01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

c. parafrasering (Living Bible, Amplified Bible, CUM-MVB)

2. Soek vir literêre of grammatiese strukture

a. herhaalde frases (Ef. 1:6, 12, 13)

b. herhaalde grammatiese strukture (Rom. 8:31)

c. kontrasterende konsepte

3. Lys die volgende items:

a. noemenswaardige terme

b. ongewone terme

c. belangrike grammatiese strukture

d. besonder moeilike woorde, frases of sinne

4. Soek vir relevante parallelismes

a. soek vir die duidelikste passasie oor jou onderwerp deur die volgende te gebruik:

(1) “sistematiese teologie”-boeke

(2) verwysing-Bybels

(3) ooreenstemmings

b. Soek vir ‘n moontlik paradoksale paar binne jou onderwerp. Baie Bybelse waarhede word daargestel in

dialektiese pare; heelwat konflik tussen denominasies is te wyte aan letterlik lees van ‘n halwe Bybelse

stelling. Die hele Bybel is geïnspireer en ons moet poog om sy volledige boodskap te verstaan om

sodoende ‘n gebalanseerde perspektief oor die Skrif in ons interpretasie te hê.

c. Soek vir parallelle binne dieselfde boek, werk van dieselfde outeur of uit dieselfde genre; die Bybel is sy

eie beste ontleder omdat hy slegs een outeur het: die Gees.

5. Gebruik studiegidse om jou historiese skets en ander konteks-elemente na te gaan:

a. studie-Bybels

b. Bybel ensiklopedieë, handboeke en woordeboeke

c. inleidings tot die Bybel

d. Bybel-kommentare (op hierdie stadium van jou studie is dit nodig om die gelowige gemeenskap –

verlede én hede – toe te laat om jou te help om die regte rigting in te slaan.)

IV. Toepassing van Bybel-interpretasie

Op hierdie stadium rig ons die gesprek op toepassing. Jy het nou tyd gehad om die teks in sy oorspronklike milieu te

verstaan; nou moet jy die insig wat dit jou bring in jou lewe en kultuur toepas. Ek definieer Bybelse gesag as “’n verstaan

van wat die oorspronklike Bybelse outeur wou sê vir die lesers van sy dag (in die historiese konteks), en die toepassing van

daardie selfde waarhede op jou eie dag (in jou eie konteks)”.

Interpretasie moet gevolg word deur implementering van die oorspronklike outeur se bedoeling in tyd sowel as logika.

Ons kan nie ‘n Bybelse passasie vandag toepas voordat ons weet wat die bedoeling was in die konteks waarin dit geskryf is

nie! ‘n Bybelpassasie kan nie bedoel wat dit nooit bedoel het nie!

Jou uitgebreide raamwerk op paragraafvlak (leessiklus #3) sal jou lei. Toepassing moet op ‘n paragraaf-vlak gedoen

word, nie op woord-vlak nie. Woorde het slegs in konteks betekenis; dieselfde geld vir frases en sinne. Die enigste

geïnspireerde persoon betrokke in die interpretasie-proses is die oorspronklike outeur. Ons kan net sy leiding volg deur die

verheldering deur die Heilige Gees. Maar verheldering is nie inspirasie nie. Om te sê “dus sê die Here”, moet ons die

oorspronklike outeur se bedoeling ken in die saak. Toepassing moet spesifiek verband hou met die algemene bedoeling van

die teks in geheel, die spesifieke literêre eenheid en paragraaf-vlak ontwikkeling van gedagtes.

Moenie dat die kwessies van die dag die Bybel interpreteer nie; laat die Bybel vir homself praat! Dit mag verg dat ons

beginsels uit die teks assimileer. Hierdie beginsels is geldig indien die teks dit ondersteun. Ongelukkig is ons beginsels

dikwels juis dít: ons beginsels – nie dié van die teks nie.

Dit is belangrik om in Bybel-toepassing te onthou dat (behalwe die profesieë) elke Bybelteks slegs een geldige

betekenis het. Daardie betekenis is verwant aan die bedoeling van die oorspronklike skrywer in sy aanspraak van ‘n krisis

van sy dag. Baie moontlike toepassings kan afgelei word van hierdie een bedoeling. Die toepassing is gebaseer op die

ontvanger se behoeftes, maar moet verband hou met die oorspronklike outeur se bedoeling.

V. Die Geestelike Aspek van Interpretasie

Tot dusver het ek die logiese en tekstuele prosesse betrokke by interpretasie en toepassing bespreek. Laat my nou toe

om kortliks die geestelik kant van interpretasie aan te raak. Ek het die volgende oorsiglys hulpvaardig gevind:

A. Bid vir die Gees se hulp (vgl. 1 Kor. 1:26-2:16).

B. Bid vir persoonlike vergifnis en reiniging van gekende sonde (vgl. 1 Joh. 1:9).

C. Bid vir ‘n groter begeerte om God te ken (vgl. Ps. 19:7-14; 42:1 e.v.; 119:1 e.v.)

D. Implementeer enige nuwe insigte onmiddellik in jou eie lewe.

E. Bly nederig en onderrigbaar.

Dit is so moeilik om die balans te handhaaf tussen die logiese proses en die geestelike leierskap van die Heilige Gees.

Die volgende aanhalings help my hiermee:

A. uit James W. Sire, Scripture Twisting, bl. 17-18:

xiii

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!