01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

ii. Die familieverbintenis word ondersteun deur die geredelike toegang wat hy tot koning Ussia

gehad het.

iii. Sien ook die Talmoed “Meg.” 10b

b. Hy was met ‘n “profetes” getroud (8:3).

Eersgebore seun, Sjear-Jasjoeb, wat beteken :“’n oorblyfsel sal terugkeer”;

Die tweede seun, Maher-Sjalal-Hasj-Bas (8:3), “Plunder en Roof is Naby” (NAV)

c. Jesaja het ‘n langer bediening gehad as enige van die ander profete in die OT. Hy het opgetree as

verkondiger namens God in Juda vanaf die regering van Jotam (742-735 v.C.) tot Hiskia (715-687 v.C.)

en selfs tot in die tyd van Manasse (687-642 v.C.) Manasse was moontlik ‘n mederegeerder vanaf 697

v.C.

d. Indien 2 Kron. 26:22 na Jesaja verwys, was hy die amptelike skrywer en bewaarder van die konings se

kronieke.

e. Na oorlewering is hy middeldeur gesaag in ‘n blok ten tye van Manasse se regering (vgl. Die Marteling

en Hemelvaart van Jesaja – Heb. 11:37)

4. Moses Ben Samuel Ibn Gekatilla het ongeveer 110 n.C. die stelling gemaak dat hoofstukke 1-39 van Jesaja is,

maar hoofstukke 40-66 is tydens die periode van die Tweede Tempel (d.w.s. Persiese tydperk, 538-430 v.C.)

geskryf.

5. Ibn Esra (1092-1167 n.C.) het Gekatilla se siening gevolg en wys hoofstukke 40-66 af as nie van Jesaja, die

agste eeu voor Christus, nie.

B. Geleerdes van nou se siening oor outeurskap

1. ’n Deuglike opsomming van geskiedkundige aspekte kan in R. K. Harrison se Introduction to the OT gevind

word, Eerdmans, 1969.

2. ‘n Goeie bespreking van tegniese oorweginge waarom daar van twee Jesajas sprake is, kan in S. R. Driver se

Introduction to The Literature of the OT gevind word.

3. Geen Hebreeuse of Griekse (LXX) manuskripte is ooit gevind met enige teken van verdeling tussen

hoofstukke 40-66 nie.

a. Daar is egter in ‘n weergawe van die Dooie See-rolle ’n spasie van twee oop lyne na hoofstuk 33,

maar nie na hoofstuk 39 nie.

b. Dit wil voorkom of daar ‘n parallelle strukturering tussen 1-33 en 34-66 bestaan. Die twee dele gaan,

eerstens, oor die profeet se eie tyd en, in die tweede plek, oor die toekoms, ‘n tipiese benadering van

die Hebreeuse profete (vgl. Esegiël, Daniël en Sagaria).

4. Geleerdes van ons dag is hoegenaamd nie eenstemmig oor die aantal medeskrywers of die gedeeltes in die

boek waarvoor hulle verantwoordelik is nie.

C. ‘n Paar redes ten gunste van eenheid van Jesaja

1. Vyf-en-twintig uitdukkings in albei dele van Jesaja wat nie op ander plekke in die OT voorkom nie (NIV,

Introduction to Isaiah, bl. 1014).

2. Die “Heilige van Israel” kom 13 keer in hoofstukke 1-39 voor en 14 keer in 40-66, maar slegs ses keer in die

res van die OT.

3. Jesus haal aan uit hoofstukke 53:1 en 6:10 en skryf beide gedeeltes toe aan Jesaja (Joh. 12:38,40).

4. Gedeeltes (aanhalings) uit hoofstukke 40-66 word aan Jesaja toegeskryf in Mat. 3:3; 8:17; 12:17; Luk. 3:4;

4:17; Joh. 1:23; Han. 8:28 en Rom. 10:16-20.

5. Uit die Masoretiese Teks, Dooie See-rolle of die Septuaginta (oudste bestaande manuskripte) is daar geen

aanduiding of bewyse dat die boek verdeel word na hoofstuk 1-39 nie.

6. Daar is geen aanduiding van ‘n “groot 6de eeuse profeet” (Deutero-Jesaja) uit historiese bronne nie. R. K.

Harrison, in sy Introduction to the OT, maak die volgende opmerking:

“Arguments from literary style were greatly in vogue at the end of the nineteenth century, but in the light of a

much wider knowledge of ancient Near Eastern languages they have now assumed a far less important position. The very

subjectivity of stylistic considerations had a great appeal for the adherants of the Graf-Wellhausen theory of literary

analysis, who saw no inconsistency whatever in perusing material ascribed to a Biblical author, and then denying parts

of that very corpus to him because the literary form and vocabulary of each chapter did not happen to be identical.

Apparently it did not occur to those early investigators that it was only possible to derive some concept of the style of an

ancient author as the result of careful study of all the material ascribed to him, and that subsequent rejection of part or all of

that corpus could only be validated on the basis of some rigorous external control,” (bl. 776).

D. Enkele oorweginge ten gunste van meer Jesaja-outeurs

1. In hoofstukke 40-66 kom die naam “Jesaja” nooit voor nie.

2. Gebeure in hoofstukke 40-66 val buite Jesaja se historiese tydperk

3. Verwysings is inkonsekwent wat betref

a. die straf van die Assiriese inval en wegvoering

b. die oordeel van die Babiloniese inval en wegvoering

4. Nog redes wat betref die teorie van veelheid van outeurs is

2

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!