT, met uitsondering van Lukas, Hebreeuse denkers was wat in alledaagse

Grieks geskryf het. Die Wysheidsliteratuur en P̶oëtiese Literatuur bied waarheid altyd in parallelle verspare aan.

Wanneer die versreëls mekaar weerspreek, kry ons paradoks. Sintetiese parallellisme kan egter op ‘n manier

verskil, maar bly in beide gevalle “waar”. Hierdie paradokse veroorsaak grote ongemak vir almal wat met

geliefkoosde, oorvereenvoudigde tradisies op pad is. Soos byvoorbeeld

a. uitverkiesing teenoor die menslike vrye wil

b. die geloofsekerheid, ja, maar jy moet ook volhard

c. die oorspronklike sondeval is feit, maar persoonlike sonde moet afgelȇ word

d. Jesus is God, maar ook mens

e. Jesus is gelyk aan die Vader, maar is ook aan Hom onderdanig

f. die Bybel is God se woord, maar is ook deur mense geskryf

22

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!