01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

R. H. Kennett, A Short Account of the Hebrew Tenses, verskaf ‘n belangrike waarskuwing.

“Ek het oor die algemeen in onderrig gevind dat ‘n student se hoofprobleem met Hebreeuse werkwoorde

is om te begryp wat die betekenis vir die Hebreërs self is; dit wil sê, daar is ‘n tendens om aan elkeen van die

Hebreeuse Tydvorme ‘n gegewe aantal Latynse of Engelse vorme te koppel waarvolgens daardie spesifieke

Tydvorm gewoonlik vertaal mag word. Die gevolg is ‘n onvermoë om baie van die fynere skakerings van

betekenis, wat soveel lewe en dinamiek aan die taal van die Ou Testament verleen, te snap.

“Die probleem met die gebruik van die Hebreeuse werkwoorde is uitsluitlik gesetel in die perspektief wat

die Hebreërs se siening van aksie ingelig het wat totaal verskil van ons eie; die tyd, wat vir ons die eerste

oorweging is, soos die woord ‘tyd’ opsigself toon, was vir hulle van sekondêre belang. Daarom is dit van

kardinale belang dat ‘n student nie soveel die Latynse of Engelse vorme wat vir die vertaling van ‘n gegewe

Hebreeuse tydvorm gebruik word verstaan nie, maar eerder die aspek van elke aksie soos die Hebreër dit sou

verstaan het.

“Die naam ‘tydvorm’ soos dit op Hebreeuse werkwoorde van toepassing is, is misleidend. Die

sogenaamde Hebreeuse ‘tydvorme’ druk nie soveel die tyd uit as bloot die stand van ‘n aksie nie. Was dit

inderdaad nie vir die verwarring wat sou volg indien die term ‘stand’ op beide selfstandige naamwoorde en

werkwoorde van toepassing gemaak word nie, sou ‘stand’ ‘n baie beter benaming gewees het as ‘tydvorm’. Dit

moet altyd in gedagte gehou word dat dit onmoontlik is om ‘n Hebreeuse werkwoord in Engels oor te vertaal

sonder om ‘n beperking (nl. van tyd) te gebruik wat glad nie in die Hebreeus voorkom nie. Die antieke

Hebreeus het nooit aan ‘n aksie gedink as verlede, teenwoordig of toekomend nie, maar eenvoudig as

perfektum, d.w.s. voltooid, of imperfektum, d.w.s. besig om te ontwikkel. Wanneer ons sê dat ‘n sekere

Hebreeuse Tydvorm ooreenstem met ‘n Perfektum, Pluperfektum of Toekomende tydvorm in Engels, bedoel

ons nie dat die Hebreërs daaraan gedink het as Perfek, Pluperfek of Toekomend nie, maar bloot dat dit so

vertaal moet word in Engels. Die Hebreërs het nie probeer om die tydsaspek van ‘n aksie uit te druk op enige

verbale manier nie,” (voorwoord en bl. 1).

Vir ‘n tweede goeie waarskuwing, herinner Sue Groom in Linguistic Analysis of Biblical Hebrew:

“Daar is geen manier om te weet of moderne vakkundiges se rekonstruksie van semantiese velde en

sinsverhoudinge in ‘n antieke, dooie taal bloot hulle eie intuïsie of moedertaal weerspieël en of daardie velde

bestaan het in Klassieke Hebreeus nie,” (bl. 128).

C. Modaliteit (wat slegs analogieë is op grond van moderne Westerse tale)

1. Dit het gebeur, dit gebeur (INDIKATIEF), gebruik gewoonlik PERFEKTUM tydvorm of

DEELWOORDE (alle DEELWOORDE is INDIKATIEF).

2. Dit sal gebeur, kon gebeur (SUBJUNKTIEF)

a. gebruik ‘n duidelike IMPERFEKTUM tydvorm

(1) WENSEND (h-voegsel), eerste persoon IMPERFEKTUM wat normaalweg ‘n wens, ‘n vraag

of selfbemoediging uitdruk (d.w.s. aksies wat die spreker wil neem)

(2) BEVELEND (interne veranderinge), derdepersoon IMPERFEKTUM (kan tweedepersoon

wees in ontkennende sinne) wat normaalweg ‘n versoek, toestemming, erkenning of raad

uitdruk.

b. gebruik ‘n PERFEKTUM saam met lu of lule

Hierdie konstruksies is soortegelyk aan TWEEDE KLAS VOORWAARDELIKE sinne in

Koine Grieks. ‘n Vals stelling (protasis) veroorsaak ‘n vals gevolgtrekking (apodosis).

c. gebruik ‘n IMPERFEKTUM en lu

Konteks en lu tesame met ‘n toekomsoriëntasie, kenmerk hierdie SUBJUNKTIEWE gebruik.

Sommige voorbeelde uit J. Wash Watts, A Survey of Syntax in the Hebrew Old Testament is Gen.

13:16; Deut. 1:12; 1 Kon. 13:8; Ps. 24:3; Jes. 1:18 (vgl. bl. 76-77).

D. Waw – Teenstellend/opeenvolgend/relatief. Hierdie unieke Hebreeuse (Kananese) sintaktiese kenmerk het groot

verwarring veroorsaak deur die jare. Dit word op verskeie maniere aangewend, dikwels genre-spesifiek. Die

rede vir die verwarring is dat vroeë kundiges Europeërs was en probeer het om in die lig van hulle moedertale

te interpreteer. Toe dit probleme veroorsaak het hulle die problematiek op Hebreeus geblameer omdat dit ‘n

‘verondersteld’ antieke, argaïese taal was. Europese tale gebruik TYD-gebaseerde WERKWOORDE. Van die

verskeidenheid en grammatikale implikasies word aangetoon deur die letter, WAW, by die PERFEKTUM of

IMPERFEKTUM WERKWOORDstamme te voeg. Dit het die manier wat die handeling gesien is verander.

1. In historiese narratief is die WERKWOORDE saamgesnoer in ‘n ketting met ‘n standaardpatroon.

2. Die waw-voorsetsel toon ‘n spesifieke verhouding met die vorige WERKWOORD(e).

3. Die breër konteks is altyd die sleutel tot begrip van die WERKWOORDketting. Semitiese

WERKWOORDE kan nie in isolasie ontleed word nie.

J. Wash Watts, A Survey of Syntax in the Hebrew Old Testament, dui op die kenmerkende Hebreeuse

gebruik van die waw voor PERFEKTUMS en IMPERFEKTUMS (bl. 52-53). Aangesien die grondbeginsel van

die PERFEKTUM verby is, projekteer die byvoeging van waw die idee dikwels tot in ‘n toekomstige

tydsaspek. Dit is ook die geval by die IMPERFEKTUM waarvan die grondbeginsel teenwoordig of toekomend

iv

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!