01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

19:5 Hierdie strofe beskryf JHWH se oordeel oor Egipte.

1. die oorvloed water van die Nyl droog op

2. as gevolg daarvan verdroog die rivier se groenigheid

3. en verdroog ook die aanplantings onder besproeiing

4. die visindustrie bekla hulle lot en huil (NAV)

5. al die verliese lei tot die ondergang van die klere-industrie

6. die hele Egiptiese samelewing stort in duie

7. alle werknemers sal treur

Daar is drie WERKWOORDE wat gemeenskaplik met die verlies van water te doen het:

1. “opdroog”/ “wegdroog”(NAV; BDB 677, IKB 732, Nifal-PERFEKTUM; vers 5,6; 41:17)

2. “om verskroei te wees”/“opdroog” (NAV; BDB 351, KB 349, Qal-IMPERFEKTUM, 11:15; 37:25; 44:27; 50;2;

51:10)

3. “om droog te wees,” NAV; BDB 386, KB 384, Qal-PERFEKTUM, verse 5,7; 15:6; 27:11; 40:7,8,24; 42:15

[tweekeer]; 44:27.

Dit kom herhaaldelik in die OT voor dat God water beheer, al staan dit nie daar dat Hy dit met die spreek van ‘n

woord geskape het nie.

1. Die waters bo en onder het Hy geskei (Gen. 1:7)

2. waters saam laat vloei sodat droeë grond kon verskyn (Gen. 1:9-10)

3. stuur ‘n vloed (Gen. 7:4,7)

4. die vloedwater laat opdroog (Gen. 8:2-3)

5. voorsien vir Hagar ‘n put met water (Gen. 21:19)

6. Verdeel die waters van die Rietesee en laat dit terugvloei (Eks. 14:16,27)

7. die bitter water van Mara versoet/gereinig

8. water uit ‘n rots in die woestyn (Num. 20:8,11)

9. beloof oorvloed in landbou as verbond gehoorsaam word (Deut. 27-28)

10. verdeel die waters van die Jordaan (Jos. 3:14-17; 4:23-24)

11. opdroog van die Nyl en sy toevoerbronne (Jes. 19:5)

12. sal die Eufraat opdroog (Openb. 16:12)

13. die water wat vloei uit die nuwe tempel (Eseg. 47:1), vanuit Jerusalem (Sag. 14:8) en die hemelse stad (Openb.

22:1)

Vir woestynbewoners was die genoemde dinge werklik wonderbaarlik en aanduiding van God se mag. Water was die

simbool van lewe. En onthou, die Nyl is beskou as een van die vernaamste gode van die Egiptiese godendom (soos ook Re,

die songod – vgl. vers 18).

19:6 OAV, NAV, CUM-MVB “sal stink”

CUM-NLV “sal sleg ruik”

NASB “will emit a stench”

Hierdie WERKWOORD (BDB 276, KB 276, Hifil-PERFEKTUM), kom net hier voor. Dit lyk of dit uit ‘n Arabiese

wortelstam ontstaan het. Die ophopende dooie plante begin verrot!

19:9 OAV “wit stowwe”

NAV, CUM-MVB “vlas uitkam en weef”

CUM-NLV “katoen gebruik om te weef”

NASB, NJB “white cloth”

NKJV “fine fabric”

NRSV, REB “grow pale”

LXX “linen”

JPSOA “chagrined”

Die MT het חויר, “wit kleed” (vir ‘n Aramese parallel sien Dan. 7:9), maar die parallelisme pas beter met חוור, “bleek

word”(vgl. Jes. 29:22 en DSS van hierdie teks). Daar is sterk aanduiding van woordspel met “wit” (hôr, BDB 301).

19:10 OAV “sy steunpilare”

NAV, CUM-MVB “Egipte se wewers”

CUM-NLV “hulle sal afgehaal wees”

NASB “the pillars”

NKJV, JPSOA “its foundations”

NRSV, TEV, NJB “its weavers”

Die MT (BDB 1011, net hier) het die “fondament” of die “steunsel”/“stut” van die gemeenskapslewe, die hoërklas

leiersfigure in gedagte. Die vonds van “wewers” as vertaling hier kom van diegene wat ‘n sinoniem soek vir

“loonarbeiders” as parallel, hoewel die vraag bly of ons hier nie met ‘n antitese te doen het nie: “hoëlui” teenoor die “laer

klas” landgenote? Die Hebreeuse teks volstaan met die dubbelsinnigheid.

168

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!