01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

NASB (HERSIENE) TEKS: 1:7-9

7 Your land is desolate,

Your cities are burned with fire

Your fields—strangers are devouring them in your presence

It is desolation, as overthrown by strangers.

8 The daughter of Zion is left like a shelter in a vineyard

Like a watchman’s hut in a cucumber field, like a besieged city.

9 Unless the LORD of Hosts

Had left us a few survivors,

We would be like Sodom,

We would be like Gomorrah.

Verwys na NAV, OAV, CUM-NLV of CUM-MVB vir die Afrikaans: Jes. 1:7-9.

1:7 Hiermee word ballingskap bedoel. Mees waarskynlik die Assiriese inval van 723 v.C. en daarna die aanval van 701

v.C. Dit kan ook op die Babiloniese inval van 586 v.C. dui, aangesien Jesaja se boek ‘n saamgestelde bundel van sy

boodskappe is. Die presiese datum word nie vermeld nie. Sy gedigte kan derhalwe op verskillende invalle van vreemde

nasies dui. Dit is selfs moontlik dat dit vir dié doel so dubbelsinnig gestruktureer is.

◙ OAV, NAV, CUM-MVB “vreemdes”

CUM-NLV “vreemdelinge”

NASB, NKJV “strangers”

NRSV “aliens”

TEV, NJB “foreigners”

Hierdie DEELWOORD (BDB 266, KB 267, Qal-PARTISIPIUM, tweekeer herhaal) dui op ‘n persoon van ‘n ander

familieverband, of stam of nasie (vgl. 25:2,5; 29:5; 61:5), en is gewoonlik ‘n sinspeling op vyande van die

verbondsgemeenskap. JHWH gebruik heidenvyande om sy volk te betug (10:5).

1:8 OAV “die dogter van Sion”

NAV, CUM-MVB “Sion”

CUM-NLV “Sion in Jerusalem”

NASB “The daughter of Zion”

‘n Ouer/kind motief is reeds in vers 2 bekendgestel. Dit word ‘n metafoor wat herhaaldelik in profetiese literatuur

voorkom:

1. dogter van Sion, Jes. 1:8; 10:32; 16:1; 37:22; 52:2; 62:11; Jer. 4:31; 6:23; Klaagl. 1:6; 2:1,4,8; 2:18; Miga 4:8,

10,13; Sef. 3:14; Sag. 2:10; 9:9.

2. dogter van Jerusalem, Jes. 37:22

3. dogter van Juda, Klaagl. 2:2,5,13,15; Miga 4:8

4. dogter van Tirus, Ps. 45:12

5. dogter van Babilon, Ps. 137:8; Jes. 47:1 (dogter wat ‘n maagd is); Jer. 50:42; 51:33; Sag. 2:7 (in Babel – NAV)

6. dogter van my volk, Jes. 22:4; Jer. 4:11; 6:26; 8:11,19,21,22 (my volk – NAV)

7. jonkvrou (OAV; virgin daughter – NASB); Jes. 23:12; 37:22; Jer. 14:17; 46:11; Klaagl. 1:15; 2:13

8. dogter van Egipte (Egipte – NAV), Jer. 46:24

9. dogter van Edom (Edom – NAV), Klaagl. 4:21,22

10. dogter van Tarsis (inwoners van – NAV), Jes. 23:10

11. dogter van die Chaldeërs (stad van – NAV), Jes. 47:1,5

12. afkeurige dogter (OAV, vgl. NAV: jy wat. . .eie koers gaan), Jer. 31:22

Dit was klaarblyklik ‘n simpatieke wyse van spreke oor die mense van ‘n volk, ‘n gebied of ‘n stad.

◙ OAV “soos ‘n slaapplekkie in ‘n komkommertuin”

NAV, CUM-MVB “soos die hut van ‘n wagter in ‘n komkommertuin”

CUM-NLV “soos die opsigter se skerm in. . .of landery nadat die oes af is”

NASB “Like a watchman’s hut in a cucumberfield”

Dit dui op ‘n uiters swak en wankelrige struktuur (vgl. 24:20) wat gedurende oestyd vir wagte, wat die oes teen rowers

moet beskerm, opgerig word. Sonder God het sy mense geen hulp of beskerming nie (vgl. vers 9).

1:9 OAV “die HERE van die leërskare”

NAV “die Here die Almagtige”

CUM-MVB “Magtige van die hemelse leër”

CUM-NLV “die almagtige HERE”

NASB “the Lord of Hosts”

Sien die Vir Spesiale Aandag wat hier volg.

18

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!