01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die Heilige Gees is die ware outeur van die Skrif. Menigmaal het die menslike skrywer nie die volle impilkasies van

sy boodskappe in die apokaliptiek begryp nie. Ek is van mening dat hierdie gedeeltes meervoudige betekenis gehad het

(sensus plenus), wat deur progressiewe openbaring verhelder word. Die aaneenskakeling van die die Skrifgegewens in

meervoudige vervulling bring die boodskap tuis (vgl. 7:14). Maar goeie hermeneutiek soek eers die skywer se bedoeling in

die teksgedeelte en neem ook die literatuursoort in ag.

4:3 Hierdie versgedeelte is in Jeremia se dae opgevat as sou diegene wat nie in ballingskap weggevoer was nie, JHWH se

gunstelinge moet wees! Esegiël wys die idee egter van die hand. JHWH sou ‘n spesiale plek gee aan die terugkerendes

(vgl. Esra en Nehemia).

◙ OAV “elkeen wat onder die lewendes opgeskryf is in Jerusalem”

NAV, CUM-MVB “elkeen in Jerusalem wat vir die lewe opgeskryf is”

CUM-NLV “almal wie se name neergeskryf is, wat die uitwissing beleef het van Jerusalem”

NASB “everyone who is recorded for life in Jerusalem”

Wat uitleg betref, is daar twee moontlikhede

1. Word hiermee die lewe in die historiese hoofstad Jerusalem bedoel of die eskatologiese “nuwe Jerusalem,” wat

simbool is van die nuwe era (vgl. Openb. 21)?

2. Wat die boek van die lewe betref, sien Vir Spesiale Aandag wat hier volg.

VIR SPESIALE AANDAG: DIE TWEE BOEKE VAN GOD

A. Wat met hierdie opskrif bedoel word, is

1. die natuur (d.w.s. die skepping, vgl. Ps. 19:1-6)

2. die heilige Skrif (Ps. 19: 7-14)

Dit is hoekom ek nie dink dat daar uiteindelik ’n konflik behoort te wees tussen die wetenskap en geloof nie, alle

waarheid is God se waarheid. Sien asseblief my kommentaar oor Genesis 1-11 intyds, gratis by

www.freebiblecommentary.org

B. Daar is melding van twee boeke in die Bybel (vgl. Dan. 7:10; Openb. 20:12)

1. Die boek wat alle optrede van mense, sleg sowel as goed, bevat. Dit kan gesien word as die geheue van God

en dat op ‘n dag elke mens rekenskap sal moet gee van sy/haar rentmeesterskap van die gawe van lewe.

a. Ps. 56:8; 139:16

b. Jes. 65:6

c. Mal. 3:16

d. Openb. 20:12-13

2. Dit is die “boek” wat aantekening hou van almal wat ‘n geloof/berouvolle en gehoorsame verhouding met

JHWH/Jesus het. Dit dien as metafoor vir God se geheue in verband met almal wat verlos is en vir die hemel

bestem is.

a. Eks. 32:32-33

b. Ps. 69:28

c. Jes. 4:3

d. Dan. 12:1

e. Fil. 4:3

f. Heb. 12:23

g. Openb. 3:5; 13:8; 17:8; 20:12,15

h. Ook gemeld in 1 Henog 47:3; 81:1,2

Hierdie “boeke” toon aan dat God aan Sy Woord getrou is. Hy onthou diegene wat wederstrewig is, maar

wanneer sondaars bely, glo, begin gehoorsaam, dien en volhard daamee, vergeet Hy (vgl. Ps. 103:11-13; Jes.

1:18; 38:17; 43:25; 44:22; Miga 7:19). Dat God onwrikbaar vas staan in sy groot barmhartigheid, in beloftes

en voorsienigheid, kan met groot sekerheid en vertroue aanvaar word. God is, in een woord, getrou!

4:4 Hierdie vers gebruik twee metafore vir geestelike reiniging.

1. Om te was

a. afwas – OAV (BDB 934, KB 122, Qal-PERFEKTUM)

b. reinig – CUM-NLV (BDB 188, KB 216, Hif‘il-IMPERFEKTUM (so asof deur ‘n offerande! vgl. 2 Kron. 4:6;

Eseg. 40:38)

2. Met vuur

a. “‘n sin vir reg”/”a spirit of judgement” (NAV, vgl. 28:6)

b. “gees van verbranding” (letterlik, vgl. 1:31; 9:19)

Dit is heeltemal moontlik dat ruach (gees) hier as ‘n stormsterkte wind van JHWH se oordeel verstaan moet word, wat

verwoesting saai; die oordeel oor Juda wat reinig van opsetlike wederstrewigheid.

◙ OAV “onreinheid”

54

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!