01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die SELFSTANDIGE NAAMWOORD (BDB 538) beteken “fluistering” of “bekoring.” Oorspronklik kom dit van die

praktyk van slangebeswering af (vgl. Ps. 58:6; Pred. 10:11; Jer. 8:17). Dit het ontwikkel tot “saggies praat”(vgl. 26:16; 2

Sam. 12:19; Ps. 41:8).

Dieselfde term word in 3:20 gebruik vir die “gelukbringers” (towerkragtige voorwerp) wat Judese vroue gedra het.

Israel en Juda het dus met verbode magiese praktyke en towery gemene saak gemaak.

3:4 Juda se oudstes in leiershoedanigheid sal tot in topvlak deur JHWH self weggeneem word, waarna onverstandige

jeugdiges in beheer van sake sal wees (vgl. Pred. 10:16).

◙ OAV, CUM-MVB “seuns”

NAV “onvolwassenes”

CUM-NLV “kinders”

NASB “children”

NKJV, NRSV “babes”

NJB “lads”

LXX, Pesjitta “mockers”

Hier is ‘n verskil in die Masoretiese Teks ם׳לזלע (BDB 760, “ligsinnig,” vgl. Deut. 22:14,17; Ps. 141:4), want weens ‘n

wysiging aan die teks om ם׳ללןע te lees, kan “kinders” ook in die konteks as ‘n moontlike vertaling aanvaar word.

3:5-6 Die verdrukking en slegte behandeling word beskryf

1. verdrukkende optrede onderling

2. verdrukking deur bure

3. spanning weens generasiegaping

4. spanning in die gemeenskapslewe

5. familie-onenigheid

3:7-12 ‘n Persoon wat deur die familie gekies word om leiding te neem, sal die taak nie aanvaar nie, omrede die

krisissituasie (Juda is gewond [1:6], en slegs God kan genesing bring [30:26], maar die “familie” is in opstand teen JHWH.

1. hulle praat teen JHWH (vers 8)

2. hulle optrede gaan teen Hom in (vers 8)

3. hulle trotseer Hom ongeag sy verhewe teenwoordigheid (vers 8)

4. hulle gesigsuitdrukking verraai hulle (vers 9)

5. soos Sodom sondig hulle onbeskaamd (vers 9)

6. ongeag die kwaad wat hulle hulself aandoen (vers 9)

7. hulle maai wat hulle saai (verse 10-11)

a. so is dit met regverdiges en

b. kwaadwilliges

8. onvolwasse leierskap lei tot hulle onderdrukking (vers 12)

9. en vroue oorheers hulle (vers 12)

10. hulle leiers vat hulle op dwaalspore (vers 12)

11. hulle leiers het verleiers geword met betrekking tot die regte pad (vers 12)

Hierdie gevolge van afdwaling is ‘n weerspieëling van Deut. 28:15-68. Die JPSOA plaas verse 10 en 11 tussen

aanhalingstekens.

3:8 OAV “sy oë, vol heerlikheid”

NAV, CUM-MVB “sy gesag”

CUM-NLV “sy teenwoordigheid”

NASB, NRSV “His glorious presence”

TEV “God himself”

NKJV “the eyes of His glory”

NJB “his glorious gaze”

Pesjitta “the majesty of his glory”

LXX “their glory”

REB “his glory”

Die NKJV volg die Masoretiese Teks letterlik. Die “oë” is die blyke van sy teenwoordigheid. Die term heerlikheid

(kabod BDB 458) kom algemeen voor, maar het ‘n wye betekenisveld.

VIR SPESIALE AANDAG: HEERLIKHEID

Die Bybelse konsep van heerlikheid is moeilik om te definieer. Gelowiges se heerlikheid bestaan daarin dat hulle die

evangelie verstaan en in God roem, nie in en oor hulleself nie (vgl. 1:29-31; Jer. 9:23-24).

Die mees algemene Hebreeuse woord vir “heerlikheid” (“glory”) in die OT is kbd. Dit was oorspronklik ’n

kommersiële term wat verwys na die weegskaal en het “swaar” beteken. Dit wat swaar was, is van waarde geag, of het

wesentlike waarde gehad. Daarby het die konsep van glans (“brightness”) uitdrukking gegee aan God se majesteit (vgl.

46

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!