01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Koninklike gewade was van besondere lengte. Jesaja sien God waar Hy te wagte was, in die hemelse tempel (vgl. Heb.

9:11,24; Openb. 5-6)

Baie uitleggers het hierdie lang gewaad gesien as die manier waarop die aangesig van God verborge sou bly (soos ook

die rook van vers 4). Dit was ‘n vorm van bedekking, soos die sjekina was, die wolk van heerlikheid tydens die

woestynomwandeling.

6:2 OAV, NAV, CUMs “Serafs”

NASB “Seraphim”

Sien die Vir Spesiale Aandag wat hier volg.

VIR SPESIALE AANDAG: SERAFS

A. Word in die Bybel slegs hier genoem. Dalk word aan die “vlieënde draak” (NAV) van 14:29 gedink (vgl. 30:6;

BDB 977 I en BDB 933). Dit is ook ‘n moontlikheid dat die woord van die Egiptiese woord “serref” afgelei kan

wees (witkruisarend getem vir beskerming).

B. Dit kan ‘n bepaalde orde van engele wees. Hulle naam beteken “die vlammendes” (BDB 977 II). Die woordstam

beteken “om te brand” (BDB 976).

C. In Openbaring 4:8 kom dit voor asof Serafs en Gerubs gekombineer word. Die “lewende wesens” volgens NAV

(beasts) lyk soos Gerubs wat twee (vgl. Eks. 25:19) of vier vlerke het (Eseg. 1:6-14), maar in Openb. het hulle

ook ses vlerke en tree op in plek van die Serafs gemeld in Jes. 6:2.

6:2 OAV, NAV, CUMs “ses vlerke”

NASB “six wings”

Interessant waarvoor die vlerke nodig was!

1. om die oë toe te maak; die heerlikheid van God is selfs vir troonwesens oorweldigend!

2. om hulle voete te bedek; wees versigtig om die besonderhede van ‘n Teofanie letterlik op te vat nie, want die

“voete bedek” is ‘n eufemistiese spreekwyse om die geslagsdele te bedek (vgl. 7:20; Eks. 4:25; Rigt. 3:24; Rut

3:4,7,8,14; 1 Sam. 24:3), maar in ooreenstemming met Mat. 22:30 is dit hier nie die geval nie. Hier kan dit ‘n

teken van nederigheid wees in die teenwoordigheid van wat heilig is (vgl. Eks. 3:5).

3. om te vlieg in die haas van uitvoering van opdrag (vgl. vers 6)!

6:3 OAV, NAV, CUMs “Heilig, heilig, heilig”

NASB “Holy, Holy, Holy”

“Heiligheid” is die hooftema van Jesaja.

1. שודק,BYVOEGLIKE NAAMWOORD, BDB 872, “heilig,” “afgesonder/gewyd.”

a. heiligheid van

(1) die heiligheid van God, 5:16 en 6:3 (3 keer!)

(2) sy Naam, 57:15

(3) plek waar hy woon, 57:15 (NAV)

(4) sy dag, 58:13

2. שדק, WERKWOORD, “om af te sonder” en “toe te wy.”

a. ’n Wesenseienskap van God (character), 5:16; 29;3

b. God (in Persoon), 8:13; 65:5

c. die engele van God, 13:3

d. die Naam van God, 29:23

e. feesgeleenthede, 30:29

f. mense afgesonder en toegewy, 66:17

3. שדק, SELFSTANDIGE NAAMWOORD (BDB 871, “afgesonderdheid”, “heiligheid”, “gewydheid”)

a. die gewyde geslag (NAV), 6:13

b. heilige berg, 11:9; 27:13; 56:7; 57:13; 65:11,25; 66:20

c. afgesonder vir, 23:18

d. gewyde pad, 35:8

e. heiligdom, 43:28; 62:9; 64:11

f. heilige stad, 48:2; 62:9; 64:11

g. die Heilige (van Israel), 49:7

h. heilige arm, 52:10

i. heilige dag, 58:13

j. gewyde volk, 62:12

k. Heilige Gees, 63:10,11

l. die troon van God, 63:15

m. heilige plek, 63:18

n. heilige stede, 64:10

74

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!