01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

JHWH se handelinge, verlede en toekoms, beskryf in vers 27, is parallel tot sy optrede (vgl. 14:25) deur die Messias in

9:4, wat ook die geveg teen Midian noem (’n idioom van JHWH se totale verwoesting van ’n vyand, vgl. 9:4; Ps. 83:9-

11).

10:24 OAV “wees nie bevrees vir Assur”

NAV “moenie bang wees vir die Assiriërs nie”

NASB “do not fear the Assyrian”

Hierdie WERKWOORD (BDB 431, KB 432, Qal-IMPERFEKTUM) word gebruik as ’n JUSSIEF. Die implikasie is

“vrees JHWH wat oordeel oor hulle sal bring” (verse 25-27).

10:27 OAV “die rots Oreb”

NAV “die Orebrots”

NASB “the rock of Oreb”

Gideon roep die Efraimiete om hom te help om die oorblywende Midianiete te verslaan. Twee van die leiers is gevang

en doodgemaak (vgl. Rigt. 7:24-25). Die plek waar dit plaasgevind het, het die name van die Midianitiese leiers, Oreb en

Zeeb, aangeneem. Die presiese lokasie is onbekend.

10:27 OAV “die juk sal tot niet raak vanweë die vettigheid”

NAV “die juk sal heeltemal van julle afgeruk word”

NASB “the yoke will be broken because of fatness”

NKJV “the yoke will be destroyed because of the anointing oil”

LXX, REB “the yoke will be destroyed from off your shoulders”

Pesjitta “the yoke shall be destroyed from you neck because of your strength”

Uit hierdie vertalings kan jy die opsies sien.

1. laat die frase “vanweë die vettigheid” uit, LXX, REB

2. verwys na die Messias, NKJV (d.w.s. gesalfde)

3. Pesjitta sien dit as ’n verwysing na krag en groei (vgl. Deut. 32:15), wat moontlik in konflik is met vers 16.

Aangesien hoofstukke 7-12 verwant is aan die spesiale kinders van die nuwe era, insluitende die Messias, dink ek

NKJV se begrip is die een wat die meeste sin maak in die breër letterkundige eenheid.

NASB (HERSIENE) TEKS: 10:28-32

28 He has come against Aiath

He has passed through Migron;

At Michmash he deposited his baggage

29 They have gone through the pass, saying

“Geba wil be our lodging place.”

Ramah is terrified, Gibeah of saul has fled away.

30 Cry aloud with your voice, O daughter of Gallim!

Pay attention Laishah and wretched Anatot!

31 Madmenah has fled

The inhabitants of Gebim have sought refuge.

32 Yet today he will halt at Nob

He shakes his fist at the mountain of the daughter of Zion, the hill of Jerusalem

Verwys na NAV, OAV, CUM-NLV of CUM-MVB vir die Afrikaans: Jes. 10:28-32.

10:28-32 H.C. Leupoldt in sy Exposition of Isaiah, vol. 1, bl. 40, bestempel hierdie stansa (strofe) as ‘n Frontlinie–bulletin

soos wat dit die opmars van die Assiriese huursoldate se inval beskryf en hulle strategie om Sion in te neem. Talle

geografiese plekke word genoem met verwysing na gebeurlikhede daar terwyl die leërmag nader beweeg het.

◙ OAV, NAV, CUMs “Ajat”/”Aja”

NASB “Aiath”

Dit is die nabygeleë Ai digby Jerigo. Soos wat die plekname aan die orde kom word dit duidelik dat die invallers uit

die noorde na Jerusalem aanbeweeg het.

10:30 OAV “Skreeu dit uit. . .luister”

NAV, CUM-MVB “Skreeu. . .luister”

CUM-NLV “Ja, skreeu in angs. . .waarsku die inwoners”

NASB “Cry aloud. . .Pay attention”

Hier het ons twee IMPERATIEWE

1. BDB 843 KB 1007, Qal IMPERATIEF

2. BDB 904, KB 1151, Hif‘il IMPERATIEF

Wat die geheelpatroon van 28-32 onderbreek. As hierdie ‘n rapport uit die frontlinie is, moet vers 30 as die profeet se

kommentaar beskou word en is dit nie deel van die Assiriese boodskapper se frontlinie-verslag nie.

113

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!