01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Motyer, in die Tyndale Old Testament Commentary Series (bl. 81), is van mening dat “hierdie mense/volk” kan

verwys na (1) Juda, 28:14, (2) ‘n vreemde moondheid, 23:13, (3) Israel, 9:16 en in hierdie vers.

◙ OAV “die waters van Siloa verag wat saggies vloei”

NAV, CUM-NLV “Siloag se kalm waters”

CUM-MVB “die water van die Siloag-kanaal, wat rustig vloei”

NASB “the gently flowing waters of Shiloh”

Dit was ‘n klein waterleiding, oos van Jerusalem, wat vanaf die Gihon-fontein water die stad ingebring het (vgl. 2 Kon

20:20; 2 Kron 32:30). Dit het as simbool gedien (1) van JHWH se handelinge of woorde wat in verwaarlosing geraak het

(5:24; 30:12) en (2) JHWH se sorg en voorsiening vir die huis van Dawid en Juda in tye van militȇre beleëring.

◙ OAV “en daar vreugde is saam met Resin en die seun van Rémalia”

NAV “en bang geword het vir Resin en Peka seun van Remalja”

CUM-MVB “en ineengekrimp het voor Resin en voor Peka”

CUM-NLV “en bly geword oor wat met koning Resin en koning Peka gaan gebeur”

NASB “And rejoice in Resin and the son of Remaliah”

Sirië was deelgenoot in ‘n sameswering (met Israel) om die die Dawidiese troonopvolging (Juda) omver te werp (vgl.

7:6). Israel het vertroue in politieke en militȇre alliansies gestel.

◙ OAV “vreugde is”

NAV “bang geword”

CUM-MVB “ineengekrimp”

CUM-NLV “bly geword”

NASB “rejoice”

Hierdie term (BDB 965) beteken “verheug wees” of “bly wees” en maak nie sin in die konteks nie. Die woordkeuse

het moontlik die poëtesie samestelling van die vers in ag geneem eerder as woordbetekenis. Die WERKWOORDE in

Hebreeus vir “verheug” en “verwerp” (beide in vers 6) val baie eenders op die oor en ‘n misverstand het moontlik ingetree

by die hardop voorlees van die profesie. Die volgende teorieë word geopper.

(1) Damaskus se vreugde

(2) ‘n groep Judeërs wat Agas se Assiriese alliansie teengestaan het

(3) ‘n regstelling (teksemmendasie); verheug vervang met “oorval van vrees”

(4) Juda se vreugde oor Assirië se aanval van Sirië en Israel (vgl. Cum-NLV)

Uit die konteks is dit nie volkome duidelik oor die subjek van die vreugde nie!

8:7 OAV “daarom sal die Here oor hulle laat opkom”

NAV, CUM-

MVB

“sal die Here. . .oor hulle laat kom”

CUM-NLV “sal die HERE húlle oorweldig”

NASB “the Lord is about to bring on them”

JHWH is in beheer van die geskiedenis (vgl. 5:26; 7:7,18; 10:5; 13:2-3). Geskiedenis verloop nie volgens toeval nie,

maar doelmatig (teleologies). Geskiednis loop uit op ‘n ontknopingspunt wat betref die gevolge van menslike sonde en

God se doelstellinge!

◙ OAV “en hy sal bo a sy beddings styg en oor al sy walle”

NAV “die Eufraat sal oor sy oewers stoot”

CUMs “die rivier gaan oor sy oewers stoot”

NASB “waters of the Euphrates”

Dit is een van die twee groot riviere van Mesopotamië. Die Tigris en die Eufraat vorm ‘n Vrugbare Halfmaan wat

vanaf die Persiese Golf tot naby die Meditereense kus en Libanon strek. ‘n Woestyn het die Mesopotamiese Ryke (Assirië

en Babilon) van Kanaӓn geskei. Gevolglik het leërmagte die loop van die waters van die Eufraat gevolg en afgesak na die

Meditereense kus by Libanon en Kanaӓn. Dit het daartoe gelei dat in bybelse spreektaal “noord” die herkoms geword het

van alles wat “boos” is.

8:8 Hierdie vers toon die gevolge van die Assriese magsoorname in Kanaӓn. Juda het as ‘n nasie oorleef, maar het erg

onder die druk gekom. Agas wou nie na Jesaja luister nie omdat hy in JHWH se beloftes nie geglo het nie.

◙ OAV “die uitbreidinge van sy vlerke sal u land in sy breedte vul”

NAV, CUM-MVB “Hy sal sy vlerke uitsprei totdat dit jou land heeltemal oordek”

CUM-NLV “Die vloed sal die land oorspoel, van die een kant tot die ander kant toe”

NASB “the spread of its wings will fill the breadth of your land”

Die NASB, NRSV, NJB, REB, verbind dit met die vernietigingswerk van die Assiriërs (“vlerk” dien as metafoor vir

“einde,” vgl. NIDOTTE, vol. 2, bl. 670, waardeur die oorname van die hele land aangedui word.; maar TEV en JPSOA

beskou die vloedmetafoor as aanduiding van die Assiriese rol en die verandering na die “vlerk” metafoor as aanduiding dat

94

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!